Seisoen van genade deur Alta Cloete

  • 0

 


Titel:
 Seisoen van genade
Skrywer: Alta Cloete
Kategorie: Inspirerende fiksie
Formaat: Sagteband: 129 x 198mm  
ISBN: 9780799355307

Karakters wat reeds hulle droefheid en woede verwerk het in die Geur-reeks keer in hierdie nuwe roman terug en loop ’n pad van genade saam met Karla en Chris. Karla keer terug uit Australië na Suid-Afrika. Maar sy dra swaar aan haar onverwerkte skuld en woede uit die verlede. Sy word by Marius en Mariaan se huishouding betrek omdat sy Marius se dogter Emily se vriendin is. En dan ontmoet sy vir Chris.

Chris is haar teenpool – selfversekerd, sjarmant, humoristies, in beheer van sy lewe en baie aantreklik. Oënskynlik volkome uitgesorteer, veral as ’n mens in ag neem hoe gemaklik hy met sy spraakprobleem is. Maar min mense weet wat in Argentinië met hom gebeur het. Mettertyd kom Karla – en hyself – agter hy het ook ’n stukkie onafgehandelde bagasie …

Koop Seisoen van genade by Kalahari.com of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek hul webblad: www.lapa.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top