LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Ware misdaad

LAPA Uitgewers 2012-11-08 Kom vanaand om half sewe na Eldoraigne Village Mall se Fabulate koffiewinkel - en ontmoet die skrywer van Mens of monster.

Loui Fish: Onsinkbaar

LAPA Uitgewers 2012-10-31 "Onsinkbaar is 'n verhaal van passie, dwelms, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses."

Boek vir Blou Bul-besetenes

LAPA Uitgewers 2012-10-17 "Hierdie boek bespreek die loopbane en prestasies van 75 van die mees legendariese spelers wat die afgelope 75 jaar vir Noord-Transvaal, die Blou Bulle en die Bulls gespeel het."

My pad met engele deur Belinda Bras-Nel

LAPA Uitgewers 2012-10-17 "Jou engele se begeleiding spreek altyd van hoop en hulle wys graag vir jou watter keuses en gesindhede vir jou ’n bestaan vol vreugde in stede van vrees kan oopmaak."

Witwarm wiele vir die jongspan

LAPA Uitgewers 2012-10-11 "Van rooiwarm renmotors tot manjifieke motorfietse en mega-monsterbakkies – Witwarm wiele sit jou agter die stuur en neem jou op ’n onvergeetlike rit."

Hoe masjiene werk 'n lekkerleerboek vir kinders

LAPA Uitgewers 2012-10-11 Hierdie interaktiewe boek sal kinders leer hoe basies masjienerie werk en hulle wys hoe om hulle eie werkende modelle te bou.

Arno soek die beste troeteldier

LAPA Uitgewers 2012-10-11 Wat is die beste troeteldier? Lees hierdie boek saam jou kind en vind uit wat hy of sy dink.

Ontdek outydse Suid-Afrikaanse kookkuns

LAPA Uitgewers 2012-10-03 "Hierdie nuttige werk bied genotvolle leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat in sy verlede belangstel, asook vir die vreemdeling wat nader kennis wil maak met die outydse kombuis."

Maanschijnbaai: Nan en Jeannie deur Chanette Paul

LAPA Uitgewers 2012-10-03 "Die intrige draai om verhoudings op alle vlakke asook oor oordeel, vooroordeel en die keuses wat mens maak."

Skryf in vir Oktober se Lekkerlit-boekkompetisie: Woutrine Theron se Dans met die rooi rok

LAPA Uitgewers 2012-10-03 Elke maand kan een leser R1 000 kontant wen deur op LAPA se Facebook-blad ’n maklike vraag oor die Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.

Kwart voor 'n bloedbad deur De Wet Potgieter

LAPA Uitgewers 2012-09-27 "De Wet Potgieter vertel in hierdie openbarende boek van talle onderhoude met die destydse leiers van die Boere Krisis Aksie (BKA) en die Afrikaner Vryheidsfront (AVF), wat aan die voorpunt van regse verset teen De Klerk se hervormingsplanne was."

Boekbekendstelling: Dans met die rooi rok

LAPA Uitgewers 2012-09-27 Maak seker jy woon die boekbekenstelling van Woutrine Theron se spanningsroman Dans met die rooi rok by.

Mens of monster deur Carla van der Spuy

LAPA Uitgewers 2012-09-27 "In Mens of monster word die geweldsmisdadiger vanuit die invalshoeke van verskeie kenners bekyk."

Nuut by LAPA Uitgewers in September

LAPA Uitgewers 2012-09-18 Kyk bietjie na die splinternuwe boeke wat hierdie September vanaf LAPA Uitgewers beskikbaar is.

LAPA Uitgewers: Braaidag-promosie

LAPA Uitgewers 2012-09-18 Jy het net hierdie week (18 – 25 September) om hierdie spesiale aanbod in die hande te kry!
Top