LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Veelsydige Vlaamse skrywer besoek Suid-Afrika

LAPA Uitgewers 2012-08-08 Ingrid Vander Veken, ’n bekende Belgiese joernalis en skrywer, is ’n aangename toevoeging tot die skrywersgroep wat vanjaar by LAPA se Boeke-oggende gaan gesels oor hul nuwe publikasies.

LAPA Boeke-oggend in Pretoria: 'n Vars blik op Afrikaanse fiksie

LAPA Uitgewers 2012-08-08 Met skrywers soos Deborah Steinmair (Poppekas), die Radloff-susters (Een stad, drie rooikoppe, sewe dae), Japie Bogaards (Tussen middernag en dagbreek) en Ingrid Vander Veken.

Nuut by LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2012-08-03 Kyk bietjie na LAPA Uitgewers se nuwe boeke vir Augustus. 

Skryf in vir Julie se Lekkerlit-boekkompetisie: Kristel Loots se Eendagmooi

LAPA Uitgewers 2012-07-12 Elke maand kan een leser R1 000 kontant wen deur op LAPA se facebook-blad ’n maklike vraag oor die Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.

Eendagmooi deur Kristel Loots

LAPA Uitgewers 2012-06-19 Eendagmooi is Kristel op haar beste. Die humor is vars, skerpsinnig en hedendaags, die karakters deurleef en geskakeerd en die leser kan nie onbetrokke bly nie.”

Ek was hier deur Nanette van Rooyen

LAPA Uitgewers 2012-06-19

Frankie se gesin is anders. Behalwe dat haar pa soos Atilla die Hun lyk, met sy wilde hare en harige voorarms, kom hy van Vlaandere en hy praat nog steeds Nederlands – en soms ’n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter.

Seisoen van genade deur Alta Cloete

LAPA Uitgewers 2012-06-19 Karakters wat reeds hulle droefheid en woede verwerk het in die Geur-reeks keer in hierdie nuwe roman terug en loop ’n pad van genade saam met Karla en Chris.

Wat soek jy in ons sprokie? deur David Conway

LAPA Uitgewers 2012-06-19 Eendag lank gelede was daar ’n Groot, Nare Wolf. Hy was al te oud om te raas en te blaas en die Drie Varkies se huis om te blaas.

Die LAPA-Hoofkarakter-Soektog

LAPA Uitgewers 2012-06-15 Ontrafel die geheim van ’n misterieuse plastiese sjirurg en wen die plek as die nuwe hoofkarakter in Leon van Nierop se nuwe boek.

Insomnia deur Leon van Nierop

LAPA Uitgewers 2012-05-22 Insomnia is ’n nuwe roman deur Leon van Nierop en is ’n verwerkte weergawe van die gewilde vervolgverhaal in Vrouekeur.

Karos orie dyne deur Hans du Plessis

LAPA Uitgewers 2012-05-22 Karos orie dyne is ’n splinternuwe bundel met Griekwapsalms deur Hans du Plessis. Dit is weereens oorspronklike gedigte in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes en bevat die res van die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos van die gelykenisse.

Lokprent: Nova: Bloedbroers deur Fanie Viljoen

LAPA Uitgewers 2012-05-18 Kyk die lokprent van Fanie Viljoen se Nova: Bloedbroers.

Sam – ’n ware verhaal van ’n dogtertjie en haar olifant

LAPA Uitgewers 2012-05-08 Marthe is ’n Franse meisie wat saam met haar ouers en haar sussie in China bly. Vir haar agtste verjaardag kry sy ’n ongewone geskenk – ’n baba-olifant! Sy naam is Sam en kort voor lank is die twee van hulle onafskeidbaar.

Jy en jou nommers deur Zelda Dalling

LAPA Uitgewers 2012-05-08 Nommers is ’n universele taal. Van geboorte af gebruik ons nommers om ons daaglikse lewens te reguleer – ons weet hoe lank ons is, hoeveel ons weeg, hoe oud ons is en wat ons bankbalans is. Maar wat is die betekenis agter elke nommer?

Die kamer langsaan-boekpraatjie – 17 Mei

LAPA Uitgewers 2012-05-08 Kom eet ’n stuk koek by die boekpraatjie van Die kamer langsaan op 17 Mei in Moreletapark.
Top