Alta Cloete (1956–)

  • 0

Gebore en getoë

Alta Cloete is as ’n nooi Steenkamp op 30 April 1956 op Sutherland gebore. Sy was die jongste – én laatlam – van sewe kinders. Haar pa was ’n skaapboer en was baie ouer as haar ma. Sy was nog baie jonk toe hy oorlede is.

Alta vertel in Mei 2013 aan Izak de Vries (LitNet) dat sy, omdat sy die laatlam in ’n groot familie was, van kleins af eenkant grootgeword en op die rand van die groep geleef het – “te oud om met die nefies en niggies te speel en te jonk om saam met die grootmense tande te tel”. Maar sy hét geleer tande tel, wat haar in haar latere lewe as skrywer baie goed te staan gekom het.

Alta vertel in Rapport-Boeke (7 Julie 2013) van haar verslawing aan lees van ’n jong ouderdom af: “As eensame laatlam wat altyd óf die grootmense se tande moes tel óf na die kleingoed moes kyk, het ek my as dogtertjie in elke huis waar ek gekom het, na die boekrak gewend. Op my geboorteplaas in die Roggeveld was Oupa Landman se viool (GJ Joubert) en Nôientjies van Helderfontein (Helene de Vos).

“Op die plaas in Middelpos se wêreld was daar ’n ingeboude kas waarin ek pens en pootjies kon wegraak met die dierestories van die Hobson-broers. Op die plaas in die Oos-Kaap het ek ongesiens en verstom gesmul aan destydse kuise liefdesverhale. Kort daarna het Die ambassadeur in my ma se hopie uit die dorpsbiblioteek vir my al die verbode deure oopgeskop.”

Alta matrikuleer aan die hoërskool op Sutherland.

Verdere studie en werk

Ná skool is Alta na die Universiteit van Stellenbosch waar sy haar inskryf vir ’n graad in Biblioteekkunde. Nadat sy haar graad verwerf het, begin sy werk in die destydse Opleidingskollege vir onderwysers in die Paarl (OKP) se biblioteek. Terwyl sy daar gewerk het, het Alta haarself bekwaam as onderwyser deur HOD (Preprimêr) deur Unisa te swot.

Ná die twee seuns se geboorte, was Alta voltyds ma en toe hulle groter geword het, het sy vir ongeveer tien jaar by twee skole in die Paarl vir graad R’e (destyds preprimêr) onderwys gegee.

Alta se man, Schalk, is ook van Sutherland, maar hulle het eers begin uitgaan toe hy al klaar gestudeer het en in die destydse Gazankulu gewerk het. Hy was ’n landbounavorser aan Elsenburg Landboukollege buite Stellenbosch. Schalk is vandag nog aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde. Teenoor Jaco Jacobs beskryf Alta vir Schalk as die “gelykmatigheid” self. “En die volmaakte teenpool vir my intense en soms chaotiese geaardheid. Hy het nog altyd in my geglo en doen dit steeds.”

Die gesin vestig hulle in die 1980’s in die Paarl en sy sê aan Jaco Jacobs in Taalgenoot (Oktober 2011): “Al bly ons al so lank in die Paarl, weet ek nog steeds nie veel van wyn nie! Ek het wel die Boland se skoonheid innig lief. En sy kleurvolle mense.”

Alta en Schalk het twee seuns wat albei ingenieurs is en as navorsers in Noorweë werk. Oor die twee seuns wat vyf jaar verskil, sê Alta aan Jaco Jacobs in Taalgenoot (Oktober 2011) dat hulle beide, soos hul pa, met hul verstand doen en nie met hul hart soos hul ma nie: “En hulle geniet dit om hul ma plat op die aarde te hou met genadelose humor.”

Jaco Jacobs vra vir Alta meer uit en sy vertel aan hom dat sy jare lank groot drome gehad het van skrywer word voordat sy die bul by die horings gepak en begin skryf het: “Dit is dalk ook die rede waarom ek deesdae nie sit en wag vir die muse nie. Ek sleep haar sommer aan die nekvel nader. Of anders gestel, sy sal eerder kom kuier wanneer ’n mens jou boude op jou stoel vasgom en jou hande bokant jou toetsbord gereed hou.”

Alta is ook nie skaam om te erken dat sy jare lank al met depressie sukkel nie: “My beterskap het baie te doen met die besluit om volstoom te skryf. Ek is nou waar ek moet wees en gryp alles aan wat my vreugde gee. Ek moet elke dag alleentyd én tyd saam met stimulerende en interessante mense hê. Ek stap, oefen, lees en luister musiek en probeer gesond eet. Ek móét skryf, anders sink ek weer,” aan Jacobs.

Sy erken ook teenoor Madri Victor (Volksblad se Leefstyl, Junie 2018) dat depressie ’n geveg is: “Maar ek hou koppig aan glo dis nie die somtotaal van my lewe nie. Al lyk dinge donker, probeer ek altyd na die son kyk. Ek glo drie dinge is noodsaaklik: die regte medikasie, terapie en oefening.”

In 2014 gee Alta self haar boek, Beveg depressie en leef voluit!, uit. In ’n onderhoud met Naomi Meyer op LitNet vertel Alta aan Meyer wat depressie is soos sy dit sien:

  • “Jy is moontlik depressief as jy oor ’n lang tydperk weinig vreugde ervaar, geen sin in die lewe sien nie en alles om jou donker lyk, ten spyte van die feit dat daar oënskynlik geen rede voor is nie.
  • Jy is moontlik depressief as jy vir dae of weke of maande of jare liewer wil doodgaan, al weet jy voor jou siel jy het baie om voor te leef.
  • Jy is moontlik depressief as die vreugde vir jou uit die lewe verdwyn het en jou beste pogings dit nie terug kan bring nie.

“Die kerngedagte is dus dat depressie iets is wat áánhou en áánhou en dit vir die persoon moeilik maak om normaalweg te funksioneer. (Hierby moet ek voeg dat depressielyers dikwels meesters is in die kuns van wegsteek en ’n goeie front voorhou.) Iemand kan dus bitter swaar kry en steeds baie min tekens na buite wys.”

Alta se eerste skryfpogings was kortverhale vir tydskrifte. Sy vertel dat sy die “ongelooflike geluk” gehad het dat haar heel eerste kortverhaal, “Waar ek hoort”, deur Esme Mittner wat verhaleredakteur by Sarie was, goedgekeur is en in Sarie van 4 Junie 1986 verskyn het. Nog ongeveer 60 kortverhale uit haar pen is gepubliseer.

Alta se eerste romanse verskyn in 2007 onder die titel Dans met my. Sy het besluit om haar romanses onder die naam Marilé Cloete te skryf en haar liefdesromans onder Alta Cloete. Marilé is dus nie ’n skuilnaam nie, maar sy het dit begin gebruik om ’n onderskeid te maak tussen die genres waarin sy skryf.

Alta verkies om ontspanningsliteratuur te skryf omdat dit (vir haar én haar lesers) laat ontvlug van die harde realiteit in Suid-Afrika. Dewald Barthel skryf op Maroela Media (4 Julie 2012): “Alta Cloete se karakters is vol swakhede, maar ook mense wat soms oor meer innerlike krag beskik as wat hulle self gedink het.”

Sy is ook baie betrokke by die Romanza Skrywers- en Lesersblogs waarvan sy een van die administrateurs is. Sy moedig ook besprekings aan oor Afrikaanse leesstof en dit verskaf aan haar ’n groot lekkerte om die regte boek by die regte leser uit te bring.

Ronelle Uys, ’n romanseskrywer, is in 2017 as gevolg van kanker oorlede. Tydens haar dood was sy besig om aan haar laaste manuskrip, Eintlik alles, te werk. Haar dogter, Lisa, het na haar afsterwe probeer om dit gepubliseer te kry. Lisa het vir Alta op Facebook ontmoet en van aangesig tot aangesig in 2019 tydens die Hessequa-fees op Heidelberg in die Wes-Kaap. Alta het ingestem om die manuskrip klaar te maak met die oog op publikasie.

Alta het op LitNet aan Cliffordene Norton vertel dat sy self trauma beleef het, toe Lisa met haar oor Ronelle se manuskrip gepraat het. Sy het dadelik geweet dat sy Eintlik alles moet probeer afrond.

Oor hoe haar skryfproses verander het tydens die werk aan Eintlik alles het Alta aan Norton vertel: “Die normale proses van die skep van ’n romanse is tussen my en Ronelle verdeel. Sy het die eerste deel gedoen waar mens met jou hart skryf en bloot die storie op papier moet kry. Ek het die redigering gedoen, waar mens met die verstand (probeer) te werk gaan en die storie afrond sodat dit hopelik vir die uitgewer en die leser aanvaarbaar sal wees. Ek moet beklemtoon dat ek nie aan Ronelle se storielyn verander het nie. Ek het bloot die afronding gedoen wat sy self sou gedoen het as sy die kans gehad het.”

Oor die uitdagings wat Alta in die gesig gestaar het om met ’n ander skrywer se teks te werk, gesels sy verder met Cliffordene Norton: “Dit was vir my ongelooflik moeilik om aan iemand se werk te peuter terwyl sy nie meer hier is om haar keuses te motiveer nie. Daar was dae en weke van paniek voor inperking my eintlik gedwing het om doelgerig daaraan te werk. Ek het dadelik besef ek moet tydens inperking ’n vaste roetine handhaaf, en Ronelle se manuskrip het deel van daardie roetine geword. Toe ek eers vir myself onderneem het om elke middag vir ’n uur te gaan sit en te doen wat ek kan sonder om te veel daaroor te wroeg, het dit beter gegaan.

“Eintlik was elke toneel vir my moeilik, want dit was háár storie wat ek nou aan die verander was. Dit het vermetel gevoel en ek het my haastige besluit menige dag berou.”

Vir Alta was al die tonele in die boek moeilik om te herskryf, het sy aan Norton vertel: “Want ek het ’n bietjie soos ’n oortreder, ’n indringer, gevoel. Daar was nie uitsonderlik moeilike tonele nie, maar wel ’n paar wat besonder belangrik was vir die trefkrag van die storie. Die toneel waar Miela en Johannes mekaar na vyf jaar weer ontmoet, was so ’n toneel. Die emosionele impak moes duidelik wees sonder om sentimenteel of melodramaties te word.”

Die beste deel van die romanse was die slot, omdat sy nie gedink het sy sal ooit daar uitkom nie. Dit was ook die toneel waaraan sy feitlik niks hoef te verander het nie: “Ronelle het dit feitlik perfek gehad. Dit moes vir haar met groot inspanning gepaard gegaan het, want ek kon sien hoe haar styl meer kripties word na die einde toe en besef sy was waarskynlik al baie siek toe sy die storie voltooi het.”

Indien sy vir Ronelle iets kon sê, wat sou dit wees? “By die bekendstelling op haar tuisdorp het haar twee beste vriendinne vir my gesê hoe ontsettend teleurgesteld sy was toe die manuskrip afgekeur is. Ek vermoed sy was al so siek dat sy nie werklik besef het dit was nie afgekeur nie, daar was net nog werk om te doen. As dit werklik afgekeur was, sou daar nie ’n verslag beskikbaar gewees het nie. LAPA het die verslag met my gedeel en ek het ook baie van my werk daarvolgens gedoen. Ek wens ek kon haar daardie teleurstelling spaar.”

Oor die lesers se goeie reaksie op Eintlik alles, is Alta baie dankbaar: “Die spesiaalste is egter wat die voltooiing van die boek vir haar twee dogters en haar vriendinne beteken het. Ek het nie regtig aan die emosionele impak van die projek op haar mense gedink toe ek dit aangepak het nie. Dit sou dalk makliker gewees het as ek toe besef het hoe spesiaal dit vir hulle gaan wees. Tydens die redigeringsproses was ek dikwels spyt oor die onderneming, maar nou is ek ongelooflik dankbaar ek het dit aangepak en dat LAPA dit as geskik vir publikasie beskou het.”

Alta skryf ook op ’n gereelde basis resensies en haar lesersindrukke vir LitNet. Haar lesersindruk van Annemarie Coetzer se Alles begin met Anna is in 2017 aangewys as die beste lesersindruk.

Alta se eerste liefdesroman, Geur van genade, word in 2010 by LAPA uitgegee.

Resensies en besprekings van Alta se liefdesromans

Die trilogie in die Geur van ...-reeks:

  • Geur van genade (2010): “Lana van Eeden se blindelingse liefde en verkeerde keuses het haar eindelik ingehaal. Toe sy nie meer weet watter kant toe nie, vat sy die pad na haar ousus se huis in die mees godverlate deel van die wye Karoo. Daar vind sy toe nie haar suster en swaer nie, maar wel hulle buurman, ’n man wat al sy eie sarsie foute gemaak het en geleer het om daarmee saam te leef. By Wilhelm vind sy rus – en in die stil klowe van sy plaas vind sy ook weer vir God. Maar, graag soos sy wou, kan sy nie vir altyd van die werklikheid ontvlug nie. Sy moet teruggaan en haar foute in die gesig kyk. En ook insien dat alles nie net haar fout was nie. Want Marius F Jansen is nie net ’n gerekende skrywer van hoge letterkunde nie, maar ook ’n veroweraar van vroue – en vertrapper van hul siel.

Geur van genade is die verhaal van ’n vrou wat verantwoordelikheid vir haar foute neem, haar onnodige skuldgevoelens leer afskud en haar lewe stukkie vir stukkie weer aanmekaar sit. Met die hulp van die Here – en ’n goeie, mooi man!” (Uitgewer se inligtingstuk)

Geur van genade: Op Goodreads skryf Yvette: “Die boek is ’n moet lees vir mense wat nie depressie verstaan [nie] of dink depressie is net ’n skuiwergat wat mense gebruik. Dit beskryf die mens se gevoelens, vrese en hoe ’n mens die lewe sien. Dit gee ook vir ’n mens berusting en hoop. Die boek alhoewel fiksie het ook lewenslesse in vervat en versterk die wete dat jy belangrik is. Ek is ek en is enig in my soort.”

  • Geur van vergifnis (2011): “Geur van vergifnis se sukses is grootliks te danke aan die geloofwaardigheid van die verhaal self, maar veral van die held en heldin. Bykarakters (soos Marius en Marianne) kan dalk effens ‘larger than life’ voorkom. Die skrywer het juis dié bykarakters uit haar vorige roman verhef tot protagoniste in hierdie tweede boek van haar. En haarself op dun ys geplaas. Wat, wonder ’n mens, wil sy bewys deur van ’n middelajrige vark in ’n rolstoel ’n romantiese held te probeer maak. En om ’n mannetjiesagtige vrou wat haar tale meng en vrye tyd met haar katte, sigarette, bier en liefdesverhale verwyl, as heldin aan te bied?

“Maar rondom hierdie twee karakters weef Alta ’n diep menslike én uitsonderlike liefdesverhaal, ’n storie wat amper-amper so goed is soos sy voorganger en vir min ander hoef terug te staan. Alta Cloete wéét hoe om die hartsnoere te roer.” (Huisgenoot, 27 Mei 2011)

  • Geur van vervulling (2011): “Geur van vervulling is die derde boek in die trilogie wat begin het met Geur van genade. Vivien het na haar egskeiding vir haar ’n nuwe lewe en ’n loopbaan as lewensafrigter opgebou. Toe sy hoor haar eks en sy nuwe vrou gaan ’n baba hê, ervaar sy ’n intense gevoel van verlies. Sy vlug vir ’n naweek na haar ouers se strandhuis aan die Weskus, maar maak toe kennis met ’n onverwagse gas – Herman Dreyer, die sedige sielkundige met die sedelose dogter wat al ’n kind by een van haar dosente het. En nou is sy dogter klaarblyklik agter Vivien se twee mooi seuns aan. Herman is nie heeltemal so stemmig soos sy gedink het nie. Daarby kan hy kook – wonderlike huiskos met geure wat Vivien na vervulling en balans in haar lewe laat smag. Vivien en Herman leer algaande om mekaar se sterkpunte te waardeer en mekaar se swakpunte te vergewe. En dat ’n nuwe toekoms moontlik raak wanneer die wonde van die verlede skoongemaak word en begin genees. In Vivien se wereld pas Herman glad nie in die prentjie nie. Die man is te ordentlik. In haar verlede is immers ’n skande versteek. Is vergifnis en vervulling regtig so na aan mekaar?” (Goodreads)

Die vier titels in die Seisoen-reeks:

  • Seisoen van genade (2012): “Alta Cloete vul ’n gaping in die mark met liefdesromans wat inspireer. Haar styl is uniek en deurspek met ’n droë humorsin wat keer dat die inspirerende dele pedanties raak. Karakters wat reeds hulle droefheid en woede verwerk het in die Geur-reeks, is in hierdie nuwe roman terug en loop die pad van genade saam met Karla en Chris. Karla keer terug uit Australië na Suid-Afrika. Maar sy dra swaar aan haar onverwerkte skuld en woede uit die verlede. Sy word by Marius en Marianne se huishouding betrek omdat sy Emily, Marius se dogter, se vriendin is, En dan ontmoet sy vir Chris.

“Chris is haar teenpool – selfversekerd, sjarmant, humoristies, in beheer van sy lewe en baie aantreklik. Oënskynlik volkome uitgesorteer, veral as ’n mens in ag neem hoe gemaklik hy met sy spraakprobleem is. Maar min mense weet wat in Argentinië gebeur het. Mettertyd kom Karla – en hyself – agter hy het ook ’n stukkie onafgehandelde bagasie.” (Maroela Media, 4 Julie 2012)

  • Seisoen van vergifnis (2013): “Toe dit vir Amanda duidelik geword het Wim voel nie oor haar soos ’n stiefsuster nie, het sy hom weggestuur en teen haar hart baklei. Nou wil die hart hom nie meer [laat] voorsê nie. Maar nou is dit te laat, want Wim het ’n Noorweegse skoonheid aan sy sy. Is daar nog ’n kans of was daardie een nag onder die sterre net een nag?

“En in Amanda se spreekkamer begin sy vermoed haar biologiese pa is die kliënt wat al ’n geruime tyd van haar dienste as sielkundige gebruik maak, sodat hy ’n misstap in sy verlede met sy hede kan versoen. As haar vermoede in die kol is, weet sy nie net wie haar pa is nie, sy kan ook meer uitvind oor die ma wat haar nie wou hê nie. Ook Wim moet onverwags ontstellende feite oor sy afkoms in die gesig staar en hanteer. As hy kan. […] Lesers wat vertroud is met karakters uit die vorige romans sal hulle in hierdie roman terugvind. En vir diegene wat nou eers kennis maak met hierdie uitgebreide familie en hulle sonderlinge manier om probleme op te los, wag ’n heerlike leeservaring.” (Danelle van Zyl, Maroela Media, 28 Februarie 2013)

  • Seisoen van vervulling (2014): “Hierdie is die derde boek in Alta Cloete se Seisoen-reeks. Die verhaal speel gedeeltelik af in die Noorweegse winter en gedeeltelik in die hitte van ’n Bolandse somer. Die hoofkarakters, Ben en Emily, is beide sterk persoonlikhede, gevestig in hul beroepe en wroeg nie oor dinge waaraan hulle niks kan doen nie. Wanneer hulle egter in Noorweë vir Wim en Amanda, die hoofkarakters in Seisoen van vergifnis, se troue ontmoet, is die vonk van ’n dekade gelede weer daar. Albei is onwillig om in ’n verhouding betrokke te raak, maar laat hulself tog betrek in ’n vakansieromanse. Daarby is hulle nie heeltemal eerlik met mekaar nie.

“Die gevolg is dat Emily teen wil en dank vir Ben bystaan toe sy agterkom hy moet behandeling ondergaan vir testikelkanker, wat hy as ’n geweldige verleentheid ervaar (want mans praat gewoon nie oor sulke goed nie), en dat ’n baie onwillige Ben later in Suid-Afrika by sy naderende vaderskap probeer aanpas.

“Die verhaal volg egter nie die ooglopende en maklike pad waar Ben bloot lief raak vir Emily en besluit hy wil eintlik die baba hê nie. Nee, die karakters moet saam die verlies van die baba wat hulle met vrees en later met vreugde ingewag het, hanteer en juis hierin lê die persoonlike groei wat hulle tot nuwe deernis en volwassenheid bring,” skryf Danelle van Zyl op Maroela Media.

  • Seisoen van lig en donker (2014): Louise Ferreira, ’n vryskutresensent, skryf in Volksblad (8 September 2014): “Sommer met die intrapslag begin die intrige ontvou in Alta Cloete se nuwe roman: ’n Hoofkarakter word lui-lui wakker op ’n Karoo-vakansieplaas, sien die enkelbed naas hare is leeg, en dan stoot sy die badkamerdeur oop …

“Hierdie roman draai om die verhouding tussen die jong volwassenes, Herman, Jen en Liesel. Dit is egter nie net ’n Drie Musketiers-tipe vriendskap wat in hul jeugjare gevestig is nie, maar ’n liefdesdriehoek wat uit die water geblaas word wanneer een van die drie selfdood pleeg.

“Die verhaal beweeg met ’n vinnige pas en Cloete het ’n lekkerlees-skryfstyl. Woorde word die verteller met smaak in die mond gelê. Wat my veral beïndruk het, is Cloete se oorwegend suiwer Afrikaans – ’n enkele Engelse of vloekwoord hier en daar in die dialoog – wat tog nie styf of aangeplak voel nie. Daar is egter enkele herhalings wat ’n redakteur moes raakgelees het.

“Dikwels, soos by krisispunte in die ontwikkeling van die verhouding tussen die oorblywende lede van die driemanskap, wóú ek verder lees, was ek gretig om uit te vind wat gebeur. Met dié dat verhoudings en die uitspeel van die rouproses die grootste hap uit die gebeure neem, speel spanning nie ’n groot rol nie, maar die enkele spanningstonele hanteer Cloete behendig. En die groot kinkel in die kabel, moet ek erken, het ek glad nie sien kom nie. Cloete se roman is nie sonder foute nie, maar ek het dit geniet en dit sal lekker vakansieleesstof maak.”

JB Roux eindig sy bespreking van Seisoen van lig en donker só (Rapport, 16 November 2014): “Cloete bied in Seisoen ’n deurleefde, deerniswekkende blik op depressie. En dra ’n boodskap van hoop en genesing oor. Lesers van Afrikaanse liefdesverhale se onversadigbare leeslus dwing hul dikwels om tevrede te wees met verhale wat bloot ‘goed’ genoeg is. Seisoen is méér as dit. Selfs lesers wat gewoonlik wegkyk as hulle by ’n winkelrak met ontspanningsfiksie verbyloop, sal aanklank by hierdie boek vind.”

  • Opdrag van oorkant (2015): “Die bekende Afrikaanse skrywer, Coenraad Beyers, sterf. Sy nalatenskap; ’n outobiografie en ’n bisarre versoek, naamlik dat sy eksvrou (Theresa Beyers) en die vrou met wie hy ’n verhouding gehad het saam die reklametoer vir die boek sal meemaak. Die beloning? ’n Gemaklike lewe met die wins van die toer en verkope van die boek. Min weet dié twee, dat ’n derde liefde in Coenraad se lewe hul op hul reklametoer sal aansluit: Dié van die jong en swanger Cheryl-Anne Fortuin. Die storielyn word meer gekompliseerd, wanneer Anna Philander, die Beyersfamilie se hulp, ook die toer meemaak. Ou wonde word oopgekrap en emosies loop hoog. Elkeen van die vrouens word met hul geskiedenis gekonfronteer. Ten spyte van hul verlede, bereik hulle katarsis en plak hul weer die stukkies van hul lewens aanmekaar.

Opdrag van oorkant het al my verwagtinge oortref. Ek was aanvanklik onseker oor die boek, juis omdat ek nog geen blootstelling aan Alta Cloete se werk gehad het nie. Ek was onseker of ek met die karakters sou identifiseer. Sou ek aanklank vind by die milieu? Tog het Alta Cloete daarin geslaag om my ’n absolute gelowige in haar skryfkuns te maak. Ek het gelag. Ek het ’n paar trane gepink. Ander kere was ek skoon woedend vir die karakters. Ek het empatie vir al die karakters ontwikkel soos wat die storie ontwikkel het. Om emosies so te ontlok, is ’n kuns op sy eie – iets wat Alta goed handhaaf” – só skryf Caroline op Goodreads.

Op Goodreads was Izak de Vries kort en kragtig met sy siening van Opdrag van oorkant: “Haar beste ooit!”

Helen Schoër sluit haar bespreking van Opdrag van oorkant in Die Burger (22 Augustus 2015) af: “Cloete plaas haar karakters in ’n groot penarie. Theresa se eksman, ’n beroemde skrywer, laat los in sy postume outobiografie ’n klomp groot bomme wat die hele land aan die gons het en al vier die vroue in sy lewe baie persoonlik raak. Met sy testament dwing hy dan die vier vroue om die skrapnel te trotseer. Dié boek sal ’n wonderlike Afrikaanse kunsfliek maak. As ek Katinka Heyns se adres gehad het, sou ek my eksemplaar skelmpies vir haar pos met ’n voorstel om Elize Cawood in die hoofrol te sit. Elize moet net ouer word.”

  • Net ’n mens (2016): Op Fine Music Radio (FMR) skryf Riette Rust as volg oor Net ’n mens: “Alta Cloete is bekend vir lekkerleesverhale. Hoewel sy al die jare romanses en liefdesromans skryf, is Net ’n mens en sy voorganger, Opdrag van oorkant,ietwat meer gewigtig. Dié skrywer skroom nie om seksuele en sosiale kwessies aan te spreek nie. Tog is Net ’n mens ’n toeganklike leeservaring. Ook ’n storie vol hoop.

“Kort ná ’n bekende skrywer se dood, sterf sy uitgewer ook. Dit word duidelik dat Willem, sy prokureur, en die uitgewer se band nie bloot vriendskaplik was nie. Willem se vrou, Sanet, besef dat daar in haar huwelik iets op seksuele gebied skort, maar sy gee haar groot lyf die skuld en laat haar kosverslawing weer eens seëvier.

“Die mense van die plaas Avondrust weet van Willem se homoseksualiteit, maar swyg daaroor. Wanneer Sanet se vriendin, Anneke, uiteindelik die bom loslaat, besef Sanet dat haar man tog nie so betroubaar, gelykmatig of vervelig was as wat sy geglo het nie. Was hy maar! dink sy dan. […]

“Sanet se lewe verander drasties wanneer sy Willem se vriendekring beter leer ken. Daar is die sexy Lisa met die sagte hart wat kwyl oor een van Sanet se seuns; Cheryl-Anne Fortuin met die moeilike verlede en problematiese familie; asook die twee diep gelowige plaasvroue: die ietwat knorrige Theresa Beyers met die wilde hare en Anna Philander wat so graag groen Crocs dra. En dan is daar Tessie, ’n weesdogtertjie met groot bruin oë, wat ten spyte van Sanet se opstandigheid deel word van haar grein nes haar lyflike hunkerings en smagting na kos.

“Dis opvallend dat die hoof- en newe-karakters elk op hul eie manier ontwikkel. In die proses skets Cloete ’n paar humoristiese tonele. Wat is tog beter as brandewyn om ’n partytjie in ’n plattelandse hotel mee op te kikker? […]

“Met Net ’n mens sny Cloete nie net die werklikheid aan van ’n huwelik waarin ’n man eerder sal sterf voor hy bekend maak hy is gay nie, maar ook kwessies soos die letsels wat apartheid gelaat het. Sy slaag boonop meesterlik daarin om die wanpersepsies, hoekoms en skuldgevoelens rondom selfdood realisties en met medelye weer te gee. Tog word die verhaal nooit te swaar nie. Op bladsy 268 word ’n seksuele ervaring met soveel deernis geskets, dit moet sekerlik een van die mooistes in Afrikaans wees.

“Alta Cloete se skryftalent hoort nie gering geskat te word bloot omdat sy vir romantiese fiksie bekend geword het nie. Inteendeel. Net ’n mens is beslis die lees werd.” (Die volledige resensie kan gelees word by Resensie: Net ’n mens | Alta (Marilé) Cloete)

Cliffordene Norton skryf op Goodreads kortliks oor Net ’n mens: “In Opdrag van oorkant het ek onmiddellik van Theresa gehou. Maar in Net ’n mens het ek onmiddellik met Sanet geïdentifiseer. As ’n foodie verstaan ek die liefde-haat-verhouding wat ’n persoon met kos het. Sanet gaan deur hel, maar in die woorde van Eleanor Roosevelt: ‘A woman is like a tea bag – you can’t tell how strong she is until you put her in hot water.’ ’n Aangrypende boek, met sterk menslike karakters!”

“Die mens is ’n komplekse wese, soos Alta Cloete weer eens met haar roman Net ’n mens bewys. Al lees die boek maklik, pak sy ingewikkelde onderwerpe aan: homoseksualiteit, vriendskappe oor die kleurgrens, die soeke na selfaanvaarding en, natuurlik, liefde. Net ’n mens speel af kort ná Opdrag van oorkant (wat hier bo bespreek word).

“Jy hoef nie Opdrag van oorkant te lees om Net ’n mens te geniet en te waardeer nie, maar dit help tog om meer insig te gee oor van die karakters se optrede. […] Sanet word net terloops genoem in Opdrag en in Net ’n mens word haar verhaal verder gevat. […]

“Dit voel byna of die boek die onafwendbare einde te lank uitrek, maar in die laaste bladsye vorm die verhaal ’n mooi kringloop wat al die los drade bind. ’n Hele paar van die karakters kan gebruik word vir nog opvolgboeke, die storie los jou beslis met die behoefte om meer te wete te kom. Uiteindelik wys die verhaal oordeel kom niemand toe nie, want uiteindelik is ons almal net mens.”

Besprekings van Romanza-publikasies

  • Romanse in rock (2012): Op Romanza se blog (19 Junie 2017) vertel Alta aan Rentia Bartleman bietjie meer oor die agtergrond van die ontstaan van Romanse met rock: “In mens se vyftigs begin verlies geleidelik, amper ongemerk, deel van jou lewe word. Ouer familielede – en selfs jongeres – val weg. ’n Vriendskap of twee het nie die toets van die tyd weerstaan nie. Die kwaaltjies word meer en allerhande dingetjies aan die lyf begin onkeerbaar afwaarts neig. Kinders kry vlerke en vlieg deesdae dikwels na ver plekke. Verliese wat mens se lewensvreugde alte maklik kan steel.”

Maar gelukkig het daar in daardie tyd in Alta se lewe twee wonderlike dinge gebeur wat baie daartoe bygedra het om die gevoel van verlies minder intens te maak: “Die eerste vreugde was om te begin publiseer. My eerste romanse – Dans met my – het verskyn toe ek een en vyftig was en my eerste liefdesroman – Geur van genade – ’n paar jaar later. Die vreugde en pyn van ’n boek se geboorte word dikwels met die vreugde en pyn van kindergeboorte vergelyk en ek dink nie dis ver van die waarheid af nie. In albei gevalle vergeet mens vinnig die pyn en die vreugde is durend en omvattend.

“Die tweede wonderlike ding was my ontdekking van Bruce Springsteen. Sy musiek én hoe hy sy lewe leef het vir my op tallose maniere ’n inspirasie geword. Die erns, toewyding, passie, energie – plus altyd die regte tikkie ironie en selfspot – waarmee hy dinge aanpak, hou vir enige kreatiewe persoon menige lesse in. Hy word later vanjaar (2017) 68 en hy toon geen teken van afskaal nie.”

Alta gesels verder met Bartleman oor hoe Springsteen ook met die tyd al meer deel van haar skryfwerk geword het: “Stil-stil het dit ’n speletjie geword om ietsie van hom in elke boek in te werk, sommer net vir my eie plesier, sonder dat die leser (of die uitgewer!) enigsins bewus is daarvan. Die mees onlangse voorbeeld hiervan is die hond en die kat in my roman Net ’n mens wat sy vrou en haar vriendin se name dra (Patti en Soozie). In my romanses het Bruce al stewig sy kleim afgesteek. In Liedjie vir jou ontmoet die heldin ’n Springsteen lookalike wat ernstig voel oor oorspronklike musiek, terwyl sy ’n suksesvolle kommersiële sangeres is. In Sy mooiste woorde ontmoet die heldin ’n behoorlike Springsteen-kloon (kompleet met sy saksofoonspeler geskoei op die lees van Bruce se beroemde saksofoonspeler, Clarence Clemons) wat ontgogel is deur wêreldroem en die oorgang maak na ernstiger, minder kommersiële Afrikaanse musiek.

“Toe ek dus in 2016 die (vir my) skrikwekkende onderneming aanpak om alleen Noorweë toe te vlieg om Springsteen in Trondheim saam met my kinders te gaan kyk, was dit eintlik logies dat dit ’n storie moes word. Beth is (soos ek) ’n groot aanhanger van sy musiek, is (soos ek) bang vir alleen vlieg en het al (soos ek) die nare ervaring van ’n paniekaanval of twee gehad. Omdat sy (soos ek) glo dit bring groot vervulling om jou vrese in die oë te kyk en dwarsdeur hulle te gaan, pak sy wel die onderneming aan.

“En nou kom die grootste lekkerte van ’n romanseskrywer se taak aan die beurt: om vir hierdie besondere meisie die regte teenpool te skep in die vorm van ’n aantreklike, goeie man met ’n paar eienskappe wat tot aanvanklike konflik en latere begrip tussen hulle kan lei. Dus: Ontmoet vir Etienne, die mooie Wiskunde-proffie met ’n liefde vir klassieke musiek en ietwat van ’n vooroordeel teenoor rock-musikante. Plaas die twee op dieselfde vliegtuig Noorweë toe, gee vir Beth ’n (ligte) paniekaanval aan boord, laat beland hulle (nie deur blote toeval nie) in woonstelblokke langs mekaar in Trondheim, gooi Beth se vriendin Christeline met haar eie plannetjies by, en jy het ’n heerlike storie.”

  • Projek ware liefde (2016): “In Projek ware liefde is die liefde waarlik ’n projek. Beide Chris en Dennis het sulke uiteenlopende geaardhede dat die vonke nie anders kan as om te spat nie. Dennis is onprakties en ’n dromer terwyl Chris boetiekbier drink en huis opsit en kinders kry, die laaste ding onder die son is wat sy wil doen. Dan is daar Dennis se hond Caesar wat baie graag Chris se geliefde kat Cleo wil skraap.

“Marilé hou die leser lank aan die raai of die tweetjies tog vir mekaar bedoel is. Projek ware liefde is ’n lekkerleesboek en lesers wat van hierdie genre hou sal baie van die boek hou.” (Lelani op Goodreads)

  • Logika van die liefde (2018): Amanda skryf op Goodreads: “Met ’n hele rits romans agter die blad, is dit nie verrassend dat Marilé (Alta) Cloete met, myns insiens, groot sukses, haar eerste SuperRomanza die lig laat sien het nie. Hierdie boek volg ook die nuwe tendens om ernstiger temas in romantiese fiksie aan te spreek, wat diepte aan die storielyn verleen. Dit gaan nie langer bloot oor held ontmoet heldin, stryk ’n paar hobbels plat en leef die droom nie.

“In hierdie verhaal het ons ’n heldin wat herstel van kanker, en ’n held wat die seer uit sy jonger dae met logika en harde werk probeer besweer. Die skrywer gebruik briewe wat die twee hoofkarakters deurentyd skryf, baie effektief om inligting, emosies, terugslae en vordering oor te dra aan die leser.

“Ons het hier te make met ’n deurwinterde skrywer wat presies weet hoe om die leser enduit te boei. Ek het die reis deur Australië besonder geniet omdat die verskillende stadia van die ontwikkelende, helaas sukkelende verhouding, so soomloos met die inligting oor plekke, diere en mense verweef is. En dan is daar die logika, wat dalk net die knie moet buig voor die liefde.”

  • Nooit weer winter (2020): Amanda skryf op Goodreads: “Een van die uitstaande kenmerke van ’n goeie skrywer, ongeag die genre, is die vermoë om in ’n enkele sin ’n omvattende beeld te skep van ’n situasie. Vergelyk die woorde op bl. 26: ‘Oorwonne sak hy op die naaste bank neer …’ Nie alleen plaas dit die karakter in ’n bepaalde ruimte nie, dit laat ook iets van sy persoonlikheid en gemoedstemming deurskemer sonder om ’n rits woorde te gebruik.

“Dit is dan ook een van die redes waarom ek besonder baie gehou het van Marilé Cloete se nuutste Romanza, Nooit weer winter. Ek het persoonlik nie veel erg aan literêre meesterlike uitlatings wat my vir ure laat wonder oor die waarheid agter die woorde nie; ek wil lekker lees, maar met goeie taalgebruik wat my telkens verras met die goeie keuse van woorde.

“Die keuse van die titel was in die kol. Die hoofkarakters se negatiewe gevoelens jeens die winter was oortuigend. Dit het my herinner aan my skoonma se droefgeestigheid wanneer die herfsblare begin val, juis as gevolg van traumatiese gebeure in daardie seisoen. Die karakters se teenstrydige geaardhede was verfrissend. Daar was al genoeg helde en heldinne wat perfek by mekaar pas. Die ekstrovert wat heimlik worstel met onsekerhede, en die introvert wat sommer net doodgewoon ’n fantastiese en standvastige held was, het oorgenoeg verskille gehad, maar uiteindelik was die liefde die gelykmaker.

“Dan het ek ook die beskrywing van die toer baie geniet; dit het nie soos ’n bemarkingsbrosjure gelees nie, maar tog ’n wonderlike idee gegee van ’n deel van Afrika wat ek nog nie besoek het nie. Kortom, ’n baie geslaagde Romanza volgens my mening.”

  • Liefde onbeperk (2021): “Interessant dat ek heel per toeval drie boeke direk na mekaar lees wat in die grendeltyd afspeel, elkeen met ’n verskillende perspektief op die pandemie. Liefde onbeperk volg op ’n Vreemde tyd vir liefde, wat laat in 2020 verskyn het.
    “Die streng inperkingsvoorskrifte ten spyt, reël Estelle se suster en haar man ’n braai, welke geleentheid die lewens van Bernard en Estelle onomkeerbaar verander. Beide held en heldin word baie siek nadat hulle die virus by die braai opdoen. Bernard het al die kwaliteite van ’n voorslagheld. Hy versorg die siek heldin, hoewel hy haar skaars ken, hy maak haar koskaste vol, hy gee haar selfvertroue ’n hupstoot. Maar die stomme man weet glad nie wat om te maak met die emosies wat sy by hom ontketen nie. Nie dat sy self raad het met haar eie ontwikkelende gevoelens vir Bernard nie.
    “Verlies van inkomste, werk van die huis af, maskers in aanvraag, ontsmettingsmiddels wat onbekombaar is, alles ’n baie getroue weergawe van die werklike belewenis van 2020, maar knap verweef met ’n lekker storielyn wat die leser aan die blaai hou. Dit herinner mens dat die liefde soms in vreemde omstandighede kom aanklop en nie voorgeskryf kan word nie.” (Amanda op Goodreads)
  • Rusplek vir die hart (2023): Amanda skryf op Goodreads: “Soveel as wat ek hou van reekse, het ek heel dikwels ’n stryd daarmee. Ek wil mos opsluit elke detail van die voorafgaande aflewering onthou, wat helaas nie moontlik is nie. Ek moet vir skrywer, Marilé Cloete, komplimenteer oor die subtiele wyse waarop sy elemente van Tuiskoms van die hartinkorporeer by hierdie opvolgende romanse, Rusplek vir die hart.

“Verder verdien die hantering van die reis na Portugal ook spesiale vermelding, glad nie in die slaggat getrap om dit te laat lees soos ’n reisjoernaal nie. Deurentyd was die ontwikkeling van die verhouding tussen Olivia en Shaun die spil waarom die storielyn gedraai het, effektief aangevul deur kwessies waarmee die hoofkarakters, en ook Brent en Elsbet (uit die vorige boek), worstel.

“Die ontmoeting tussen Shaun en Olivia is stormagtig. ‘Elsie het gesê jy’t ’n bek aan jou, maar ek het nie besef jy’s só ’n geitjie nie’ (p 7). Olivia beleef hom as dwars befoeterd, oorhaastig en ongeduldig (p 158), maar sy besef ook dat hulle voëls van eenderse vere is (p 180).
Rusplek vir die hart is veel meer as net die storie van twee mense wat mekaar aantreklik vind. Diep ongemaklike temas loop dik deur die storielyn, soos aborsie, dominering en geweld binne ’n kultus, verslawing, enkelouerskap, depressie, rasse-aangeleenthede. Die skrywer bied geen kitsoplossings aan nie. ‘Jack White gaan nie vir altyd in haar kop bly nie. Shaun Mouton gaan hom daar uitboender’ (p 158). Die karakters is egter bereid om werk te maak met hulle bagasie. ‘Ek reken altyd ’n mens gee jou duiwels beter lug as jou voete aan’t loop is,’ verklaar Shaun op bladsy 72.

“Die skryfduiwel of drukkersduiwel het ’n blaps veroorsaak op bladsy 46, toe daar verwys word na Olivia in plaas van Elsbet, maar dit doen geen afbreuk aan die feit dat hierdie een van die beste romanses is wat ek onlangs gelees het nie. Daarvan getuig die vele merkers wat ek ingedruk het om later na te verwys. As dit kan, lees gerus Tuiskoms vir die harteerste, maar hierdie een kan beslis op sy eie voete staan as dit moet.”

  • Lêplek vir die hart (2024): “Iris Koopman keer met haar dogtertjie, Rosie, terug na Suid-Afrika, tot haar ouers se vreugde. Die eerste keer wat sy na haar terugkeer by vriende gaan kuier, loop sy in haar eksman, Brandon, vas. Sy drinkery was die oorsaak vir hulle egskeiding en Iris se eerste prioriteit is om Rosie te beskerm. Rosie is egter dadelik mal oor haar pa en hy oor haar. Iris is huiwerig om vir Brandon ’n tweede kans te gee en haar ouers is bang dat dit weer kan flop en dat Iris dan weer landuit sal vlug. Brandon nooi Iris saam op ’n sakereis na Europa sodat sy vir haarself kan sien dat hy verander het. Sy vind uit dat sy steeds lief is vir Brandon. Sal sy ’n tweede kans met hom waag? Is geluk vir hulle beskore?” (Vat ’n blaaskans saam met Surene – Lesersindruk – Lêplek vir die hart – Vat ’n blaaskans / Take a break)
  • Volbloedvrou (2025): Amanda bespreek Volbloedvrou op Goodreads: “Daar is baie elemente in Marilé Cloete se nuwe Romanza, Volbloedvrou, wat sommer lekker knus kom sit met die lees daarvan. Romanses versus ander leesstof, selfpublikasie, boekbekendstellings en skryf onder ’n skuilnaam is ’n paar boekverwante dinge wat soomloos by die storielyn ingevleg word. Die skrywer maak selfs ’n cameo-verskyning op ’n stadium. Gegewe die feit dat die skrywer self ’n geliefde herdershond gehad het met die naam, Hilde, en honde in pleegsorg neem, het dié boek beslis ’n persoonlike aanklank.

“Die storielyn bied ook uitspraak teen die tradisionele rolle wat aan geslagte toegedeel word, sonder om vroulikheid of manlikheid enigsins af te kraak. Ek wil ook die ontwerper van die voorblad gelukwens met die nommerpas foto van die heldin. Dit is presies soos ek vir Lexi sien.

“Lexi is ’n joga-instruktrise wat ook lesings aanbied in bewustheid en meditasie. Haar ouma Alexandra noem dit summier ‘nonsies’, maar sy het ’n goeie bondgenoot in haar oom Danny. Hy neem haar in as huurder en sy kan haar ateljee daar inrig. Daar is ook genoeg ruimte vir haar skare pleeghonde. Wanneer die nuwe diere-fisioterapeut, Alex, ook daar kom intrek, is daar spoedig geen teken meer van haar vroeëre ordelike bestaan nie. Twee rooikoppe onder een dak spel moeilikheid, of dalk bloot aangetrokkenheid.

“Daar is nog ’n ander element van heerlike konflik wat ek gaan oorlaat aan die lesers om te ontdek. Ek kan verder waarborg dat jy op ’n stadium ook dalk hardop gaan lag. Die skrywer blyk heel gemaklik te wees met ’n skeut humor. Ook laat sy die einde oop, sodat dit dalk nie die laaste sien is van die twee rooikoppe nie. As sy nog nie die opvolg begin skryf het nie, hoop ek om ’n saadjie te kon plant!”

  • Volbloedman (2025): “Daar is ’n paar kriteria waarteen die sukses van ’n romanse gemeet kan word. Een daarvan is die held. Hoewel daar nie eers in stories ’n perfekte man kan wees nie, is die vraag: Hoe voel die leser oor die held? Kan die leser effens verlief raak op hom, tekortkominge ten spyt? Pas ek hierdie maatstaf toe op Dirk in Marilé Cloete se nuwe Romanza, slaag hy die toets met vlieënde vaandels.

“Dirk is ’n polisieman met integriteit. Hy dra sy uniform met trots en sal selfs verder betrokke raak as wat sy posbeskrywing voorskryf, veral waar dit Denise aangaan. Hy dra ’n stuk geskiedenis, ’n fout wat hom finansieel duur te staan gekom het. ’n Interessante wending in die storielyn is die feit dat ’n soortgelyke stuk bagasie vir Denise definieer in sy boeke. ’n Groot gedeelte van die verhaal wentel juis daarom of hy daarmee kan vrede maak.

“Ek bewonder vir Dirk vir sy geduld met die heldin, Denise. Haar hardkoppigheid en neiging om die fout vir alles by haarself te soek, is wel deeglik gemotiveer deur haar verlede. ’n Verlede wat haar nou inhaal en haar haweloos laat met slegs haar wolwinkel op haar naam.

Die karakters uit Volbloedvrou spoel uiteraard oor in Volbloedman. Ek sukkel deesdae om storielyne in detail te herroep, maar die skrywer slaag baie goed daarin om die geheue te verfris sonder om te pla met onnodige terugflitse. Lees gerus die twee in volgorde, maar wees gerus dat selfs met my gebrekkige geheue ek Volbloedman baie kon geniet.” (Amanda op Goodreads)

  • Volbloedliefde (2026): “Marilé Cloete is die skuilnaam van Alta Cloete. Onder geen van hierdie name het die skrywer enige bekendstelling nodig nie. Sy is een van ’n handjievol skrywers wie se boeke ek van die rak af haal sonder om eers die lokteks op die agterblad of ’n paar openingsparagrawe te lees. Haar stories is altyd weldeurdag, goed beplan en net ’n leesplesier. Sy weet wat haar lesers wil hê en geniet dit gate uit om vir hulle romanse te skryf. Volgens haar kort bio bied dit vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling. […]

“Ek het pas Volbloedliefde uit Marilé se pen gelees en dit heel aangenaam gevind. Die hoofkarakters se beroepe het dadelik my aandag getrek: Alicia van Aarde is ’n professionele rofstoeier en Ruben Retief ’n operasanger. Albei is Suid-Afrikaners maar woon en werk al vir etlike jare in Nederland. Hulle paaie kruis omdat hulle onderskeie families in Suid-Afrika by mekaar betrokke raak. Alicia se kleinboet, Alex, en Ruben se sussie, Lexi, is verlief en verlore en boonop gaan Alicia se ma, Elizabeth, en Ruben se oom Danny met mekaar trou. Alicia en Ruben moet albei die huwelik in hulle vaderland gaan bywoon.

“Alicia en Ruben is karakters waaroor lesers mal sal wees. Hulle breek stereotipes en vooroordele af, want moenie vir een oomblik glo dat ’n rofstoeier nie sag en vroulik en ’n operasanger nie sterk en manlik kan wees nie. Lesers woon deur die loop van die storie ’n stoeigeveg by en ervaar ook ’n aandjie uit by Amsterdam se Nationale Opera & Ballet om ’n opvoering van Rigoletto te kyk. Deur bogenoemde word lesers ingetrek in die karakters se leefwêrelde en verstaan hulle waarom hul die beroepe waarin hulle staan, gekies het. […]

“Ek het die afgelope ruk heelwat boeke gelees waar een van die karakters seergekry het en versorging benodig. Natuurlik help die persoon op wie hulle verlief raak dan uit. In Volbloedliefde is dit dan ook só. Dit pas perfek in die storielyn in en gee die karakters kans om baie in mekaar se geselskap te wees en mekaar te leer ken. Máár, ek dink skrywers kan gerus maar ander, meer opwindende scenarios begin uitdink as die nou reeds geykte griep of gips. Marilé Cloete se Volbloedliefde is ’n heerlike boek,” skryf Louise Viljoen (JBay) op LitNet.

Izak de Vries (LitNet) wou by Alta weet waar haar simpatie met die underdog vandaan kom. Alta het gesê: “Ek is van kleins af met die vermoë gepla om ander mense se kant van ’n saak in te sien. Ek sê ‘gepla’, want dis ’n vermoë wat dikwels pyn bring en ’n mens se lewe ingewikkeld maak. Vir die politiek is ek beslis nie beskore nie, want ek kan om my lewe te red nie eensydig genoeg dink nie ... In Suid-Afrika met soveel behoeftiges is dit alte maklik om heeltemal verdwaal te raak in die ellendes rondom jou. Dis ’n daaglikse stryd om te weet vir wie moet of kan jy help en wie is besig om vir jou ’n lang storie te vertel.”

In 2016 is Alta aangewys as een van die ambassadeurs vir Afrikaans in afrikaans.com se Projek Afrikaans. Alta vertel aan Vrouekeur (9 September 2016) oor haar Afrikaans: “My eie Afrikaans is informeel en sonder voorgee, en steeds getint deur my grootwordjare in die Karoo en die invloed van die ouer sprekers wat ek daar geken het. My passie is om potensiële lesers van die wonderlike nuwe boeke bewus te maak wat feitlik daagliks in Afrikaans verskyn.

“Deesdae keer talle lesers na Afrikaans terug omdat daar nou volop ontspanning- en kinderlektuur beskikbaar is. Ek voel egter ’n mens kan nie besluit om ’n boek te lees as hy of sy nie eers van die bestaan van daardie boek bewus gemaak word nie. My groepe, Kom ons lees weer Afrikaans, en Afrikaans vir die jongklomp, se doel is om presies dit te doen.” (Lesers kan op haar Facebook- en Instagram-profiel gaan kyk na haar artikels om Afrikaanse boeke te bevorder: https://www.facebook.com/groups/46583772414; https://www.instagram.com/boekwurm_van_die_boland/?hl=en)

Nadat sy begin skryf het, is Alta se wêreld gevul met woorde en die wonder van die Afrikaanse taal – en sy het nie ’n idee hoe sy ooit anders kon leef nie: “Hoe harder die wêreld daar buite moord en haat skreeu, hoe koppiger hou ek vas aan die liefde. Daarom staan verhoudings altyd sentraal in my stories. Die verhouding tussen man en vrou, natuurlik, maar ook dié tussen ouers en kinders, tussen vriendinne wat mekaar se hart verstaan. En altyd, altyd die liefde vir ons land.” (Romanza se blog)

Publikasies

As Alta Cloete:

Publikasie

Geur van genade

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780799345827 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Geur van vergifnis

Publikasiedatum

  • 2011
  • 2013

ISBN

  • 97807993748682 (sb)
  • 9780799359206 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Geur van vervulling

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780799352139 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Seisoen van genade

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780799355307 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Seisoen van vergifnis

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780799359206 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Seisoen van vervulling

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780799361544 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Seisoen van lig en donker

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780799369755 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Beveg depressie en leef voluit!

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780620588317 (sb)

Uitgewer

Paarl: Alta Cloete

Literêre vorm

Depressie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Opdrag van oorkant

Publikasiedatum

2015

ISBN

9780799376302 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Net ’n mens

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780799380903 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesroman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

As Marilé Cloete:

Publikasie

Dans met my

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780799338720 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Klein klippie ver gooi

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780799339567 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Ritme van die hart

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780799341263 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Man van min woorde

Publikasiedatum

  • 2008
  • 2015

ISBN

9780799342918 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Man met ’n missie

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780799343298 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Man van sy woord

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780799344691 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Liedjie vir jou

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780799347081 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Waar sy hoort

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780799348545 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Sy mooiste woorde

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780799351422 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Haar grootste geskenk

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780799358353 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Eindelik liefde

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780799364903 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Teen haar beterwete

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780799377866 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Projek ware liefde

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780799381382 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Romanse in rock

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780799384871 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

’n Man vir altyd Man van min woorde; Man met ’n missie; Man van sy woord

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780799385403 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Moed vir die liefde

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780799385786 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Man met ’n hart en Kroon [kortverhaal deur Santie van der Merwe]

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780799386172 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Uitgelewer aan die liefde

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780799386837 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Reg vir my

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780799390193 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Logika van die liefde

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780799390872 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

w

Publikasie

Perfek vir my

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780799392029 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Genoeg vir my

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780799394665 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Hoogsomerliefde

Publikasiedatum

2019

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Nooit weer winter

Publikasiedatum

2020

ISBN

9780799398526 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Vir altyd lente

Publikasiedatum

2020

ISBN

9780799399301 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Herfsmelodie

Publikasiedatum

2020

ISBN

9780639600239 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA/Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

’n Vreemde tyd vir liefde

Publikasiedatum

2020

ISBN

9780639605593 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA/Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Eintlik alles (voltooiing van Ronelle Uys se laaste romanse deur Alta Cloete)

Publikasiedatum

2021

ISBN

9780639605906 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Vergewe en vergeet

Publikasiedatum

2021

ISBN

9780639606163 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA/Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Liefde onbeperk

Publikasiedatum

2021

ISBN

9780639607306 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Oorbegin

Publikasiedatum

2021

ISBN

9780639609775 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Weer begin

Publikasiedatum

2021

ISBN

9781776354962 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Nuut begin

Publikasiedatum

2022

ISBN

9781776352555 (sb)

Uitgewer

Midrand: LAPA/Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Blom van sy hart

Publikasiedatum

2022

ISBN

9781776358083 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Tuiskoms van die hart

Publikasiedatum

2023

ISBN

9781776358861 (sb)

Uitgewer

Midrand: LAPA/Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Rusplek vir die hart

Publikasiedatum

2023

ISBN

9781776359202 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Herberg vir die hart

Publikasiedatum

2023

ISBN

9781776359448 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Veilige hawe vir die hart

Publikasiedatum

2024

ISBN

9781779875136 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Lêplek vir die hart

Publikasiedatum

2024

ISBN

9781779870360 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Volbloedvrou

Publikasiedatum

2025

ISBN

9781779875587 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Volbloedman

Publikasiedatum

2025

ISBN

9781779875808 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Volbloedliefde

Publikasiedatum

2025

ISBN

9781779871008 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

’n Doodgewone meisie

Publikasiedatum

2026

ISBN

9781779876348 (2026)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

’n Doodgewone ou

Publikasiedatum

2026

ISBN

9781779876591 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

’n Doodgewone paartjie

Publikasiedatum

2026

ISBN

9781779876775 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Romanse

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Artikels oor en deur Alta Cloete

Artikels en resensies deur Alta Cloete

Alta Cloete se LitNet ATKV-skrywersalbum is oorspronklik op 2026-09-16 gepubliseer.

Bron:

  • Knipselversameling van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel (Wyno Simes en Annelien Diedericks) vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top