Nuwe boeke by LAPA Uitgewers

  • 0

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Ou bloed
Peet Venter
ISBN: 9780799361292
Prys: R195

Twee pedofiele word wreedaardig vermoor. Dan kom ’n onskuldige meisie in ’n sindikaat se visier. Thys Krige is speurder wat sake moet oplos. Krige is ’n uitstekende speurder. Hy skuur skouers met die groot manne in Suid-Afrikaanse misdaadfiksie.
Venter sleep jou onmiddellik in die storie in. Hier is min woorde en harde speurwerk. Puik.

Ou bloed volg Venter se vorige roman, Dieper as die bloed, op.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Ou bloed nou van Kalahari.com!


Siende Blind
Chanette Paul
ISBN: 9780799363364
Prys: R215

Cara ontsnap aan haar heb- en magsugtige familie romanses onder ’n skuilnaam te skryf. Sy word uiters suksesvol en skryf daarna ’n puik familiedrama. Dit word ’n blitsverkoper. Uiteindelik kan sy haar rug keer op die familie wat haar so treiter, maar net tot iemand haar skrywersidentiteit deur middel van kuberkrakery steel en sy nie kan bewys sy is die ware skrywer nie.

Dit is ook nie al nie: Sy verloor eers haar man en haar pa; uiteindelik besef sy: haar eie lewe is in gevaar.

Ilse Salzwedel sê oor hierdie teks: “Siende Blind is myns insiens een van die lekkerste ontspanningsverhale wat ek in die laaste paar jaar in Afrikaans gelees het.”

Klik hier en koop jou eksemplaar van Siende Blind nou van Lapa.co.za!

Veronica: Die kleur van liefde
Alita Steenkamp
ISBN: 9780799360103
Prys: R185

Twee mense raak verlief op mekaar, maar dis ’n verbode liefde, want in die sestigerjare is Suid-Afrika vasgevang in die knelgreep van Apartheid. Veronica: Die kleur van liefde  is die ware storie van Selinah Phaswane en Paul Mills se baba.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Veronica: Die kleur van liefde nou van Kalahari.com!

Laslap en kwilt: inspirasies uit die verlede
Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde
ISBN: 9780799356663
Prys: R180

Hierdie boek bring hulde aan die Suid-Afrikaanse kwiltgeskiedenis en die top kwilters in Suid-Afrika. In Suid-Afrika is kwiltwerk nie so deel van ons kultuurgeskiedenis soos wat dit byvoorbeeld in Amerika of Engeland is nie, maar, dat dit ryk is, is nie te betwyfel nie. Die witgestyfde en gekwilte kappies wat vrouens tydens die pioniersdae in Suid-Afrika gedra het, vorm inderdaad een van die hoogtepunte van volkskuns in ons land. Een van die oudste laslapdekens dateer uit die jare 1805 tot 1806 en is in die Drostdy Museum in Swellendam te sien.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Laslap en kwilt: inspirasies uit die verlede nou van Kalahari.com!

Mal oor mosaïek
Karen Adendorff
ISBN: 9780799349726
Prys: R145

Mal oor mosaïek fokus op vinnige, klein projekte waarvan sommige binne 'n paar uur voltooi kan word. Die projekte het duidelike stap-vir-stap-aanwysings en foto’s en sluit onder meer 'n teepot, notabord, melkkan, driedimensionele toneel, spieëlhart, smalti-kat en selfs hoëhak-skoene in.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Mal oor mosaïek nou van Kalahari.com!

Onder water
Martie Preller
ISBN: 9780799361100
Prys: R110

Verandering is goed vir ’n mens. Of so sê almal. Maar vir Christien voel dit of haar lewe té veel verander het. Sy het haar hare laat afsny, haar hond, Brutus, is dood, haar pa en ma tree die baie vreemd op en haar beste vriendin, Emily, het skielik net oë vir haar nuwe kêrel.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Onder water nou van Kalahari.com!

Suid-Afrikaanse helde en ikone
Wendy Maartens
ISBN: 9780799360042
Prys: R160

Ontmoet van die dapperste mense (en diere) in Suid-Afrika se geskiedenis: Wolraad Woltemade, generaal Koos de la Rey, Wolllie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, die siek seuntjie Nkosi Johnson, en Nelson Mandela wat 27 jaar in die tronk was sodat sy land se mense vry kon wees. ’n Moet vir elke huis!

Klik hier en koop jou eksemplaar van Suid-Afrikaanse helde en ikone nou van Kalahari.com!

Spring
Fanie Viljoen
ISBN: 9780799360004
Prys: R100

Rudi en Steven maak ’n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ’n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs ’n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. En dan loop dinge skeef.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Spring nou van Kalahari.com!

Oe la la, Lulu
Fanie Viljoen
ISBN: 9780799360011
Prys: R90

Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil ’n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!

Maar die tweeling Alex en Alet voel vere vir Lulu se ontwerpe en haar groot toekomsdrome. Hulle spot net met haar en laat haar gedurig in die moeilikheid beland. Asof dit nie genoeg is nie, gryp ’n brak een middag ná skool Lulu se kosbare sketsboek en hardloop daarmee weg. Dit is egter net die begin van ’n holderstebolder-avontuur met ’n hondetrourok, ’n beroemde aktrise en meters en meters van die allermooiste materiaal!

Klik hier en koop jou eksemplaar van Oe la la, Lulu nou van Kalahari.com!

My hart as pand
Magdaleen Walters
ISBN: 9780799361308
Prys: R69.99

Isabella koester ’n geheime liefde vir haar baas en skryf lang liefdesgedigte, wat hy gelukkig nooit sal sien nie. Maar wat gebeur as mens afgedank word? En dit terwyl jou hart steeds aan hom behoort?

Klik hier en koop jou eksemplaar van My hart as pand nou van Kalahari.com!

 

Raaiselvrou
Annetjie van Tonder
ISBN:  9780799361322
Prys: R69.99

Emma verloor haar hart op ’n gasteplaaseienaar wat versot is op sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Sy is glad nie ’n dieremens nie. Maar die eienaar het die sagste bruin oë ...

Klik hier en koop Raaiselvrou nou van Kalahari.com!

 

Die seewind sing liefde
Elsa Drotsky
ISBN: 9780799361339
Prys: R69.99

Esmien bevind haar aan boord van die Ocean Dreamer wat noordwaarts seil. En die eerste offisier is nie ’n onbekende vir haar nie. Maar hy kom uit die tradisie waar vroue vir mans gekies word.

Klik hier en koop Die seewind sing liefde nou by Kalahari.com!

 

Soleil en die sakeman
Marijke Greeff
ISBN: 9780799361315
Prys: R69.99

Soleil is agtien toe sy ’n hartstogtelike nag saam met Jason beleef. Toe verdwyn hy. Nugter weet waarheen. Twaalf jaar later keer hy terug. Maar hy het ’n berekende sakeman geword.

Klik hier en koop Soleil en die sakeman nou van Kalahari.com!

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top