Boek, brood en wyn

  • 1

Du Toitskloof Wyne en LAPA Uitgewers bied met trots "Boek, Brood en Wyn" aan op 15 Februarie 2019, van 19:00 tot 21:00.

Dit vind plaas by die Du Toitskloof Kelder net buite Rawsonville, 'n uur van Kaapstad af.

Vyf onderhoude met vyf Suid-Afrikaanse skrywers.

Kom luister na Armand Aucamp, Elsa Winckler, Irma Joubert, James-Brent Styan en Martin Steyn.

Die bekende akteur en kaal kok, Armand Aucamp, gaan almal ontspanne hou, terwyl die Ou Meul Bakkery heerlike broodtafels gaan voorsien en Du Toitskloof die wyn sal skink.

Beperkte kaartjies is te koop teen R100pp.

Kontak info@dutoitskloof.co.za om te bespreek en te betaal.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top