Titel: Karos orie dyne
Skrywer: Hans du Plessis
Kategorie: Poësie
Formaat: Sagteband: 129 x 198mm
ISBN: 99780799355314
Karos orie dyne is ’n splinternuwe bundel met Griekwapsalms deur Hans du Plessis. Dit is weereens oorspronklike gedigte in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes en bevat die res van die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos van die gelykenisse.
Die gedigte vertel van die skepping, die voorspelling en geboorte van Christus, die kruisiging en die einde van die aarde, maar veral van die Groot Genade. Bekende sowel as minder bekende Skrifgedeeltes word weer nuut gemaak deur die seggingskrag van hierdie variëteit van Afrikaans en die treffende transponering van die Bybelse omgewing na dié van die Kalahari. Die verse verras weer met die vernuwing van die Bybelse metafore.
Koop Karos orie dyne by Kalahari.com of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za



