Trouens en terloops

  • 0

Titel:  Trouens en terloops
Skrywer: Valiant Swart
Kategorie: Niefiksie (Rubrieke)
Formaat: Sagteband; 151 x 228mm
Bladsye: 248
ISBN: 9780799351910 
Prys: R175,00  
Publikasiedatum: Maart 2012

 

Trouens en terloops is ’n samestelling van Valiant Swart se rubrieke wat in Baba & Kleuter, Rapport en rooi rose verskyn het. Valiant skryf met deernis oor die mense om hom: sy dogtertjie se grootword, sy seun se tienerjare en vriende en familie wat sy lewe raak. Vervleg deur die stories is Valiant die musikant, die mense wat hy ontmoet en dit wat hy saam met hom neem wanneer hy na sy reise terugkeer.

Valiant Swart word as een van die voorste Afrikaanse liedjieskrywers van die afgelope twintig jaar bestempel. Hy word wyd gerespekteer as liriekskrywer en het reeds meer as ’n honderd oorspronklike komposisies op CD vrygestel. In Maart 2011 verskyn sy eerste boek, Toorwoorde roep my, ’n digbundel saamgestel uit sy mees gewilde lirieke, by LAPA Uitgewers. Die boek het ook die debuutteks-prys tydens Woordfees 2011 gewen.

Van Oppikoppi tot Skouspel, by rock- en kunstefeeste en in musiekklubs en teaters landwyd het hy oor die jare ’n reputasie as eersteklas vermaakkunstenaar opgebou. Ook as akteur in Song vir Katryn, maak hy sy merk as Jinx. Met meer as drieduisend optredes op sy kerfstok, hetsy solo met kitaar en mondfluitjie in ’n intieme teateratmosfeer of op ’n groot verhoog met sy manjifieke orkes, is ’n Valiant-vertoning ’n belewenis vir enige gehoor.

Die afgelope paar jaar het hy voorts gewildheid verwerf as rubriekskrywer waarin die lief en leed van sy status as ruk-en-rol gesinsman op dikwels komiese wyse weergegee word. Ander artikels uit sy pen het al in Insig, Wegbreek en Sports Illustrated verskyn.

Trouens en terloops is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top