LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Nuut by LAPA in Julie 2020 | LAPA’s new books in July 2020

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2020-06-29

LAPA is trots daarop dat ons gereeld fiksie en feite meng. Hierdie maand het ons vyte ook. 

LAPA: Mei goeiste, beste boekwinkel! | May you be good to bookstores in May

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2020-05-11

Lees hier watter nuwe boeke in Mei by LAPA verskyn. 

Persvrystelling: Psst ... Het jy ’n geheim?

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2020-04-15

Het jy ’n geheim? ’n Sondige plesiertjie? ’n Donker fantasie? Tot einde April kan jy anoniem aan Wenkbrou bieg. Die beste biegstories word in Wenkbrou se Biegboek opgeneem.

Persverklaring: Alex van Houwelingen is oorlede

LAPA Uitgewers In memoriam 2020-04-06

"Van Houwelingen is veral bekend vir sy puik kinderboekillustrasies, maar hy was ’n kommunikasiespesialis wat prente gebruik het om moeilike konsepte op ’n maklike manier aan die breë publiek te verduidelik."

’n Leeslys vir kinders wat tuisbly: LAPA Uitgewers se keuse

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2020-03-25

Is jou kinders tuis vasgekeer en sit hulle heeldag voor ’n skerm? LitNet het by ’n paar uitgewers gaan aanklop vir voorstelle wat jong lesers in hierdie tyd kan lees. Hier is boeke wat LAPA Uitgewers aanbeveel. Die kinders sal lekker lees én ontdek dis al die tyd ’n voorreg om ’n huis te hê waarin hulle in hierdie ongewone tyd vasgekeer kan wees! 

Nuwe boeke by LAPA in Maart | New books from LAPA in March

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2020-03-19

Is Maart die maand van gruwels? Van ons boeke gaan jou laat huil en jy gaan dalk van moord droom. Wees gewaarsku, dis ’n rowwe maand dié. Kyk bietjie na die splinternuwe boeke wat by LAPA Uitgewers beskikbaar is.

Wenners van LAPA se Jeugromankompetisie bekend

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2020-02-26

"LAPA Uitgewers het op 26 Februarie 2020 tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria die wenners van die Jeugromankompetisie 2019 aangekondig. Die Jeugromankompetisie word tweejaarliks aangebied."

Nuwe boeke by LAPA in Februarie | New books from LAPA in February

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2020-02-12

Februarie skop of met baie sterk verhale. Ons is trots op die soet en die suur van die lewe! Kyk bietjie na die splinternuwe boeke wat by LAPA Uitgewers beskikbaar is.

Persverklaring: Cecilia Britz sterf

LAPA Uitgewers In memoriam 2019-12-18

"Cecilia Britz was bekend vir haar enorme bydrae tot ontspanningsfiksie in Afrikaans."

’n Aand van bewaring | An evening of conservation

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2019-11-08

LAPA vier bewaring en almal is welkom. 

Nuut by LAPA: November 2019

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2019-11-06

Kyk bietjie na die splinternuwe boeke wat hierdie November by LAPA Uitgewers beskikbaar is.

Persversklaring: LAPA op straat weens korrupsie

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2019-11-06

Binnekort gaan lede van LAPA Uitgewers se bemarkingspan op straat wees, weens korrupsie.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in Oktober

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2019-10-03

Lees hier watter opwindende nuwe boeke in Oktober by LAPA verskyn. 

Nuwe boeke in September by LAPA

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2019-09-18

September het ’n dik pak boeke om deur te werk! LAPA is geweldig trots hierop. Kyk veral na die sterk vrouestemme!

Moederskap ondersoek in vyf tekste

LAPA Uitgewers Boeke en skrywers 2019-05-10

Moederskap is ’n vreemde ding. LAPA Uitgewers het vandeesmaand vyf boeke wat handel oor moeders en moederskap. Twee is ernstig, twee is lig en een is ’n sprokie.

Top