Kom lag saam met LAPA Uitgewers, SAOU en die AON by volgende week se webinaar.
Op 14 Oktober om 16:00 gesels Maritha Snyman oor grappies, die getroue bondgenoot in die klaskamer.
Snyman word allerweë as een van die grootste kinderboekkenners in Afrikaans beskou, en sy het veral bekendheid verwerf danksy haar leserstudies op die gebied.
Maritha Snyman is die skrywer van topverkoperkinderboeke soos die Liewe Lawwe Lagboek-reeks, ’n Annerste ABC-boek vir aspatatte, en verskeie titels in die Reënboogrant-reeks.
Registreer gratis: https://bit.ly/30AzumU.
Kommentaar
Maritha baie baie geluk!