LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Nóg ’n benoeming vir In die land van Kammalielie

LAPA Uitgewers 2013-06-24 Die kinderalbum In die land van Kammalielie, waarop Anna Davel haar toonsettings van Jaco Jacobs se gewilde kinderverse sing, is pas vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning in die kategorie Kinderalbum van die Jaar benoem.

Vadersdag-afslag by LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2013-06-10 Onthou van Vadersdag! Bederf die man of pa in jou lewe met Peet Venter se jongste riller.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers hierdie Mei

LAPA Uitgewers 2013-05-22 Kyk na LAPA Uitgewers se opwindende aanbieding van nuwe boeke.

'n Cowboy en 'n groot liefde: lees dié boeke van LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2013-04-24 Daar is 'n cowboy wat die Klein Karoo beskerm. En daar is 'n skaatsplankryer wat nuuskierig is oor die ou met die swartraambril in haar klas. Jou kinders sal mal wees oor hierdie boeke van LAPA Uitgewers.

Lokprent: Diva

LAPA Uitgewers 2013-04-12 Isa Konrad gesels oor Diva, haar jongste spanningsroman by LAPA Uitgewers.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2013-04-02 LAPA Uitgewers spog met lekker boeke vir die hele gesin.

LAPA Uitgewers se spesiale aanbiedings in Maart

LAPA Uitgewers 2013-03-20 Het jy al LAPA Uitgewers se reeks lekker promosies vir Maart gesien?

50% Afslag op LAPA se Lekkerlit-boeke

LAPA Uitgewers 2013-02-08 Al knor die ekonomie kan gewilde leesstof steeds bekostigbaar wees!

2013 Feesprogram: LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2013-01-22 Kyk na al die boekkuiers en gesprekke wat LAPA Uitgewers by die US Woordfees aanbied.

LAPA Lekkerlit 2012

LAPA Uitgewers 2013-01-18 "Elke maand het LAPA ’n Lekkerlit-boek gekies. Die mengsel van boeke het spanning, romanse en avontuur ingesluit. Lesers moes op LAPA se Facebook-blad ’n kompetisievraag beantwoord."

Nemesis deur Riana Mouton

LAPA Uitgewers 2013-01-15 Ben Hugo van die Suid-Afrikaanse Polisie weet hy het met ’n reeksmoordenaar te doen. Of is dit ’n vigilante groep wat pedofiele straf? Onverwags kom pedofilie te na aan Hugo se private lewe.

LAPA Lekkerlit 2012: En die wenner is...

LAPA Uitgewers 2013-01-15 LAPA kondig hulle Lekkerlit-boek vir 2012 aan.

Ry saam op die Trein na Kalkbaai

LAPA Uitgewers 2012-12-05 "Die lug is blou en die son skyn helder,” sê Ouma. “’n Heerlike dag vir die strand.”

Kies jou gunsteling Lekkerlit-boek en wen R10 000

LAPA Uitgewers 2012-12-05 Tien maande en tien boeke later is dit tyd om vir jou gunsteling LAPA Lekkerlit-boek te stem. Jou stem kan jou R10 000 in die sak bring!

Ware misdaad

LAPA Uitgewers 2012-11-08 Kom vanaand om half sewe na Eldoraigne Village Mall se Fabulate koffiewinkel - en ontmoet die skrywer van Mens of monster.
Top