LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Januarie.
![]() |
Katerina se mojo Nee, die lyflike, die liefde en die huwelik is skynbaar nie vir ewig sinoniem met mekaar nie. Die jare, jou man se werk en jou kinders kom foeter tussen hierdie drie pilare rond en veroorsaak gevaarlike krake. Katerina is in haar naugty forties en dis waar sy graag wil bly, want vir ’n vrou is haar vyftigste verjaarsdag ’n verskrikking. Katerina is amper daar en dit voel of sy haar mojo langs die pad verloor het; sommer ook die vlam wat daar eers tussen haar en Simon was. Haar man is moeg, sielsmoeg; te moeg om aan haar lyf aandag te gee. Simon werk hard, hy is siek daarvan om stukkende mense te probeer gesond dokter en wil landuit, Kanada toe! Katerina probeer keer, maar dinge raak net te veel vir Simon en haar hele wêreld slaan bollemakiesie. Sy weet nie of sy kans sien vir Kanada nie en sy weet ook nie of sy kans sien om sonder Simon aan te gaan nie. Bowendien, Jennifer gaan ook Kanada toe. Jennifer is Simon se pragtige kollega. Jennifer is die naam wat Simon in sy slaap prewel. Die tweeling is in hul storm- en drangdae en maak haar mal. Sy erken dit nie graag nie, maar… wel, Katerina is in haar oorgangsjare. Dalk het dit tyd geraak dat sy weer begin uitgaan en dan meer doen as om net ’n man te soen. Om alles te kroon, kom foeter ’n joernalis ook nog en dreig om haar donker verlede te ontbloot. Tog, alles is nie hopeloos nie. Uiteindelik, in haar donkerste uur, besef Katerina haar mojo is nog lank nie verlore is nie; daar skuil nog baie passie en liefde in ’n vrou van vyftig. |
![]() |
Onder ’n sterrehemel
Het sy maar die geheim geken van die nag toe Rudolf Dreyer by haar in die grot gebly het, hy sestien en sy net agt. |
![]() |
Hoezit 2: Die wonderwêreld van walvisse en dolfyne Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van walvisse en dolfyne kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry. |
![]() |
Nommerpasmeisie Tom Bruwer help om Elaina se ou motortjie te restoureer. Daar is net een probleem: Met sy blou oorpak, sy donker krulhare en sy insleepwa sal hy nooit vir haar ryk ouers aanvaarbaar wees nie. Klik hier en koop jou eksemplaar van Nommerpasmeisie nou van Kalahari.com! |
![]() |
Kolwyntjie Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ’n verhouding nie ... Klik hier en koop jou eksemplaar van Kolwyntjie nou van Kalahari.com! |
![]() |
Verkeerdom sprokie Jenna Albrecht se verloofde swendel haar uit haar erfporsie, en sy besluit om nie weer ‘n man te vertrou nie. Maar sy onderskat die krag van sprokies ... al is die sprokie verkeerdom. Klik hier en koop jou eksemplaar van Verkeerdom sprokie nou van Kalahari.com! |
![]() |
Vuurprins Isla ontmoet Markus Galanos op Santorini. Hulle sien mekaar weer in Venisië waar hulle aan dieselfde kunsakademie verbonde is. Isla leer dat die liefde soos ’n sluimerende vulkaan kan wees en jou heeltemal kan verteer. Klik hier en koop jou eksemplaar van Vuurprins nou van Kalahari.com! |
Besoek LAPA se webtuiste hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.








