Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
|
35 Kruisiesteekpatrone Karen Adendorff ISBN: 9780799351965 Prys: R 160,00 35 Kruisiesteekpatrone Handwerk is deesdae baie gewild en om jou eie stempel op jou dekor af te druk, gee jou ’n huis met sy eie persoonlikheid! Kruisiesteekwerk is glad nie moeilik nie en enigeen kan dit bemeester deur net ’n paar basiese beginsels te volg. Hierdie boek gee ’n duidelike uiteensetting van die basiese beginsels sowel as alles wat jy mag nodig kry om dit maklik en genotvol te maak! Die boek fokus op interessante versierings soos knope, kussings, badsakkies, drasakke, harte en so meer tot die meer tradisionele merklappe wat geraam kan word. Daar is klein projekte vir die beginner asook groter projekte vir dié wat hou van ’n uitdaging en meer tyd op hande het. 35 Kruisiesteekpatrone is weereens klassiek met net daardie titseltjie moderne flair! 35 Kruisiesteekpatrone is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
Dis nou ek Dis nou ek Dis nou ek deur Carel Boshoff behoort by ’n verskeidenheid lesers aanklank te vind. Vir die kompulsiewe lesers van outobiografieë, is hier ’n hele tagtig jaar se lewe in al sy menslikheid neergepen. Veral die eerste deel van die boek gee ’n goeie beeld van die landelike kultuur en plaaslewe in die eerste helfte van die vorige eeu. Maar daar is veel meer. Voor- en teenstanders van die volkstaatgedagte sal die deel oor Orania insiggewend vind. Carel Boshoff se verhaal van sy en sy vrou se lewe in die sendingveld is ’n openbaring. Min mense besef waarskynlik wat so ’n lewe weg van alles en met die minimum bronne behels het. Om meer gewig aan die boek te gee as net dié van ’n lewensverhaal, is daar heelwat besinning oor die teologie, oor die plek van die sending in die kerk, en oor die rol van die kerk in die samelewing. Dié besinning het daartoe gelei dat Boshoff in die NG Kerk gebly het, ondanks die woelinge van die tagtigerjare. Meer as kerkwoelinge is egter hier ter sprake: As voorsitter van die Afrikaner-Broederbond, waaruit hy bedank het toe sy paaie van dié van die Nasionale Party geskei het, hoofleier van die Voortrekkers en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (SABRA) het Boshoff, wat boonop die skoonseun van dr. H.F. Verwoerd was, in die brandpunt van die Afrikanerwoelinge van daardie jare gestaan en hy vertel die volledige verhaal van sy kant gesien. Carel Boshoff was ’n mens wat alle mense met wie hy in aanraking gekom het, swart of wit, met respek behandel het. Tot aan die einde het hy hom besonder sterk teen rassisme uitgespreek. Met ’n besoek aan Orania het pres. Jacob Zuma opgemerk dat die ganse tyd dat hy vir prof Boshoff geken het, hy oor dekades aan dieselfde visie bly glo het. Dis nou ek is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Maanschijnbaai: Jo & Sue Maanschijnbaai: Jo & Sue Maanschijnbaai: Jo & Sue, die eerste boek in ’n tweeluik, vertel die storie van die vier wilde Calitz-vroue (of -slette, soos die plaaslike inwoners van M-baai hulle noem). Hulle is die eksentrieke Casper Calitz – pa, oupa en oupagrootjie – se erfgename. Jo erf ’n liederlike kasarm van ’n huis, Sue erf ’n pienk Cadillac, Jeannie erf sy boekery en Nan erf sy esoteriese winkeltjie, genaamd Hiërofant. Hulle besluit om die huis te restoureer en haal die gramskap van die plaaslike gemeenskap op die hals. Hulle hoop om die kasarm leefbaar te maak en die verlede agter te laat. Maar op Maanschijnbaai veroorsaak hulle plan om die kasarm te restoureer ? twispunt in die gemeenskap. En op Maanscjinbaai haal die verre verlede hulle juis in, want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die Calitz-slette nie toe nie. Maanschijnbaai: Jo & Sue is die eerste boek in ? tweeluik en word binnekort opgevolg deur Maanschijnbaai: Nan & Jeannie. Maanschijnbaai: Jo & Sueis beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
My eerste atlas: ’n Wêreldatlas vol asemrowende feite My eerste atlas: ’n Wêreldatlas vol asemrowende feite
Verken die wêreld met hierdie prettige volkleur-atlas! Propvol fantastiese feite oor al die vastelande, en oor Suid-Afrika en sy nege provinsies. EKSTRA! Muurkaart van Suid-Afrika. My eerste Atlas: ’n Wêreldatlas vol asemrowende feite is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Verlief Verlief Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-maag-verlief. Halsoorkopdolverlief. 11 liefdesverhale deur Anzil Kulsen, Christien Neser, Elizabeth Wasserman, Elmarie Botes, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Nelia Engelbrecht en Solet Scheeres. Verlief is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |






