|
Iewers vlieg daar fairy dust Elmien woon in ’n “wit” plakkerskamp. Elmien droom daarvan om eendag ná skool medies te studeer, daarom hou sy ’n gehawende ou dokterstas onder haar bed en werk sy in haar vrye tyd in die videowinkel. Die probleem is: Mense in plakkerskampe word nie dokters nie – dit maak nie saak hoe goed jou punte is nie. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. Jy kan hóé hard probeer, as jou familie meer belangstel in kitsbevrediging as in langtermynplanne, moet jy daardie paadjie op jou eie loop. Dít is hel. Tog is daar een ander seun wat in die stilligheid ook droom: Hy wil ’n argitek word, al het hy ook in die plakkerskamp beland... Op ’n uiters vermaaklike wyse neem Marisa Haasbroek die leser deur die frustrasies van arm wees. In Suid-Afrika is daar al baie jare lank plakkerskampe, maar die onstaan van enorme wit krotbuurte, of gemengde krotbuurte, is relatief nuut. Elmien baklei hard teen die oormag, maar uiteindelik besef sy: die realiteit is bitter. Baie, baie bitter. Sy is ’n tiener wat verlief kan word én drome het oor haar toekoms. Die feit dat haar drome harder praat as haar soeke na korttermynbevrediging, bring haar egter in botsing met diegene wat nie kan verstaan dat daar iets is soos die uitstel van begeertes nie – en heelparty van “diegene” woon saam met haar in ’n Wendyhuis... Aspoestertjie Oorgangsliteratuur Navorsing Klik hier en koop jou eksemplaar van Iewers vlieg daar fairy dust einde nou van Kalahari.com!
|
|
|
Die dertiende kaart Belia Bell is ’n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om ’n reeksmoordenaar vas te trek. Die boosdoener is ’n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie. Die moordenaar se slagoffers hoop teen ’n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om ’n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met ’n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander? Wanneer mense in die binnekring van Belia se lewe vermoor word, verander dit in ’n intens persoonlike stryd. Haar uiteindelike oorwinning is galbitter. Chanette Paul, LAPA se manuskripontwikkelaar, sê van Madelein Rust: “Sometimes I soooo love my job. Staan eenkant toe Kathy Reichs, hier kom Madelein Rust.” Dit is Rust se debuutroman.
|
|
![]() |
Quick and Tasty 1: Mince dishes Delicious family meals in a jiffy! Grab the minced meat, cook up a storm and wait for the family asking for more. The ingredients are readily available at most supermarkets.
|
![]() |
Quick and Tasty 1: Chicken dishes Chicken need not be dull. This book contains easy dishes with tasty results. Discover trendy combinations and interesting flavours that soon your family will be new favourites. |
![]() |
Quick and Tasty 1: Mouth - watering Stews With winter imminent, there are few dishes that warm one like a delicious stew. With this book you will learn quick new ways to deal with everyday foods and spices – and to make delicious products. |
![]() |
Quick and Tasty 1: Hearty Soup There are few things better than a hot soup on a cold night. Without much effort, this book shows you how to turn ordinary foods into delicious soups. What’s more, the ingredients are probably already in your cupboard, or they will definitely be at most supermarkets. |
![]() |
Quick and Tasty 1: Bread Bread is a king, especially when fresh and warm from the oven. Delicious! With this book you will learn how to make some interesting loaves with everyday ingredients.
|
![]() |
Quick and Tasty 1: Chocolate recipes In South America chocolate was known as a dish fit for the gods. Fortunately people now have access to it as well. This book will make your family will drooling for your next delicacy.
|
![]() |
Agter+Blad Niël Stemmet se agter+blad is meer as ’n kook+boek, dit is ook ’n storie+boek, ’n foto+boek, ’n onthou+boek, ’n erfenis+boek. Dit is volkeur, want Niël wou ánders wees as die onderwysers op skool: “My kop wou kleur in alles lees, maar in die oë van die onderwysers was alles of wit of swart, en basta met die res.” Daarom is Niël ook lief vir lappieskomberse: “Laslappiekomberse vertel stories. Elkeen wat ek het, vertel ’n ander storie.” In agter+blad sit Niël Stemmet nie net die segetog voort wat hy met sy debuut, sout+peper, behaal het nie, hy vul ook hierdie lappieskombers van stories aan met briewe van geïnspireerde lesers. Eenvoud is belangrik vir Niël. Dit moet ’n lewenswyse word. Terug na die dae voor onnodige byvoegings, hou kos suiwer, behou die smaak van die oorspronklike resep. Skaapboud of asbrood? Maak weer eenvoudige kos; soos in die verlede. Neil Stemmet is ’n storieverteller. Hy het aan die voete van sy oupa geleer van stories. Sy passie in die lewe is erfeniskos en dat die stories oor onthou+kos vertél moet word. Omdat ons almal heengaan, is stories die enigste wat oorbly in die wêreld. Gevra oor sy filosofie, sê hy dit gaan uiteindelik oor tydloosheid. Die toekoms lê in die verlede. Linda Roos het baie moeite gedoen om Niël te ver+taal, en daarom is die boek ook beskikbaar in Engels as back+page.
|
|
Hekel saam met Vrouekeur: Bykomstighede Bekostigbaar en toeganklik – 10 patrone om jou lewe op te vrolik. Al die items is met Saprotex-draad gehekel wat geredelik beskikbaar is.
|
|
![]() |
Hekel saam met Vrouekeur: Huis en Dekor Maak jou eie dekor – hier is tien patrone vir jou huis wat jy met Saprotex-draad kan hekel.
|
|
Hekel saam met Vrouekeur: Vir Meisies Ma! Ek kan nie soos al die ander lyk nie! Wel, hier is tien patrone met Saprotex-draad waarmee jy vir ’n meisiekind ’n unieke uitrusting kan saamstel.
|
|
|
Hekel saam met Vrouekeur: Komberse Dis winter. Hier is tien patrone om jou en die mense om warm te hou! Alles met Saprotex-draad sodat jy dit maklik kan hekel. Klik hier en koop jou eksemplaar van Hekel saam met Vrouekeur: Komberse einde nou van Kalahari.com!
|
|
|
Hekel saam met Vrouekeur: Vir Vroue Moenie dat die resessie jou klerekas knou nie. Hier is tien patrone vir Saprotex-draad waarmee jy jouself kan handhaaf – en skalks kan noem dis handgemaak! Klik hier en koop jou eksemplaar van Hekel saam met Vrouekeur: Vir Vroue einde nou van Kalahari.com!
|
|
|
Holderstebolder: rympies vir rakkers Hierdie bekoorlike rympiebundel is propvol lawwe, lawaaierige versies en avontuurbelaaide aksierympies; daar is versies vir dagdroom en rympies vir slaaptyd. Dit is perfek vir hardop voorlees en ure se rymende volkleurpret.
|
|
|
Haar stoute skoene Vicky is getroud, moet sy hoor, met ’n man waarvan sy nog nooit gehoor het nie. En toe sy uiteindelik haar vryheid terugkry, is dit die laaste ding wat sy wil hê. Klik hier en koop jou eksemplaar van Haar stoute skoene einde nou van Kalahari.com!
|
|
|
Liefde in ink Hoe verlief Sanet ook al op hom is, hy is ’n halwe dominee en sy ’n tatoeëerkunstenaar. Boonop het hy ’n rebelse tienerdogter. Of kan liefde soos dié tog ’n gapende afgrond oorbrug? Klik hier en koop jou eksemplaar van Liefde in ink einde nou van Kalahari.com!
|
|
|
Tropiese liefde Linda se nuwe plaasbestuurder is toe nie die vreemdeling waarvoor sy hom aangesien het nie. Hy dra kennis van haar verlede en hy hou dit teen haar, al verloor sy haar hart op hom. Klik hier en koop jou eksemplaar van Tropiese liefde einde nou van Kalahari.com!
|
|
|
Amper perfek Anabel staan ná jare weer voor haar groot en enigste liefde. Niks het in haar hart verander nie. Ook nie die “vriendin” wat nog altyd tussen haar en hom gestaan het nie. Klik hier en koop jou eksemplaar van Amper perfek einde nou van Kalahari.com!
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.




















