2013 Feesprogram: LAPA Uitgewers

  • 0

Land van die groot woordfabriek

Aangebied deur LAPA en Protea Boekhuis

Met Daniel Hugo, Jaco Jacobs, Miemie du Plessis, Nicol Stassen en Danie Marais. 

Is dit regtig nodig om oorsese kinderboeke in Afrikaans te vertaal? Wat van plaaslike skrywers? Wie besluit wat word vertaal? Watter uitdagings bied ’n kinder- of jeugboek aan vertalers? Luister wat sê dié kundige rolspelers.

8 Maart 15:00 | Erfurthuis | 50min | R50

Die Hoofkarakter-soektog

Aangebied deur LAPA

Wat gebeur as lesers die kans kry om die hoofkarakter in ’n nuwe spanningsroman te wees? Leon van Nierop en hoofkarakter Monique Bisschoff verskaf terugvoering oor die LAPA Hoofkarakter-soektog – ’n opwindende, Pendoring-bekroonde leserskompetisie wat op Facebook aangebied is. Leon se Snydokter is die eindproduk daarvan.

9 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R30 by die deur

Die vloek

Aangebied deur LAPA

Die vloek – sondes van die vaders van Johan Kruger was op die kortlys van die 2010/2011 LAPA Romankompetisie. Riana Scheepers beskryf dit as ’n "verbysterende roman (...) wat een keer in ’n dekade homself aanmeld. Groots, ambisieus, geskakeerd en aangrypend". Joernalis Jan-Jan Joubert stel die skrywer voor en gesels met hom.

9 Maart 13:00 | Erfurthuis | 50min | R30 by die deur

WOW Skrywersfees

Moontlik gemaak deur LAPA Uitgewers

Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW leeskringe by 10 skole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.


Billike boeke

Lekkerlees LAPA-boeke teen billike pryse by die WOW Skrywersfees! Bring ? geldjie saam en belê in lees: jou belangrikste belegging ooit. Boekpryse van so laag as R20, tot R200.
4-7 Maart 09:30-11:30 | Van der Stel-saal

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top