Nuwe boeke by LAPA Uitgewers hierdie Februarie

  • 0

Klik bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


In die kollig: Speeltekste vir dramaleerders
Lizz Meiring
ISBN: 9780799363135
Prys: R119.95

“Wat kan my kind hierdie jaar by die eisteddfod voordra?” Elke jaar krap onderwysers, ouers en drama-afrigters kop oor hierdie vraag. Die veteraanaktrise Lizz Meiring se nuwe bundel met 33 verhoogtekste is die oplossing! In hierdie versameling het Lizz ’n verskeidenheid tekste van verskillende skrywers bymekaargemaak – almal gereed om opgevoer te word.

As jy op soek is na ’n nommerpasteks om by die eisteddfod voor te dra, ’n stuk om vir jou volgende dramaklas voor te berei, of jou eie prettige eenmanvertoning of toneelstuk op die planke wil bring, is hierdie die perfekte boek vir jou!

Die opwindende verskeidenheid tekste in hierdie bundel maak voorsiening vir spelers met verskillende ervaringsvlakke – van haasbek-beginners tot gesoute akteurs en aktrises. Daar is skreeusnaakse én ernstige tekste, en jy kan kies uit monoloë, dialoë en tekste vir meer as een speler.

Skrywers wie se werk in die bundel opgeneem is, sluit onder meer in Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, François Bloemhof, Franci Greyling, Christie Nortjé en Licia Erasmus. Geskik vir die klaskamer, eisteddfods, dramaklasse en skoolopvoerings. Geen soortgelyke bundel is in die algemene handel beskikbaar waarvan bewus is nie.

 

Slym en die towertapyt
Fanie Viljoen
ISBN: 9780799362626
Prys: R89.95

Slym die wurm en sy paddavriend, Paddavoet, is in die moeilikheid omdat hulle in juffrou Plat Anna se klas gelag het. As straf moet hulle die hele klas én die stoorkamer skoonmaak. Maar in die stowwerige stoorkamer ontdek hulle iets ongelooflik – ’n towertapyt waarop jy soos blits deur die lug kan skiet. Dis vet pret!

Daardie aand toe Slym in sy bed lê, kry hy ’n blink plan. Sal die towertapyt hom kan help om weer sy ma en pa te sien?

Slym vertrek op ’n betowerende avontuur om sy ouers te soek. Maar beteken dit dat hy nooit weer sy paddavriende gaan sien nie?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Slym en die towertapyt nou van Kalahari.com!

Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies
Jaco Jacobs
ISBN:
 9780799363043
Prys: R69.95

Zackie en Vincent het DRINGEND geld nodig. Anders gaan hulle die opening van die FANTASTIESE nuwe PRETPARK misloop. Daarom maak hulle ’n plan om HOPE geld te maak. Zackie besluit om koekies te bak en by die skool te verkoop. Maar ongelukkig is daar ’n vlieg in die salf ... oftewel ’n SAPPIGE, WRIEMELENDE wurm in die koekiedeeg! EKSTRA! Bak jou eie grillerige goggakoekies! Resepte agterin die boek!

Klik hier en koop jou eksemplaar van Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies nou van Kalahari.com!

Thomas@vrees.net
Carina Diedericks-Hugo
ISBN:
 9780799362831
Prys: R100.00

Nadat Thomas laat een aand ’n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Thomas@vrees.net nou van Kalahari.com!

Ons kan!
Martie Preller
ISBN:
 9780799362800
Prys: R90.00

In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ’n dag ’n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ’n reuse-stootskraper. Soos ’n kwaai bul loop die stootskraper ’n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig ’n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!

Nog ’n heerlike Babalela-avontuur – met ’n belangrike boodskap oor natuurbewaring en die krag van vriende wat saamspan!

Klik hier en koop jou eksemplaar van Ons kan! nou van Kalahari.com!

 

Field Guide to the Spiders of South Africa
Ansie Dippenaar-Schoeman
ISBN: 9780799360189
Prys: R350.00

This is the first-ever field guide to provide information on a vast spectrum of spider species based on their morphology, behaviour and distribution. It’s the first book to introduce all 70 South African spider families including 370 major genera and more than 860 of the more common species. It includes illustrations of all of the families, genera and species as well as more than 2 000 colour photographs and 843 maps.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Field Guide to the Spiders of South Africa nou van Kalahari.com!

 


Als oor kop
Bernette Bergenthuin
ISBN: 9780799361537
Prys: R194.95

Die een oomblik kyk die wêreld nog met heldeverering na die blinkleer­punte van CC Veldsman se Christian Louboutins, die volgende oomblik wonder sy of daar ’n mark vir daardie einste skoene op die internet is.

Bo wink die liggies van Kaapstad, die polsende stad wieg op maat van haar ritme. Selfs haar kêrel is die volledige pakket, maar die aarde kom stadig nader: Die resessie maak van haar ontwerpe ou, duur nuus. Onder besef sy haar kêrel het voete van klei en kniëe wat wankel. Prince Albert is dalk die plek waar sy mens geword het, maar sy kan nie eintlik terug nie. Terug is nooit ’n opsie nie. Behalwe as terug die enigste opsie is.

Haar pa se dood ruk CC tot stilstand. Sy testament skud haar fondamente. Dít terwyl haar modehuis besig is om bankrot te speel en die Kaap kwalik ’n toevlugsoord bied. Haar keuses? Skud finaal die Karoostof van haar Louboutins af en vergeet van die hele ou spul.

Als oor kop is die verhaal van ’n jong vrou met ’n ou siel wat gedwing word om eers op haar spore terug te stap na die kern van haar menswees, ook van haar vrouwees.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Als oor kop nou van Kalahari.com!

 


Ek het gemartel
Elaine Bing
ISBN: 9780799360141
Prys: R190.00

Hierdie boek, gebaseer op die outeur se doktorale tesis, is ongewoon en nog nooit voorheen gedokumenteer. Drie polisiemanne vertel met afgryse wat hulle gedurende die apartheidsjare gedoen het. Hulle probeer nie om hul skuld aan die gebeure te ontken nie en het ook 'n reuse-risiko geloop deur hul stories te vertel.

Hulle verduidelik hoe hulle betrokke geraak het, wat hulle gedoen het, die effek wat dit op hulle gehad het, en watter aanpassings hulle moes maak nadat hulle opgehou het om mense te martel. Die boek bied ook agtergrondinligting oor posttraumatiese versteurings waaraan hierdie mans ly asook die politieke omgewing waarin die polisie van die apartheidsera gewerk het.

Die boek is ook in Engels beskikbaar as Unmaking the torturer.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Ek het gemartel nou van Kalahari.com!

 

Ek's g'n slams
Fatima Osman
ISBN: 9780799356496
Prys: R190.00

Ek’s g’n Slams is die verhaal van ’n gewone Suid-Afrikaanse vrou: haar kinderjare, haar huwelik, die aanvaarding van ’n geloofsgemeenskap en kultuur waarin sy grootgeword het en haar uitdaging om depressie te oorwin. In Fatima se hande is niks egter gewoon nie. Van haar uitsonderlike gebruik van Afrikaans soos gepraat in Distrik Ses tot die evangeliese in die wegneembesigheid se kombuis, word hierdie die unieke verhaal van ’n baie besonderse vrou.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Ek's g'n slams nou van Kalahari.com!

Uitgemaakte saak
Dina Botha
ISBN:
 9780799364200
Prys: R69.99

’n Vreemde man bied finansiële hulp aan vir Christien se maatskappy wat in finansiële verknorsing beland het. Sy voorwaarde is egter dat sy met hom trou as sy nie binne drie maande die bedrag kan terugbetaal nie.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Uitgemaakte saak nou van Kalahari.com!

Kaalvoet ballerina
Joléne de Koningh
ISBN:
 9780799364217
Prys: R69.99

Biga het nou wel gestruikel en reg voor die man se voete neergeslaan, maar dit beteken nie sy gaan met hart en al in sy skoot val nie. Hy leef buitendien in ’n ander wêreld as sy.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kaalvoet ballerina nou van Kalahari.com!

Leer my liefhê
Didi Potgieter
ISBN:
 9780799364224
Prys: R69.99

Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe ’n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Leer my liefhê nou van Kalahari.com!

 

Gelukkige einde
Frenette van Wyk
ISBN:
 9780799364231
Prys: R69.99

Olinka bevind haar nie op hierdie bootreis vir ’n vakansie nie; sy is op ’n speurtog. Maar ’n besprekingsfout maak dat sy haar kajuit met ’n man moet deel, een wat sy net sal moet weerstaan.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Gelukkige einde nou van Kalahari.com!

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top