Egte Coetser-werk: ’n lewensgetroue roman oor verhoudings

  • 0

Titel:  Die kamer langsaan
Skrywer: Annemari Coetser
Kategorie: Fiksie (Spanningsroman)
Formaat: Sagteband: 129 x 198 mm 
Bladsye: 256
ISBN: 9780799355208 
Prys: R170,00  
Publikasiedatum: Maart 2012

 

“Tog lees die boek maklik en dit kan lekker vakansie-ontspanning verskaf. Veral die twee hoofkarakters se menslikheid is so oortuigend en aangrypend dat die meeste lesers aanklank by hulle behoort te vind.” – Alida van der Westhuizen oor Oop Kaarte, Die Burger (2007).

Dit is egte Coetser-werk: lewensgetrou, byderwets, sinvol, humoristies en betrek veral vroue van ’n verskeidenheid ouderdomme.

Ná ’n uitval pak Donné haar tas en stuur vir haar man ’n e-pos om te sê hy moenie na haar kom soek nie. Sy huur ’n meenthuis en begin met die roman – ’n debuut, wat sy lankal wou skryf. Maar dit is ’n probleem dat so baie debuutromans eintlik maar outobiografies is. Dus skep sy ’n roman rondom die onbekende en afwesige vrou by wie sy die meenthuis huur. Gaandeweg word die verskil tussen werklikheid en fiksie ontstellend klein.

Annemari Coetser is op 29 September 1945 in Durban gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Indwe in 1962 en het ’n Laer Diploma in Biblioteekkunde by Unisa verwerf. Sy werk in Bloemfontein en woon ook in Amerika, Namibië en Pretoria. Annemari werk vir ’n lang tyd as bibliotekaresse, skryf Siembamba-stories vir die radio en publiseer ’n paar kortverhale in tydskrifte. Sy hou daarvan om te reis, foto’s te neem, te fliek en te lees. In 2006 verskyn ’n aantal van haar kortverhale, saam met dié van drie ander skrywers, in die bundel Viersprong. Annemari se roman, Oop Kaarte, was ’n finalis in die Sanlam/Insig Groot Romanwedstryd en dit is in 2007 gepubliseer. Haar tweede boek, Langverlof, het in 2008 verskyn.

Lys van publikasies

Prosa
2007 Oop Kaarte, Tafelberg
2008 Langverlof, Tafelberg
2009 Aan die windkant, Tafelberg
2010 Vlis met vlerke, Tafelberg

Bloemlesings
2006 Viersprong, Sewe Kleure Boeke
2009 Nuwe Kinderverseboek, Tafelberg

Die kamer langsaan is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top