Eendagmooi deur Kristel Loots

  • 0

 


Titel:
 Eendagmooi
Skrywer: Kristel Loots
Kategorie: Romantiese komedie
Formaat: Sagteband: 129 x 198mm  
ISBN: 9780799355376

Eendagmooi is Kristel op haar beste. Die humor is vars, skerpsinnig en hedendaags, die karakters deurleef en geskakeerd en die leser kan nie onbetrokke bly nie. Van skaterlag tot die stille wegpink van ’n traan – dis alles daar. En die sensualiteit sal ’n bus se vensters toewasem. Kristel is soos goeie rooiwyn, sy raak net al beter.” – Chanette Paul.
 
Janeke loop die ou, ou pad van ’n vrou wat gevaar staan om haar man te verloor. ’n Baie moeilike tiener en die feit dat Janeke weer ’n baba verwag maak niks makliker nie. Ook nie die feit dat sy nie seker is hoekom haar man haar wil verlaat nie. En toe sy uiteindelik agter die kap van die byl kom, is sy nie meer so seker sy wou regtig weet nie. Op die lange duur, vrees sy, gaan sy veel meer as haar man verloor. Min dinge word haar gespaar en daar word meer as redelikheid van haar verwag.

Maar uit hierdie verbryseling staan Janeke op – in ’n helderoranje rok en blou skoene, ja – en sy is bevry van ’n verlange wat haar sestien jaar geteister het. ’n Genadige sin vir humor sleep haar deur van die moeilikste oomblikke. En haar verhaal verloop net so heel anders as dié van die meeste vroue in haar situasie. Sy wen meer as wat sy verwag of ooit oor durf droom het.

Koop Eendagmooi by Kalahari.com of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek hul webblad: www.lapa.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top