Lekkerlit 2012

  • 0

10 Maande, 10 boeke.  Net een boek sal wegstap met die titel:  LAPA Lekkerlit-boek van die jaar.  Vanaf 1 Februarie tot 30 November 2012 kies LAPA Uitgewers elke maand ’n Lekkerlit-boek:  ’n mengsel van spanning, romanse en avontuur. 

Elke maand kan een leser R1 000 kontant wen deur ’n maklike vraag oor die Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.  Benewens die kompetisievraag sal jy op die LAPA webwerf en die LAPA facebook-blad besprekings van die boeke, vrae vir leeskringe, onderhoude met die skrywers en ander brokkies inligting kry.  In Desember 2012, wanneer al tien boeke gelees is, stem lesers oor die beste Lekkerlit-boek van die jaar. Die prysgeld is dan ’n volle R10 000 vir die leser en die skrywer van die jaar!
Lesers kan op drie verskillende maniere vir die kompetisie inskryf en stem:

Besoek LAPA se webwerf om te sien wat die Lekkerlit-boek van die maand is.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top