LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in Januarie 2015!

LAPA Uitgewers 2015-01-14 LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Januarie.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in Desember 2014

LAPA Uitgewers 2014-12-10 LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Desember.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in November 2014

LAPA Uitgewers 2014-11-03 LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie November.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in Oktober 2014

LAPA Uitgewers 2014-10-15 LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Oktober.

Wen LAPA se Lekkerlit-boek vir September!

LAPA Uitgewers 2014-09-29 Ken jy die antwoord op die vraag hieronder? Jy het kans tot 1 Oktober 2014 om in te skryf.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in September 2014

LAPA Uitgewers 2014-09-26 LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie September.  

LAPA: Lekkerlit 2014 skop af

LAPA Uitgewers 2014-09-04 LAPA glo lesers en skrywers stap hand aan hand: daarom wen die Lekkerlit-boek van 2015 se skrywer R5 000, een gelukkige ATKV-leser R2 500 kontant én een Facebook-deelnemer ook R2 500 kontant. Neem nou deel!

Mooiloop-bekendstelling: Breytenbach Kultuursentrum, 6 September 2014

LAPA Uitgewers 2014-08-27 Mooiloop word 6 September 2014 by die Breytebach Kultuursentrum bekendgestel.

Afrikaanse jeugboek ’n finalis in internasionale kompetisie

LAPA Uitgewers 2014-08-25 Jaco Jacobs se jeugboek Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word (LAPA Uitgewers) ding tans teen ’n indrukwekkende lys internasionale skrywers in verskeie tale mee om die nuut gestigte Found In Translation-toekenning.

Nuwe boeke by LAPA: Augustus 2014

LAPA Uitgewers 2014-08-21 LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Augustus.

Die amptelike lokprent van Suurlemoen!

LAPA Uitgewers 2014-07-15  Kyk na die lokprent van die film Suurlemoen! 'n Afrikaanse film geïnspireer deur Jaco Jacobs se gelyknamige jeugboek, uitgegee deur LAPA-Uitgewers.

Nuwe boeke by LAPA: Julie 2014

LAPA Uitgewers 2014-07-08 Kyk watter boeke verskyn gedurende Julie 2014 by LAPA Uitgewers.

Lokprent: Pleisters vir die dooies

LAPA Uitgewers 2014-06-25 Fanie Viljoen se jongste boek, Pleisters vir die dooies, verskyn eersdaags by LAPA.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers: Junie 2014

LAPA Uitgewers 2014-06-13 Misdaadfiksie, romanses en handwerkboeke. LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Junie.

LAPA by die Suid-Afrikaanse Boekebeurs 2014

LAPA Uitgewers 2014-06-10 LAPA het ’n stalletjie by die Suid-Afrikaanse Boekebeurs wat van 13 tot 15 Junie in Kaapstad gehou word. Kom besoek ons gerus daar, en kom luister na ons skrywers wanneer hulle optree.
Top