Mediaverklaring: Klasgids nou aanlyn

  • 0

Die ikoniese Klasgids gaan voortaan aanlyn verskyn.

Onderwysers kan nou kies tussen vier verskillende pakkette. Bestel jy voor 25 Januarie 2021, is daar boonop 20% afslag op die Goud-pakkette.

  • Hoërskool Goud teen R1000 per jaar (Ontvang elke maand ’n uitgawe met artikels vir elke fase, plus heelwat ekstras soos visuele tekste, luistertoetse, video’s wat taalaspekte verduidelik, raad van vakadviseurs, gratis toegang tot ons maandelikse webinare en eerste toegang tot studiegidse!)
  • Hoërskool Silwer teen R400 per jaar (Ontvang elke maand ’n uitgawe met artikels vir elke fase.)
  • Laerskool Goud teen R1000 per jaar (Ontvang elke maand ’n uitgawe met artikels vir elke fase, plus heelwat ekstras soos visuele tekste, luistertoetse, video’s wat taalaspekte verduidelik, raad van vakadviseurs, gratis toegang tot ons maandelikse webinare en eerste toegang tot studiegidse!)
  • Laerskool Silwer teen R400 per jaar (Ontvang elke maand ’n uitgawe met artikels vir elke fase.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top