Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in November 2014

  • 1

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie November.


/

Ewebeeld
Chanette Paul
ISBN: 9780799372144
Kategorie: Fiksie
Prys: R234,95

’n Onlangse uitnodiging aan Chanette Paul deur die Jungiaanse vereniging van Kaapstad toon dat sy nie bloot ’n blitsverkoper is nie, die akademici begin nou ook raaksien wat die gemiddelde leser al lankal weet: Onder die spanningsvolle oppervlakte skuil hier ’n meesterlike verteller wie se boeke op vele vlakke gelees kan word.

Ewebeeld is geskryf vir mense wat Siende blind en Raaiselspieël geniet het en daar is geen twyfel dat “gewone” lesers weer hierdie boeke gaan opraap nie. Siende blind was sestien weke lank op Nielsens se topverkoperlys – sewe keer in die top 20. Raaiselspieël was sewentien weke op Nielsen se lys, en elf keer in die top 20. Die drie boeke is beplan om saam gelees te word. En, vir almal wat van haar gehou het, Jojo Richter is terug!

Ewebeeld stel nie teleur nie. Die spanning gryp die leser reeds op die eerste paar bladsye wanneer ons agterkom dat Lanie, die derde mevrou Von Fürstenberg, ’n gevangene is in die sprokiesagtige kasteel. Wat meer is, die vorige twee vroue wat hier vertoef het, is albei koelbloedig uit die weg geruim om plek te maak vir nog ’n identiese vrou.

Die feit dat al die vroue identies lyk, is belangrik. Daarvoor sorg Ludolf von Fürstenberg se fortuin, want die plastiese sjirurge boetseer elkeen van von Fürstenberg se metgeselle na sý beeld van die ideale vrou.
Roux van Reenen word met ’n slenter ook in die kasteel toegelaat. Hy is ’n kenner van brandglas en was verantwoordelik vir die uitbeelding van die verskeie mitologiese panele op die kasteel se brandglasvensters. Vir die akademici vertel die onderskeie panele ’n baie interessante verhaal. Vir die lekkerleesleser beteken dit dat hulle begin naels kou wanneer beide Roux en Lanie besef dat daar oënskynlik geen ontsnapkans is daar nie. Die dood skyn hulle voorland te wees.

Lesers van sprokies weet egter dat kastele altyd ’n toring het vanwaar jy soos ’n voëltjie kan probeer vlieg, maar wat van die drake? Von Fürstenberg het nie eens vlieënde drake nodig nie: hy betaal oudspesmaglede om sy vuilwerk te doen.

Wat volg, is ’n uiters spannende aantal hoofstukke met gesteelde motors en oneindig baie adrenalien. Vullisdromme word deursoek, televisieprogramme word gekaap en verskeie messe trek bloed...

’n Aktuele teks

Suid-Afrika is ’n land waar honderde vroue jaarliks deur hulle manlike metgeselle vermoor word. Chanette Paul is al vir baie jare ’n aktivis teen vrouemishandeling en tydens die lees van Ewebeeld is daar verskeie verwysings na hoëprofielhofsake waar mans aangekla word van geweld teen vroue. Nie net skep dit ’n konteks vir die verhaal nie, dit skep ook spanning: Hierdie vroue het dit nie een oorleef nie...

Wilna Adriaanse sê van Ewebeeld: “Chanette is beslis een van die soepelste stemme in Afrikaans en kry dit keer op keer reg om die lesers te verras. Sy het nog nooit geskrik om moeilike en selfs kontroversiële temas aan te pak nie. Hierdie manuskrip is net weer ’n bewys daarvan. Sy raak hier ’n interessante en relevante tema aan – veral na aanleiding van die aantal hoëprofielsake wat die afgelope paar jaar in die nuus was, waar jong meisies/vroue die slagoffers was van geweld en selfs moord deur ’n geliefde. Dit is beslis ’n tema wat wyd aanklank sal vind.”

Ewebeeld herinner nogal aan The skin I live in, daardie ysingwekkende sielkundige riller van Agustín Almodóvar onder regie van sy broer, Pedro Almodóvar, met Antonio Banderas in die hoofrol.
Hoewel die akademiese leser heelwat letterkundige truuks in haar werk sal raaksien, is Chanette skaamteloos dat sy haar boeke só skryf dat gewone mens dit moet geniet. In ’n onderhoud het sy gesê: “Boeke is soos vye of turksvye, ek skryf vye.”

Die Skrywer

Ewebeeld is Chanette Paul se veertigste roman.

Paul is geliefd onder lesers met haar twee reekse: Die sewe historiese romans, genaamd die Davelvroue, en die vyf spanningsromans, wat in die volksmond bekend staan as die Gys Niemand-reeks.
Ná die Gys Niemand-reeks volg die Maanschijnbaai-tweeluik wat saam ’n humoristiese familiedrama vorm oor die vier Calitz-vroue van verskillende ouderdomme, en in verskillende lewensfases, wat moet saamstaan teen die samelewing.

In haar jonger dae het Chanette ’n Perskorprys gewen. Sy was al twee maal ’n finalis vir die ATKV-Prosaprys, een maal ’n finali

 

s vir ’n ATKV-Woordveertjie in die spanningskategorie en een maal in die liefdesromankategorie.Chanette het ook reeds twee maal die Lekkerlit-prys gewen – ’n prys wat deur lesers, nie skrywers nie, uitgeloof word.

Koop nou jou eksemplaar by Lapa!


/

As ek val
Jenny Downham
ISBN: 9780799366389
Vertaler: Lydia du Plessis
Kategorie: Fiksie (17+)
Prys: R169.95

Hierdie roman gaan jou in die maag skop.

Kara is sewentien jaar oud en besig om dood te gaan, ten spyte daarvan dat sy vier jaar lank chemoterapie gekry het. Saam met haar beste vriendin, Nicky, maak sy ’n lys van dinge wat sy wil doen voor sy doodgaan. Nommer een op haar lysie is seks.

Kara en Nicky trek weg om die goed op die lysie te begin doodtrek.

Noudat sy nie meer aan bande gelê word deur die dinge wat ’n mens se lewe “normaal” maak nie, eksperimenteer Kara met nuwe ervarings wat haar help om voluit te lewe terwyl haar liggaam stadig maar seker afgetakel word.

Wat volg is eers skokkend, en dan ontsettend teer. Eén seun kry dit reg om haar lief te kry, al weet hy dit gaan hom seermaak.

Intussen is haar pa steeds hoopvol dat sy genees sal word, maar Kara leef saam met die kanker wat haar vreet en sy wil net die laaste paar maande van haar lewe geniet. Sy is keelvol vir hospitaalbesoeke, die eindelose mediese toetse en medisyne wat ’n mens se liggaam saam met die kanker vernietig.
Kara se gevoelens, haar verhouding met haar pa en haar broer, haar vervreemde ma, haar beste vriendin, en haar nuwe kêrel kry pynlik gestalte in die paar kosbare weke voordat die uurglas leegloop.

Roem in die Engelstalige wêreld

LAPA gee min vertalings uit, maar iets soos hierdie is ’n verryking vir Afrikaans.

Die oorspronklike book is Before I die en dit is onlangs deur die BBC verfilm as Now is Good, met Dakota Fanning in die hoofrol. Die film is baie goed, deels om Fanning briljant is in die hoofrol, maar die boek is veel dieper as die film.

Before I die het wêreldwyd toekennings ingepalm, waaronder:
* Publishers Weekly se beste kinderboek van die jaar
* Booklist Editors’ Choice
* Book Sense Children’s Pick
* Kirkus Reviews se redakteurskeuse
* Publishers Weekly se Flying Start Author
* ALA-YALSA se toptien beste boeke vir jong volwassenes

As ek val is ’n onvergeetlike boek wat deur hoërskoollesers én volwassenes geniet sal word.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


/

Wian Verwey het ’n crush op my
Tania Brink
ISBN: 9780799370423
Prys: R109.95

’n Heerlike jeugroman vir die jonger leser!

Emma is nie gewoond daaraan dat ouens sommer uit die bloute op haar verlief raak nie. Daarom betrap Wian Verwey haar heeltemal onkant. Maar Emma is nie so seker of sy van al die oordadige aandag hou nie. Veral nie noudat daar ’n aantreklike blondekop-rocker op die horison wag nie...

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


/

 

Die coolste ouma op Aarde
Marita van der Vyver
ISBN: 9780799367164
Prys: R109.95

 

Ontmoet ’n paar moderne, ongewone en fantastiese oumas in hierdie prettige nuwe prenteboek uit die pen van Marita van der Vyver!

 
 

Koop nou jou eksemplaar by Lapa!


/

 

Plons!
Fanie Viljoen
ISBN: 9780799367171

Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 9-12 jaar oud.

 

Koop nou jou eksemplaar by Lapa!


/

Crochet know how
Karen Adendorff
Prys: R154.95
ISBN: 9780799370072

Crochet know how is a guide to the basic techniques and stitches of crocheting, and also offers additional information on how to care for crocheted products. This book is not only the ideal starting point for those who would like to learn to crochet, but also discusses interesting stitches and could become a handy resource for experienced crafters.

Crochet know how is the translation of Alles oor hekel – a smashing top seller. Alles oor hekel has been published 31 weeks ago. During this time it appeared 30 times on the Nielsens weekly top 100 list – 17 of which it sat in the top 20 books


Koop nou jou eksemplaar by Lapa!


http://www.kalahari.com/Books/Thomas-Murder-Net_p_49289213?linkId=2843515&affiliateId=197&linkType=ORDER_REFERRAL

 

Gesteelde soene
Dina Botha
Prys: R74.95
ISBN: 9780799371253

Danielle raak sonder dat sy dit beplan het verlief op die man wat binnekort aan haar suster verloof raak. En hy op Danielle. Dit is nie die soort situasie wat vanself oplos nie ...

.

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


http://www.kalahari.com/Books/Stormnag_p_49289214?linkId=2843536&affiliateId=197&linkType=ORDER_REFERRAL

 

Marlet se droomman
Bets Smith
Prys: R74.95
ISBN: 9780799371260

Marlet se droomman weet blykbaar meer van haar donker geheim as wat sy gemeen het. En hy is ook nie wie sy gedink het hy is nie. Maar dit is nie die einde van die pad nie.

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


/

 

Somme van die hart
Alda Geers
Prys: R74.95
ISBN: 9780799371277

 

Daleen veg met haar hele hart teen die ingenieur wat die kosbare ou bome moet laat afsaag om ’n pad daar te bou. Maar later veg sy teen haar liefde vir hom.

 

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_myatlas_sep.jpg

 

Op die horison ver
Juanita Aggenbach
Prys: R74.95
ISBN: 9780799371284

Anja begryp nie hoe die eienaar van die perdeplaas waar sy navorsing doen vir haar nuwe roman soveel aandag aan haar kan gee terwyl hy ’n verhouding het met sekerlik die mooiste vroulike jokkie in die wêreld nie.

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


 

Franse vlegsel
Christien Neser

ISBN: 9780799370553

Die woord gee Elle koue rillings, maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees.

Alex gaan saam met een of ander stapelgek avonturier om die wêreld vaar, terwyl sy stoksielalleen by Gravitas moet agterbly: ’n kloosterkoek wat nie in ’n ander ou se rigting kyk nie en die Valentynsbal en die Graadelfdans gaan misloop.

Boonop lyk dit asof dit die ergste skooljaar van Elle se lewe gaan wees, want sommer op dag een verloor sy:

- haar status as ’n meisie met ’n ou;
- haar haarstyl;
- haar waardigheid voor die hele skool;
- en die silwer ketting en sleuteltjie wat Alex vir haar gegee het.

Die enigste lekker vooruitsig is die Aprilvakansie, wanneer sy en Refi saam Parys toe gaan.

Dan maak ’n aantreklike uitruilstudent met stoute groen oë egter onverwags sy opwagting, en Elle se hart begin vreemde dinge doen ...

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 
 

  • 1

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Dit bly darem diep bedroewend as Afrikaanse boeke deur 'n wesenlik Afrikaanse uitgewery met woorde soos "crush" en "coolste" in die titel gepubliseer word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top