Ek was hier deur Nanette van Rooyen

  • 1


Titel:
 Ek was hier
Skrywer: Nanette van Rooyen
Kategorie: Jeugfiksie
Formaat: Sagteband: 129 x 198mm  
ISBN: 9780799354966

Frankie se gesin is anders.

Behalwe dat haar pa soos Atilla die Hun lyk, met sy wilde hare en harige voorarms, kom hy van Vlaandere en hy praat nog steeds Nederlands – en soms ’n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met ’n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma, weer, het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. Dis waarom sy lensies eet en V8-groentesap drink.
En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry.

Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Sy mond glimlag altyd, maar sy oë wonder altyd. Hy is ’n wiskunde-onderwyser wat elke dag ’n swartraambril en ’n strikdassie dra. Min mense sal vermoed dat hy ’n swart gordel in judo het.

Milan se ma is weg toe hy ongeveer twee jaar oud was.
En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het ...

Koop Ek was hier by Kalahari.com of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek hul webblad: www.lapa.co.za

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top