LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Skryf in vir Mei se Lekkerlit-boekkompetisie: Deborah Steinmair se Poppekas

LAPA Uitgewers 2012-05-02 Elke maand kan een leser R1 000 kontant wen deur op LAPA se facebook-blad ’n maklike vraag oor die Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.

Lekkerlit 2012

LAPA Uitgewers 2012-04-24 10 Maande, 10 boeke. Net een boek sal wegstap met die titel: LAPA Lekkerlit-boek van die jaar.

April se LAPA Lekkerlit-boek op YouTube

LAPA Uitgewers 2012-04-24 Kyk in watter boek jy jou hierdie April kan verlekker.

Lokprent: Een stad, 3 rooikoppe, 7 dae

LAPA Uitgewers 2012-04-24 Kyk na die lokprent vir Lili en Adeline Radloff se boek Een stad, 3 rooikoppe, 7 dae 

Die kamer langsaan deur Annemari Coetser word bekendgestel

LAPA Uitgewers 2012-04-20 Die kamer langsaan deur Annemari Coetser word bekendgestel in Molenta Park.

Lapa-weggee: raak knus vir die winter wat voorlê. Wenner aangekondig!

LAPA Uitgewers 2012-04-20 Raak knus vir die winter wat voorlê met Lapa Uitgewers se warm weggeeboeke.

Bekendstelling: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae

LAPA Uitgewers 2012-04-11 Kom luister na Lili en Adeline Radloff by The Book Lounge in Kaapstad.  Die twee susters gesels oor hulle skreeusnaakse debuut Een stad, drie rooikoppe, sewe dae.

Crime scene clean-up: Someone has to do it ...

LAPA Uitgewers 2012-04-11 After the success of the Afrikaans edition, Bloedsusters, the English edition of this remarkable story, Blood Sisters, is now available in bookstores nationwide!

Diep, donker, dinamika – Tussen middernag en dagbreek is fiksie wat boei

LAPA Uitgewers 2012-04-11  Marco Verkerk is die seun van Nederlandse immigrante wat grootword op ’n plattelandse dorpie. Hy is ’n buitestander en ’n dwelmslaaf wat ten spyte van sy familie se ondersteuning telkens weer terugval en desperaat soek na verlossing.

Deborah laat die poppe dans!

LAPA Uitgewers 2012-04-02 Deborah Steinmair se jongste boek, Poppekas, sal lesers van speurverhale, liefdesverhale, misdaadrillers en wetenskapfiksie ewe veel vermaak.  Lees meer oor hierdie lekker nuwe boek.

Drie rooikoppe in Kaapstad: Hoe erg kan dinge nou verkeerd gaan?

LAPA Uitgewers 2012-04-02 As jy van Deon Meyer en Marita van der Vyver se boeke hou, dan sal jy mal wees oor Een stad, drie rooikoppe, sewe dae.  Lili en Adeline Radloff se debuut vermeng genres om jou lekker te laat lees, en nog lekkerder te laat lag

Egte Coetser-werk: ’n lewensgetroue roman oor verhoudings

LAPA Uitgewers 2012-04-02 Die kamer langsaan is die jongste roman deur Annemari Coetser, 'n spanningsverhaal wat lewensgetrou en met humor vertel word.

Trouens en terloops

LAPA Uitgewers 2012-04-02 Trouens en terloops is ’n samestelling van Valiant Swart se rubrieke wat in Baba & Kleuter, Rapport en rooi rose verskyn het. In hierdie versameling skryf Valiant met deernis oor die mense om hom.

Nuut by LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2012-02-06 Vars uit LAPA Uitgewers se drukpers.

Onthoukos deur Heleen Meyer

LAPA Uitgewers 2008-09-18 Onthoukos sal jou wys hoe om tradisionele Suid-Afrikaanse disse nes jou ma of ouma te kan maak.
Top