In die naam van Madiba

  • 1

Vandag, 100 jaar gelede, is Rolihlahla Mandela in Mvezo naby Umtata gebore.

Om dit te gedenk, het LAPA Uitgewers en Bargain Books saamgespan om die Nelson Mandela Eeufeespublikasie in vier tale, Afrikaans, Xhosa, Zoeloe en Engels, beskikbaar te stel.

Die boek kos slegs R20 per kopie en is eksklusief by Bargain Books se winkels te koop.

Ons versoek is dat enige iemand wat dit kan bekostig, ’n aantal boeke sal koop en skenk aan skole, of kinders, wat nie boeke kan bekostig nie.

*

Mandela-dag

Tien jaar gelede, op sy negentigste verjaarsdag, het Nelson Mandela gesê: “Dit is tyd dat nuwe hande die laste dra. Dit is tyd vir nuwe hande.”

Van daardie dag af vra die Nelson Mandela Stigting dat mense, wêreldwyd, iets sal doen om ander te help op Mandela se verjaarsdag.

Mandela-dag word wêreldwyd gevier en word amptelik ondersteun deur die Verenigde Nasies.

Ons vra dat die Nelson Mandela Eeufeespublikasie aan so veel as moontlik skole en kinders geskenk sal word – in die naam van Madiba.

Die Mandela Eeufeespublikasie

Hoe het hierdie boekie ontstaan? LAPA se bemarkingsbestuurder het aan die begin van 2018 by Bargain Books se bemarkingsbestuurder ingeloer. Toe vra Bianca Adendorf, Bargain Books se bemarkingsbestuurder: “Wat gaan ons vir Mandela-dag doen? Hy sou 100 jaar oud gewees het.”

Net daar het die idee ontstaan om ’n bekostigbare boek te maak.

Alex van Houwelingen het sy sketse beskikbaar gestel en LAPA se personeel het baie hard gewerk om die boek in vier tale te maak, maar só dit steeds net R20 kos.

Mandela-feite

  • Dit was sy eerste onderwyser, juffrou Mdingane, wat hom die naam Nelson gegee het.
  • Mandela was sy hele lewe lank baie lief vir lees.
  • Mandela is op 5 Augustus 1962 in hegtenis geneem net buite Howick. Vyftig jaar later is ’n monument daar opgerig wat bestaan uit vyftig tralies. As ’n mens op die regte plek staan, is Mandela se gesig baie duidelik sigbaar.

  • Mandela is op 5 Desember 2013 oorlede. Elf dae later, op versoeningsdag, is ’n standbeeld van Madiba voor die Uniegebou onthul. Dit is nege meter hoog en van een vingerpunt na die ander is dit agt meter breed.

  • Die naam “Madiba” verwys na die stam waaruit Rolihlahla Mandela gebore is en word as ’n eretitel gebruik.

*

Nelson Mandela Centenary Publication. On 18 July 1918 Rolihlahla Mandela was born in Mvezo near Umtata. Nelson Mandela became president and he served our country for five years. Madiba died on 5 December 2013.

*

INcwadi yeKhulu lemiNyaka ka-Nelson Mandela. Ngokwe-18 Julayi 1918 uRolihlahla Mandela wazalelwa eMvezo kufutshane naseMthatha. U-Nelson Mandela waba ngumongameli waze waphatha ilizwe lethu iminyaka emihlanu. U-Nelson Mandela wasweleka ngowe-5 Disemba 2013.

*

Umbhalo Wesikhumbuzo sikaNelson Mandela. Ngomhlaka 18 July 1918 uRolihlahla Mandela wazalelwa eMvezo eduzane kwase Umtata. UNelson Mandela waba ngumengameli owahola izwe lethu iminyaka emihlanu. UNelson Mandela washona ngomhlaka 5 December 2013.

  • 1

Kommentaar

  • Gogo de Bruin

    Dis jammer dat die boek nie betyds op die rakke gekom het sodat dit uitgedeel kon word op Madibadag nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top