Diep, donker, dinamika – Tussen middernag en dagbreek is fiksie wat boei

  • 0

Titel: Tussen middernag en dagbreek
Skrywer: Japie Bogaards
Uitgewer: LAPA
Prys: R180,00

Marco Verkerk is die seun van Nederlandse immigrante wat grootword op ’n plattelandse dorpie. Hy is ’n buitestander en ’n dwelmslaaf wat ten spyte van sy familie se ondersteuning telkens weer terugval en desperaat soek na verlossing.

Hottie kom na jare uit die tronk vir sy aandeel in ’n gewapende roof. Hy dra ’n pynlike ervarings van van diskriminasie en onreg teen hom saam.

Sam, Hottie se beskermengel in die tronk, het die doodstraf gekry ná ’n plaasmoord. Hy word op parool vrygelaat. Wraak en haat is die adrenalien waarop Sam leef.

In een verskriklike nag verstrengel hierdie lewens in ’n orgie van bloed en geweld – ’n nag van katarsis vir Sam, Hottie én Marco.

Tussen middernag en dagbreek is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top