Titel: Jy en jou nommers
Skrywer: Zelda Dalling
Kategorie: Ander
Formaat: Sagteband: 137 x 212 mm
ISBN: 9780799352023
Nommers is ’n universele taal. Van geboorte af gebruik ons nommers om ons daaglikse lewens te reguleer – ons weet hoe lank ons is, hoeveel ons weeg, hoe oud ons is en wat ons bankbalans is. Ons ken reekse telefoonnommers en bankrekeningnommers uit ons kop en ons het elkeen ’n ID-nommer of ’n paspoortnommer. Maar wat is die betekenis agter elke nommer?
Jy en jou nommers bied ’n toeganklike inleiding tot die betekenis agter die nommers van die alfabet. Die boek bied ook die volgende:
- Verskaf ekstra betekenis van die nommers van ons name
- Ondersoek die misterie van nommers
- Volkleur prettige illustrasies
Jy en jou drome: Leer jou unieke droomtaal ken – ’n ABC-gids tot droomsimbole en Jy en jou sterre: Leer jouself en ander ken deur die sterretekens vorm deel van die reeks deur Zelda Dalling.
Koop Jy en jou nommers by Kalahari.com of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za



