Titel: My pad met engele
Kategorie: Niefiksie: Spiritueel
Formaat: Sagteband: 137 x 212 mm
ISBN: 9780903441327
Hierdie boek vertel die verhaal van ’n vrou wat as kind baie geestelike ervarings gehad het, maar, soos met ons almal, het die lewe oorgeneem. In totale desperaatheid het sy ’n noodkreet uitgestuur in die heelal om die rede vir haar bestaan te probeer verstaan. In hierdie boek beleef jy saam met haar die pyn van absolute verlatenheid, maar ook die gelatenheid wat sy leer ken wanneer die engele in haar lewe opdaag met boodskappe van hoop en wysheid.
My pad met engele beskryf dit wat Belinda van die engele geleer het. Hulle wyshede het haar gehelp om haar lewe om te keer van hopeloos en magteloos na bemagtig en vry.
Ons elkeen is in kontak met God elke oomblik van elke dag. Ons elkeen ontvang ons begeleiding, tog vertrou ons nie onsself om dit altyd te ontvang of te volg nie. Ons engele gee egter nooit moed op om ons daaraan te herinner nie. Wanneer Belinda vir jou ’n boodskap van jou engele gee, is dit net om dit duideliker na jou te laat kom. Jou engele se begeleiding spreek altyd van hoop en hulle wys graag vir jou watter keuses en gesindhede vir jou ’n bestaan vol vreugde in stede van vrees kan oopmaak.
Koop My pad met engele by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Ingesluit is ’n aanlyn sessie waar die leser sy/haar engel boodskap met Belinda se hulp kan ontdek. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za


