LAPA Uitgewers

LAPA is daarop gerig om in die leesbehoeftes van die Afrikaanse gesin te voorsien. Kwaliteit, waarde vir geld en verskeidenheid is vir ons ononderhandelbaar.
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op opwindende kinder- en jeugboeke wat Afrikaanssprekende kinders lief maak vir lees.
LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van Afrikaanssprekende volwassenes:
· Fiksie wat die hele spektrum - van ontspanning tot letterkunde - dek
· Nie-fiksie oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe
· Kook-, handwerk- en doen-dit-selfboeke
LAPA se Romanza-klub is geskep om opwindende, bekostigbare liefdesverhale aan ons lesers te bied. Daar verskyn maandeliks vier boeke in die Romanza-reeks sowel as liefdesromans deur Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse skrywers.
Ons publiseer ook kwartaalliks ’n bestelgids, lapaboeke. Dit bevat al ons nuutste boeke, artikels, onderhoude met skrywers en handige kieslyste. Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.
Boeke wat by LAPA bestel word, word gratis verpak en na jou gestuur. Vind meer uit oor die versending van LAPA-boeke.
Bestel jou boeke per foon 012 401 0700.
LAPA se boeke is ook beskikbaar by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land.
*LAPA vertaal soms op aanvraag Afrikaanse boeke na Engels en ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers: Mei 2014

LAPA Uitgewers 2014-05-12 Misdaadfiksie, romanses, kinder- en handwerkboeke. LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Mei.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers: April 2014

LAPA Uitgewers 2014-04-01 Misdaadfiksie, romanses, kinder- en handwerkboeke. LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Paastyd.

Using the Pen for Justice: How writers transform society

LAPA Uitgewers 2014-03-25 "On Saturday 29 March, journalist and radio personality Nancy Richards will be in conversation with four authors around the theme 'using the pen for justice, how writers transform society'."

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers hierdie Maart

LAPA Uitgewers 2014-02-28 Kyk na LAPA Uitgewers se opwindende aanbieding van nuwe boeke vandeesmaand.

Toegepaste seerowers: LAPA Uitgewers se nuwe interaktiewe storie-app

LAPA Uitgewers 2014-02-07 Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Maar toe iets op die dek van haar pa se skip erger as die asem van ’n hamerkophaai begin ruik, vermoed Sanmarie daar is dalk één ding wat haar seerower-pa en sy dapper bemanning hoendervleis gee ...

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers hierdie Februarie

LAPA Uitgewers 2014-02-05 Kyk na LAPA Uitgewers se opwindende aanbieding van nuwe boeke vandeesmaand.

Nuwe kinderboeke by LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2013-11-14 Lees nog oor hierdie splinternuwe kinderboeke by LAPA Uitgewers: Meneer Monster, Onverklaarbaar, Ek + jy en Ons kan!.

Spoorvat-boekbekendstelling by Protea Boekwinkel, Pretoria

LAPA Uitgewers 2013-11-06 LAPA Uitgewers nooi jou na die boekbekendstelling van Spoorvat – jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers, saamgestel deur Riana Scheepers en Leti Kleyn. Die bekendstelling vind plaas op Saterdag 16 November 2013 om 10:30 vir 11:00 by Protea Boekwinkel, Hatfield.

Tolbos deur Irma Joubert: Inligting en boektoer

LAPA Uitgewers 2013-10-30 Kom ontmoet vir Irma Joubert. Sy toer deur vyf provinsies met Tolbos.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers hierdie Oktober

LAPA Uitgewers 2013-10-23 Kyk na LAPA Uitgewers se opwindende aanbieding van nuwe boeke.

Boekbekendstellings by die Tulbagh Lentefees

LAPA Uitgewers 2013-09-02 LAPA Uitgewers en die Tulbagh Lentefees nooi jou na drie boekbekendstellings op 7 September 2013.

Uitnodiging na boekpraatjie by SASNEV, Pinelands

LAPA Uitgewers 2013-08-20 Hiermee 'n uitnodiging na 'n praatjie deur Sophia Kapp: Dinsdag 27 Augustus 2013.

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2013-07-17 Kyk na LAPA Uitgewers se opwindende aanbieding van nuwe boeke.
Top