Nuwe boeke by LAPA Uitgewers: Junie 2014

  • 0

Waar boosheid broei !
Outeur: Peet Venter
Prys: R214,95
ISBN-nommer: 978-0-79936-849-9

Thys Krige is terug. Dié keer sprei Krige sy vlerke oor die landsgrense heen. In Waar boosheid broei aanvaar hy ’n opdrag om die aanhouding van ’n joernalis, Henk Human, wat intussen vrygelaat is, in Zimbabwe te ondersoek.

Krige kom op ’n video af wat Henk Human gemaak het van ’n menseslagting waarby Suid-Afrikaners betrokke was en volg die spoor terug na Suid-Afrika toe. Wanneer Human weer verdwyn, besluit Krige om met Misdaadintelligensie saam te werk.

Krige is ook bekommerd oor die reeks artikels wat Robyn Arendse oor kindersmokkelary skryf en waarsku haar dat haar veiligheid in gedrang mag wees. Dit plaas ’n stremming op hul verhouding. Skielik word sy uit ander oorde gedreig om op te hou skryf aan dié artikels. ’n Twitter-kennis van Robyn, Hugo Mentz, bied sy ondersteuning aan met haar artikels, asook om haar beskerming te bied. Sy gaan saam met hom na sy plaas in die Waterberg.

Krige begin ’n organisasie oopkrap wat betrokke was by die slagting in Zimbabwe en by Human se ontvoering en aanhouding.

Robyn kom onder die invloed van Mentz se dinamiese persoonlikheid en raak intiem met hom. Sy besef eers dat sy eintlik in ’n lokval gelei is, toe sy Human in ’n sel op die plaas sien. Sy stuur ’n noodroep per e-pos vir Krige. Hy volg die spoor, en in die skietgeveg wat volg, word Robyn raakgeskiet.

Waar boosheid broei is deel van ’n trilogie waarvan Dieper as die bloed en Ou Bloed die eerste twee boeke was.

Ou bloed, die vorige roman waarin Thys skurke gejag het, was in 2013-boekjaar 12 keer op Nielsen se topverkoperlys.

Kyk wat op LitNet staan: “Baie mense haak vas by beskrywings en morele vraagstukke en lewenslesse. Peet Venter donder voort, hy boender jou in die storie in en hy sleep jou saam op ’n mallemeulereis deur sy storie. Kyk mooi: Jy sien die hele tyd die gebeure. Dit voel of jy na ’n film kyk.”

Klik hier en koop jou eksemplaar van Waar boosheid broei nou van Kalahari.com!

 


Blou trane
Outeur: Daniella Day
Prys: R189.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6819-2

Amper almal wat al ooit in rehab was, het al ’n boek geskryf. Dis immers deel van die terapie.

Blou trane is anders. Daniella Day het besef dat sy gelukkig was om redelik ongeskonde uit haar dwelmtog te kom; nie almal kan dieselfde sê nie. Die probleem is dat diegene wat erger goed beleef as Daniella, dikwels nie meer die vermoë het om daaroor te skryf nie.

So, toe Daniella die dag met ’n gerf aantekeninge oor alles wat sy gesien en gehoor het uit ’n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes kom, het sy besluit om dokumentêre fiksie te skryf.

Dié boek is nie vir sissies nie. Daar is kru taal en harde tonele in die teks. Saam met die hoofkarakter, Lisa, ervaar die die leser ’n draaikolk van verslawing, dwelmsmouse, moord, prostitusie en agterstraataborsies.

Daniella het besef sy staan voor ’n kruispad toe sy sien wat om haar gebeur. Sy sê in die voorwoord: “Ek het permanent met ’n notaboek rondgeloop, want waaraan ék verslaaf is, is skryf.”

Die leser kan bly wees. Blou trane is ’n aangrypende, ontstellende boek van iemand wat dwelms kon afskud, maar nie die kompulsie om te skryf nie.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Blou trane nou van Kalahari.com!

 


Nova 5: Eindspel
Outeur: Fanie Viljoen
Prys: R119.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6661-7

Ruimtewesens, ’n weermagkamp iewers in die hartjie van Suid-Afrika en hope geheime het van die eerste vier boeke in die reeks blitsverkopers gemaak.

In die vyfde en laatste boek, Nova 5: Eindspel, keer Lucas Niemand keer terug na Nova, maar dan kom die skok: Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie. Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef...?

Om die verskyning van die laaste naelbyt-avontuur in Fanie Viljoen se Nova-wetenskapfiksiereeks te vier, het die gewilde groep Glaskas pas ’n liedjie getiteld “Nova” vrygestel. Die video vir Nova: Eindspel is hier te sien: http://youtu.be/QACtRbU_8gU

Die ander boeke in die reeks is:
Nova: Die begin (ISBN-nommer: 9780799349801)
Nova: Bloedbroers (ISBN-nommer: 9780799354904)
Nova: Sterreloper (ISBN-nommer: 9780799361124)
Nova: Vuurdoop (ISBN-nommer: 9780799349740)

Klik hier en koop jou eksemplaar van Nova 5: Eindspel nou van Kalahari.com!

 


My liggaam
Prys: R99.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6640-2

Ontdek wat jou sintuie doen, hoe jou spiere werk en waarom jy soms duiselig word! Loer binne-in jou brein, kyk hoe die hart bloed deur die liggaam pomp, en vind uit hoe vinnig vingernaels groei. Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.

Klik hier en koop jou eksemplaar van My liggaam nou van Kalahari.com!


Motors
Prys: R99.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6642-6

Hoe vinnig ry die blitsigste motor ter wêreld? Hoe groot is ’n monsterbakkie se bande? Perfek vir jong lesers wat mal is oor motors en enige iets met wiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Motors nou van Kalahari.com!


Perde en Ponies
Prys: R99.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6643-3

’n Wenkombinasie van inligting oor perdry en die versorging van perde, tesame met fassinerende feite oor anatomie, gedrag en die geskiedenis van hierdie pragtige diere. Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Perde en Ponies nou van Kalahari.com!


Dinosourusse
Prys: R99.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6641-9

Reis terug na ’n tyd toe fantastiese prehistoriese diere die aarde bewandel het. Ontmoet sagmoedige reuse, vreesaanjaende roofdiere en vlieënde reptiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Dinosourusse nou van Kalahari.com!

 

 


Astrid maak ’n huis
Outeur: Jean Weyers
Prys: R74.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6765-2

Astrid maak ’n gastehuis van ’n ou opstal op ’n wildplaas in die Laeveld. Die eienaar hou reeds haar hart in sy hande toe sy so wreed ontnugter word dat sy vlug.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Astrid maak ’n huis nou van Kalahari.com!

 


Net ’n stukkie papier
Outeur: Cecilia Nortjé
Prys: R74.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6766-9

Pippa se geluk as nuwe spabestuurder van ’n luukse oord word ’n nagmerrie toe sy besef wie die oord se eienaar is: ’n deurtrapte skelm wat haar vyf jaar gelede uit haar casinogeld verkul het.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Net ’n stukkie papier nou van Kalahari.com!

 


Gelukspakkie
Outeur: Frenette van Wyk
Prys: R74.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6767-6

Toe Genevieve se danskontrak nie hernu word nie, gaan lek sy haar wonde op Indigobaai. Hier laat ’n man die sensualiteit in haar herontwaak. Maar daar is reeds ’n vrou in sy lewe.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Gelukspakkie nou van Kalahari.com!

 


Sy fosforvrou
Outeur: Rosita Oberholster
Prys: R74.95
ISBN-nommer: 978-0-7993-6768-3

Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy geskei het: nie ’n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Sy fosforvrou nou van Kalahari.com!

 

 


Die ooreenkoms
Outeur: Sophia Kapp
Prys: 978-0-79936-850-5
ISBN-nommer: R214,95

Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deel van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, ’n onopvallende sanger in ’n grot van ’n kroeg iewers op die Kaapse suidkus is pole van mekaar verwyder, maar ná ’n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind.

Daar is egter meer as net dié aanvanklike verskille wat oorbrug moet word – ’n wantrouige skoonfamilie, twee onmoontlike tieners, ’n giftige eksmeisie, en veral die bagasie van die verlede.
Gaan die houe wat die lewe uitgedeel het hulle in die jaar wat hulle saam is heeltemal uitmekaar dryf, of kan hulle juis in mekaar die maat vind wat hulle volledig mens sal maak?

Sophia weier dat haar liefdesverhale verval in soetlike gemeenplase, en haar lesers weet dit deeglik. Die liefde seëvier, ja, maar hier is ’n meesterlike verteller aan die werk.

Elize Parker verwoord lesers se kommentaar op Sophia se werk só: “Sophia skryf warm, emosionele liefdesromans met geloofwaardige heldinne met wie elke vrou kan identifiseer. Goedvoelromans op hul beste.”

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die ooreenkoms nou van Kalahari.com!

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top