Ontdek outydse Suid-Afrikaanse kookkuns

  • 0

Titel: Spys en drank
Skrywer: Renata Coetzee
Kategorie: Niefiksie: Kookkuns
Formaat: Sagteband: 297 x 210 mm
ISBN: 9780799356465   

Spys en drank bied ‘n helder etenstydbeeld uit ’n belangrike tydperk in ons geskiedenis, van 1652 tot aan die einde van die 18de eeu. Die metodes en dissipline wat Renata Coetzee as dieetkundige en tydens haar studies vir die M.Sc.-graad in huishoudkunde aan die Universiteit van Stellenbosch ontwikkel het, het haar in staat gestel om die onderlinge verband tussen die kulturele agtergrond, eetgewoontes en gesellige verkeer van die Kaaps-Hollandse gemeenskap met insig te benader.

Hierdie publikasie behandel outydse resepte in alledaagse taal en die inhoudsmate van die bestanddele in eietydse begrippe met behoud van die oorspronklike karakter en kenmerkende aroma daarvan.

Hierdie nuttige werk bied genotvolle leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat in sy verlede belangstel, asook vir die vreemdeling wat nader kennis wil maak met die outydse kombuis. Die boek is ryk aan die romantiek van die 17de en 18de eeuse kookkuns.

Koop Spys en drank by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top