
Die LAPA Lekkerlit-kompetisie het in Februarie 2012 afgeskop en verlede jaar in November. Die 10 maande was gevul met LAPA se lekker-leesboeke; ’n mengsel van spanning, romanse en avontuur. Elke maand het een gelukkige leser R1000 kontant gewen. Besprekingsvrae oor al die boeke is ook op www.lapa.co.za beskikbaar.
Lesers kon toe gedurende 1-14 Desember 2012 om vir hulle gunsteling Lekkerlit-boek stem, en kon sodoende in aanmerking kom om R10 000 kontant te wen! Die skrywer van die wenboek wen ook R10 000 kontant.
LAPA het pas aangekondig dat die Lekkerlit-boek van 2012 Maanschijnbaai: Jo & Sue deur Chanette Paul is. Een stad, drie rooikoppe, sewe dae en Lam in wolfsklere is gesamentlik in die tweede plek. Die gelukkig leser wat die R10 000 kontantprys wen sal binnekort aangekondig word.
Klik hier om ’n onderhoud met Chanette Paul oor haar Maanschijnbaai-tweeluik op LitNet te lees.

