Kwart voor 'n bloedbad deur De Wet Potgieter

  • 0

Titel: Kwart voor 'n bloedbad
Skrywer: De Wet Potgieter
Kategorie: Niefiksie: Geskiedenis en politiek
Formaat: Sagteband: 137 x 212 mm
ISBN:  9780799351941  

"Is this the beginning of bloodshed, or the end?"

So het die Pretoria News berig oor die dramatiese gebeure op Vrydag 11 Maart 1994, toe chaos in Mmabatho losgebars het wat skokgolwe deur die wêreld gestuur het.

De Wet Potgieter vertel in hierdie openbarende boek van talle onderhoude met die destydse leiers van die Boere Krisis Aksie (BKA) en die Afrikaner Vryheidsfront (AVF), wat aan die voorpunt van regse verset teen De Klerk se hervormingsplanne was. Hierdie organisasies is oortuig dat hulle die geleentheid tot ordelike burgerlike verset ontneem is en dat die Nasionale Party die AWB gebruik het om die regse vleuel van die Afrikanervolk so negatief moontlik te laat lyk.

De Wet Pogieter onthul in hierdie boek die verhaal agter die verhaal en gee antwoorde op vrae wat tot nou toe onbeantwoord was. 

Koop Kwart voor 'n bloedbad by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top