Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in Oktober 2014

  • 0

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Oktober.


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_uit_sep.jpg

Stiletto’s van staal
Bernette Bergenthuin
ISBN: 9780799371291

Bernette Bergenthuin se Als oor kop was sestien weke op Nielsens se topverkoperlys, nou bied LAPA, met trots, aan: Stiletto’s van staal.

* * *

Eendag, lank gelede toe klokbroeke soos kleefplastiek aan ordentlike jong mans se lywe geklou het, en Abba Springbokradio aan die brand gesing het, het Boet Beauman die mooie Maria in Barcelona ontmoet. Nou, byna vyf en dertig jaar later, regeer Boet sy vrou en die drie produkte van hul huwelik met ’n arm wat maklik draai vanuit sy Italiaanse teëlmaatskappy se besturendedirekteurstoel.

Soos die drie Europese stede waarna hul vernoem is, Barcelona, Venesië en Sienna, verskil die drie Beaumansusters dramaties. Kyk maar net na die skoene: Lona dra plakkies of tekkies of enige ding wat haar toelaat om agter twee kleintjies aan te hardloop. Vanessa regeer die geldsake van die familiebesigheid vanaf hemelhoë spykerhakke terwyl Sienna Tukskampus betower en omdolwe met al wat ’n sexy platform of wighak is.

Lona verlang na haar stiletto-dae, Vanessa broei oor hoe hard om haar spykerhak neer te sit en Sienna glip skelmpies uit haar strikkieskoene om kaalvoet om die hele spul Beaumans te sluip.

Intussen voer Boet Beauman iets in die mou wat sy gesin se hakke gaan laat bewe, Beaumans moet op die JSE gelys word en elke Beauman is nodig om die maatskappy op die spreekwoordelike kaart te vestig. ’n Slegter tyd vir ’n affair, ’n internasionale minnespel en ’n onortodokse match-makingwebtuiste om op die lappe te kom, is daar kwalik; maar die Beaumanvroue het nie voete van klei nie, hulle loop in stiletto’s van staal.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_vrouekeur_sep.jpg

Doen dit so
Zerelda Esterhuizen
ISBN: 9780799368383

Vandag se huishouers balanseer ’n werk, ’n gesin én die huishouding. Boonop is ons baie bewus van die omgewing. Ons huishoudings moet wérk, maar hulle moenie onnodig tyd opneem, of eko-onvriendelik wees nie.

Vra die outeur, Zerelda Esterhuizen. Sy is ’n skrywer, ’n joernalis, die ma van ’n bekkige vyfjarige meisiekind én ’n baie besige tweejarige seuntjie, ’n vrou vir haar man... en so kan ons aangaan.

Doen dit só is ’n samestelling van Vrouekeur se gewilde wenkerubriek. Dié weeklikse rubriek benadruk die idee dat jy met min baie kán doen.

Doen dit só is prakties en bevat ’n swetterjoel wenke. Hoe kan ek eko-vriendelik van Wagter se vlooie ontslae raak? Hoe op aarde kan ander ’n wasgoeddag sonder wroeging beleef?
In dié boek is daar wenke vir jou kombuis, sitkamer, slaapkamer en badkamer. Daar is raad oor hoe om dinge vinniger te kook én beter te bak.

Omgewingsvriendelike helde: Enige goeie boek het helde nodig. Die drie helde van dié boek is Suurlemoen, Asyn en Koeksoda! Jy kan feitlik enigiets daarmee skoonmaak.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_gesondglutenvry_sep.jpg

Wouter en die eienaardige eiland-avontuur
Phillip Reeve
ISBN: 9780799-67096

Wouter se ma en pa is dapper verkenners wat die wêreld met hulle woon-waar-jy-wil-wa verken. Danksy hulle is die Verlore Stad van Novasynouw nie meer verlore nie; en die Raaisel van die Skorriemorrie-moerasse is opgelos. Daar is nie meer ’n enkele onontdekte kolletjie op die kaart oor nie. Daarom besluit hulle om in hul ietwat afgeleefde ou huis naby die dorpie Krewelfontein te gaan bly, waar hulle voortaan rustig gaan woon.

Wat hulle egter nie weet nie, is dat die grootste avontuur van almal hier op hulle wag...

Kort voor lank verdwyn Wouter se ma en pa spoorloos.

Saam met sy nuwe vriende – ’n knorpot-albatros, ’n bysiende meermin en ’n vriendelike eiland genaamd Frans – vertrek Wouter om na sy verlore ouers te soek. Maar voor hy kan probeer om sy ouers te red, moet hy eers met ’n spul gemene groen seeapies afreken...

Hierdie wonderlike aweregse avontuurverhaal vol spitsvondige humor en fantastiese illustrasies is hope pret!

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_healthyglutenfree_sep.jpg

 

Zackie Mostert en die baie beroemde hond
Jaco Jacobs
ISBN: 9780799-67072

Mevrou Langenhoven, Zackie-hulle se buurvrou, is WOEDEND! Zackie se hond het AL WEER haar pryswenner-petunias uitgegrawe... en ’n NARE verrassing op haar grasperk gelos. Maar dan lees Zackie van ’n troeteldierkompetisie. Dalk kan hy vir almal bewys hy het die heel SLIMSTE en GEHOORSAAMSTE hond in Granaatstraat!

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_bestesaspookstories_sep.jpg

 

Zackie Mostert en die meisiemoles
Jaco Jacobs
ISBN: 9780799366556

’n Lentedans? JIG! Wie wil nou die hele aand lank na SIMPEL musiek luister en met SIMPEL meisies dans? Maar dan bak iemand ’n NARE poets op Zackie ... en die hele skool se meisies is WOEDEND vir hom!

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_onsbonsopdiebed_sep.jpg

 

Ensiklopedie van Kennis
ISBN: 9780799366570

Hierdie allesomvattende ensiklopedie bied ’n splinternuwe benadering tot naslaanwerk vir die hele gesin. Dit is in samewerking met die gesaghebbende Smithsonian-instituut geskep, en, danksy die heel nuutste 3D-grafika-tegnologie, verken dit die wonders van die wêreld in ongeëwenaarde detail.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


http://www.kalahari.com/Books/Thomas-Murder-Net_p_49289213?linkId=2843515&affiliateId=197&linkType=ORDER_REFERRAL

 

Ontwykende alleenloper
Dina Botha
ISBN: 9780799369892

Vir meer as ’n jaar sukkel Donnalie Strauss om ’n onderhoud met Ruben du Toit, ’n aantreklike maar ontwykende miljoenêr, te bewerkstellig. Toe haar kans aanbreek, is dit glad nie wat sy verwag het nie.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


http://www.kalahari.com/Books/Stormnag_p_49289214?linkId=2843536&affiliateId=197&linkType=ORDER_REFERRAL

 

Liefde sonder voorbehoud
Elsa Winckler
Prys: R79.95
ISBN: 9780799369908

Lynette keer terug Suid-Afrika toe om advertensiewerk te doen, en sien vir Pierre weer. Sal hy nou verby haar beroep as model kan kyk, of sal hy haar altyd net as ’n mooi gesiggie sien?

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_thomasscorpion_sep.jpg

 

Uitsonderlike liefde
Cynthia Robertson
ISBN: 9780799369915

Ná ’n mislukte huwelik vertrou Crystal geen man nie, veral nie dié wat ryk en boonop aantreklik is nie. Maar Bienkie se hartsbegeerte is om perd te ry, en Dieter bied vir haar lesse aan.

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets/images/LAPA_myatlas_sep.jpg

 

Olie en vuur
Karen de Villiers
ISBN: 9780799369922

Ná baie jare ontmoet Clarissa weer haar groot liefde op ’n olieboorplatform waar sy tydelik uithelp. Hy is egter nog net so hardekop oor vroue vir wie hulle beroep saak maak. Erger, hy is verloof.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top