LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Sterk vroue en meer by LAPA

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2018-10-01

LAPA het iets vir almal: Sterk vroue, slim mans, oulike diere en gelukkige paartjies.

New African Graphic Novel Launches

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2018-09-14

This full-colour graphic novel places Shaka’s rule against the slave trade that was expanding from the East African coast, and the Europeans spreading inland from the south.

In die naam van Madiba

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2018-07-18

Vandag, 100 jaar gelede, is Rolihlahla Mandela in Mvezo naby Umtata gebore. Om dit te gedenk, het LAPA Uitgewers en Bargain Books saamgespan om die Nelson Mandela Eeufeespublikasie in vier tale, Afrikaans, Xhosa, Zoeloe en Engels, beskikbaar te stel. Die boek kos slegs R20 per kopie en is eksklusief by Bargain Books se winkels te koop.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys word 19 Julie op Stellenbosch bekendgestel

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2018-07-16

Kom sluit asseblief by ons aan vir ’n gesprek oor Steinhoff en die Stellenbosse Boys. James-Brent Styan deel sy navorsing. 19 Julie 2018 om 18:30 in die Hofmeyrsaal in Kerkstraat, Stellenbosch.

Nuut by LAPA: Maart 2018

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2018-03-22

Twee donker romans, heerlike liefde en baie leesstof vir mense onder 18! LAPA het iets vir almal.

LAPA by US Woordfees 2018

LAPA Uitgewers Toyota US Woordfees 2018-02-19

LAPA is trots om deel te wees van die US Woordfees 2018. Kyk hier watter LAPA-skrywers is vanjaar op die program!

Wenners van LAPA se Jeugromankompetisie 2017 aangewys

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2018-02-01

"Die wenners van LAPA se Jeugromankompetisie vir 2017 is pas bekend gemaak, en aanhangers van dié genre kan uitsien na drie uitsonderlike wenverhale wat later vanjaar die rakke gaan tref. Twee gesoute gunstelinge en ’n opwindende nuwe stem wat deur die ATKV-Skryfskool geslyp is, dit maak drie wenverhale wat jong lesers se asem gaan wegslaan."

LAPA se boeke vir die Kerskous

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-12-13

Kersfees lê om die draai en LAPA Uitgewers het ’n klompie boeke wat dalk net die keuse vir geskenke sou kon vergemaklik.

Glip deur die tonnel na nuwe wêrelde

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-10-19

Glip deur die tonnel en laai ’n RomanzaLiefde van LAPA op jou foon af. ’n Wonderland van lees wag op jou! As jy ouer as agtien is, skop jou skoene uit en skink die wyn wat ons daarmee saam aanbeveel.

#WritingCrime: An exciting tri-continental literary event on twitter

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-10-10

Friends of #WritingCrime – please join us tonight, 10 October, for an exciting tri-continental literary event on Twitter. It will start at 19:00.

Nuut by LAPA in Augustus

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-08-31

LAPA spog met gloednuwe boeke. Daar is iets vir almal!

LAPA Jeugromankompetisie 2017

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-08-23

Skryf nou in vir die LAPA Jeugromankompetisie 2017! Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017.

Die wenners is aangekondig

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-07-07

Dit is skoolvakansie en LAPA Uitgewers wil almal aanmoedig om ’n boek te lees. Daarom gee ons in samewerking met LitNet agt lekkerleesboeke weg.

Nuut by LAPA in Junie

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-06-28

Bunny Chow, romerige marog, smoorsnoek, soetsuurlewer, vetkoek, isidudu, mashonza (mopaniewurms), wildspastei en botterhoender; gooi hierby ’n uitstekende riller en lekker liefde, dan weet jy hoe om die winter warm te maak!

Nuut by LAPA in April en Mei

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-05-24

LAPA launched Martin Steyn’s English debut, Dark Traces, and the English translation of Chanette Paul’s electrifying suspense novel, Sacrificed, in April. Ja, LAPA is trots op ons skrywers wat internasionaal naam maak, maar ons skeep nie die Afrikaanse mark af nie.

Top