Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in September 2014

  • 0

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie September.


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_uit_sep.jpg

Uit
Fanie Viljoen
Prys: R119.95
ISBN: 9780799367034

Fanie Viljoen doen dit weer! Eers was daar Breinbliksem, toe Pleisers vir die dooies.

Nou is daar... Uit.

Dis moeilik om te verduidelik. Dis ’n wegsteek-ding wat ek in my lyf voel. Jare lank al.

Ek weet nie wanneer die “gevoel” begin het nie. Op laerskool dalk al? Of was ek dertien, veertien? Eers weet jy dit, maar op ’n manier weet jy dit nie. Dan weet jy dit, maar jy wil dit nie weet nie, want dit is net so donners aaklig om só aan jouself te dink. Te dink wat dit vir jou beteken, en wat dit vir ander mense sal beteken as hulle uitvind, hoe hulle jou sal sien as hulle jou waarlik ken.

Ek het dit probeer wegsteek.
Ek het dit probeer wegredeneer: Dit beteken niks nie. Dis ’n fase waardeur jy gaan.
Dis wat jy vir jouself sê.
En jy lieg vir jouself.
Jy weet, maar jy wil nie weet nie.

Brent is in graad tien.
Hy’s gewild.
Hy het hope pelle.
Hy speel rugby.
Hy hou van partytjies.
Hy het soort van ’n meisie.
En hy is gay.

Nog nooit tevore is daar so openlik, eerlik, sensitief en op die man af in ’n Afrikaanse tienerboek geskryf oor ’n seun se stryd om vrede te maak met sy homoseksualiteit nie.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_vrouekeur_sep.jpg

Beste uit Vrouekeur 2: 50 Gesinsresepte
Marlo Kitshoff Carstens
Prys: R79.95
ISBN: 9780799368376

Vrouekeur se beproefde resepte is lankal in menige huishouding gewild, en met rede. Dis kos wat mens lus maak om te kook en die resultate lok altyd komplimente uit.

Hierdie is ’n reeks boeke met die beste 50 smullekker resepte in elk en sal twee maal per jaar verskyn.

Elke boek se resepte is onder vyf temas ingedeel. Hierdie een bevat:

  • Vis en hoender
  • Slaai en groente
  • Nageregte
  • Piekniekkos
  • Groot koeke

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_gesondglutenvry_sep.jpg

Lekker & Gesond: Glutenvry
Hilda Lategan
Prys: R49.95
ISBN: 9780799368406

Lekker en gesond, ook bekostigbaar en heerlik

Die derde en vierde boeke in ons reeks bekostigbare gesondheidsboeke is nou beskikbaar. Met hierdie reeks wil ons graag leefstylopsies aan moderne huishoudings bied wat geredelik beskikbaar is, maar ook getoets is deur kenners.

Gesonde eet- en lewensgewoontes is belangrik vir ’n gesonde liggaam. Die Lekker & Gesond-reeks bied resepte vir ligte- en hoofmaaltye waarin bekende, maklik beskikbare en oorwegend bekostigbare bestanddele gebruik word.

• Maklike en eenvoudige voorbereidingsmetodes word gebruik.
• Elke resep het ’n insiggewende voedingstofanalise.
• Die resepte het ’n lae GI-waarde met die volgende voordele:
• Hoë- en lae bloedsuikervlakke en insulienweerstandigheid word beter beheer.
• Die hongersensasie word vertraag en gewigsbeheer word bevorder.
• Kinders en volwassenes se konsentrasie en gemoedstoestand verbeter.
• Dit voorsien volhoubare energie vir die dag se aktiwiteite.

Party mense voel beter as hulle gluten uit hulle dieet weer, maar baie van ons sukkel om sonder gluten te kook. Wat meer is, sny jy sommer net gluten uit, kan jy maklik te min vitamien B en vesel inneem. Hierdie boek is gemik daarop om jou te help om maklike en gesonde, glutenvrye maaltye te berei.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_healthyglutenfree_sep.jpg

Healthy & Tasty: Gluten-free
Hilda Lategan
Price: R49.95
ISBN: 9780799368352

Healthy and tasty, also affordable and scrumptious

The third and fourth books in our series of affordable health books are now available. With this series we aim to provide readily-available and tested lifestyle options to a modern household.

Healthy eating and lifestyle habits are important for a healthy body. The Healthy & Tasty series offers recipes for light and main meals using well-known, easily obtainable and mostly affordable ingredients.

  • Easy and simple preparation methods are used.
  • Every recipe has an insightful nutritional analysis.
  • The recipes have a low GI value with the following benefits:
  • High and low blood sugar levels and insulin resistance are controlled better.
  • The sensation of hunger is delayed and weight loss is promoted.
  • Concentration and mood are improved in children as well as adults.
  • It supplies sustainable energy for the activities of the day.

Some people feel better when excluding gluten from their diets, but many of us find it hard to think beyond our traditional gluton-containing food. A meal plan without grains containing gluten can also contribute to a low B-vitamin and fibre intake. This recipe book will help you to prepare healthier gluten-free meals.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_bestesaspookstories_sep.jpg

Die beste Suid-Afrikaanse spookstories
Samesteller: Wendy Maartens
Prys: R109.95
ISBN: 9780799367058

Maak kennis met ’n paar van die bekendste spoke in Suid-Afrika soos: die spookmeisie van Uniondale, die spookhond van Aliwal-Noord, die Wandelende Jood en die seekaptein wat steeds aan boord van die Vlieënde Hollander oor die oseane swerf ... Hierdie 18 verhale, wat Wendy Maartens in hierdie bundel oorvertel, sal jou heerlike hoendervleis gee!

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_onsbonsopdiebed_sep.jpg

Ons bons op die bed
Prys: R99.95
ISBN: 9780799366396

Kom ons bons op die bed saam met Henk, Hestie en al hulle dieremaats. Hulle bons, bons, bons al die pad tot in die ruimte en weer terug; net betyds vir slaaptyd! Hierdie wilde, woeste, rymende ruimte-avontuur is perfek vir hardop voorlees.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


http://www.kalahari.com/Books/Thomas-Murder-Net_p_49289213?linkId=2843515&affiliateId=197&linkType=ORDER_REFERRAL

Thomas@murder.net
Carina Diedericks-Hugo
Price: R109.95
ISBN: 9780799366372

Thomas is moving to a new house, and he hates the idea with a passion.

Even though his stepmother, Louisa, is quite cool, having a new half-brother or -sister is something Thomas is definitely not looking forward to. To make matters worse, the house they are going to live in is an ancient Victorian place.

Before long, all sorts of weird stuff starts happening in their new house. Thomas hears footsteps in front of his bedroom door at night; doors mysteriously start opening and closing by themselves; and his printer starts spitting out one weird message after another.

Could their new house be haunted? Thomas and his friends Hannes, Alex and Thabo decide to try and solve the mystery of the old house — a mystery that could lead them into great danger…

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


http://www.kalahari.com/Books/Stormnag_p_49289214?linkId=2843536&affiliateId=197&linkType=ORDER_REFERRAL

Titel: Stalmaats 15: Stormnag
Lize Roux
Prys: R79.95
ISBN: 9780799366686

Anri kan nie glo Jacques het haar gevra om saam met hom na die Valentynsdans te gaan nie. Intussen is almal by die ryskool opgewonde omdat daar ’n vulletjie op pad is. Maar een stormagtige nag loop dinge verkeerd ... en Anri en Jacques moet blitsvinnig ’n plan maak.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_thomasscorpion_sep.jpg

Thomas@scorpion.net
Carina Diedericks-Hugo
Price: R109.95
ISBN: 9780799366365

Thomas and his best friend Hannes can’t wait to try out the new computer game they got from Harry at the Cyber Tiger Internet Café.

But something is wrong with it. Right in the middle of the game, a mysterious scorpion appears on the screen. Hannes is convinced the game is actually a dangerous and destructive computer virus. Thomas, on the other hand, thinks his friend’s imagination is running wild again.

But then someone breaks into Thomas’s room in the middle of the night, looking for something. It seems that Hannes was right all along — someone seems desperate to get their hands on the CD.

But who is it? And how far would they be willing to go to get it?

For the first time ever, the first two books in the Thomas@ series is now available in English!

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_myatlas_sep.jpg

My first Atlas
Wendy Maartens
Price: R159.95
ISBN: 9780799362398

My first atlas: a world atlas brimming with astounding facts.

· In which country can you hear 700 different languages?
· Where do the ministers ride bicycles to the parliament?
· Which country is so big that it takes seven days to travel from the east to the west?
· In which South African town did the police ride on camels?
· Which province in South Africa is the biggest?

Explore the world with this full-colour atlas! It is full of fantastic facts about all the continents, and about the nine provinces.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_eendagopnmaandag_sep.jpg

Eendag op ’n Maandag
Chanette Paul
Prys: R214.95
ISBN 9780799369939

Snuffel gerus op die internet ek kyk hoe gewild ouer werke in Chanette Paul se oeuvre op versamelwerwe is. ’n Baie goeie tweedehandse kopie van haar werk kan deesdae dieselfde prys, of meer, haal as wat dit toentertyd gekos het.

LAPA uitgewers het dus nou twee van haar ouer werke in ’n nuwe baadjie uitgegee. Versamelaars sal natuurlik steeds die eerste drukke wou koop, maar vir diegene wat net ’n lekker storie soek, hier is die geleentheid.

Eendag op ’n Maandag bevat twee romantiese werke.

  • Vlerke vir ’n visvrou: Emma Steyn onttrek haar van die samelewing en gaan woon op Schilderkrans in die Karoo. Sy weier om in die voetspore van haar pa, oupa en grootjie te volg en ’n skilder te word omdat sy dink sy is nie goed genoeg nie. Maar Michael Lindeque, die plaaslike restauranteienaar, kry haar so ver om die interieur van Angel-on-Broom te doen en Emma begin blom.
  • Krinkels in die maan: Toe Tish Malan vir haar en haar sigeunertante ’n stalletjie en blyplek kry by Organica, ’n eksklusiewe kunstemark langs die Krokodilrivier, is dit vir haar ’n uitkoms waarvan sy net kon droom. Berk Colijn, die formidabele eienaar van die mark, is egter die een los draadjie in die droomwip wat sy nie kon voorsien nie.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_diering_sep.jpg

Die ring
Rika du Plessis
Prys: R74.95
ISBN 9780799369731

Bianca vlug op haar troudag, en kruip weg op ’n vreemdeling se plaas wat vir haar werk aanbied. Hulle stamp koppe, en hy stoot haar telkens weg. Tot die dag van haar ongeluk ...

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top