Maanschijnbaai: Nan en Jeannie deur Chanette Paul

  • 0

Titel: Maanschijnbaai: Nan en Jeannie
Skrywer: Chanette Paul
Kategorie: Fiksie: Algemene fiksie
Formaat: Sagteband: 129 x 198 mm
ISBN: 9780799358384    

Die tweede boek in die Maanschijnbaai-tweeluik vertel die storie van die vier wilde Calitz-vroue (of slette, soos die plaaslike inwoners hulle noem) wat die eksentrieke Casper Calitz: pa, oupa en oupagrootjie, se erfgename is. Jo erf die liederlike kasarm van ’n huis, Sue erf die pienk Cadillac, Jeannie erf sy boekery en Nan erf die esoteriese winkeltjie, genaamd Hiërofant. Hulle besluit om die huis te restoureer en haal daarmee die gramskap van die plaaslike gemeenskap op die hals.

Die tweeluik bevat drama, romanse, spanning, humor en sosiale kritiek. Die intrige draai om verhoudings op alle vlakke asook oor oordeel, vooroordeel en die keuses wat mens maak.

Koop Maanschijnbaai: Nan en Jeannie by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Klik hier vir Maanschjinbaai: Jo en Sue, die eerste boek in hierdie reeks.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top