Persvrystelling | Literaal Episode 2: Distopiese verhale

  • 0

Literaal, episode 2, verken distopiese verhale aan die hand van Offers vir die vlieë (wenner van LAPA se Jeugromankompetisie).

Verken saam met ons ’n distopiese wêreld wat Fanie Viljoen in sy splinternuwe boek Offers vir die vlieë, aan ons openbaar.

Op 26 Oktober om 18:00 gesels ons ’n blou Maandag rooi deur ’n genre te verken wat te midde van ’n pandemie steeds gelees word.

Ons vind uit hoekom dit so gewild is onder jong volwassenes, hoe dit in die Lae Lande lyk en wat ’n skrywer inspireer om ’n boek te skryf waar die toekoms onbekend en ongewens lyk.

“Nie almal kry hulle antwoorde op dieselfde plek, op dieselfde tyd, op dieselfde manier nie. Dalk is daar nie ’n antwoord nie. Of dalk is daar net een, altyd ontwykend, wat die kringloop sal stop. Dalk is die ewige soeke na daardie onfeilbare antwoord die ding wat ons ‘hoop’ noem.” (254)

En ons hoop om jou daar te sien.

Nog nie ingeteken op Literaal nie? Doen dit nou. Klik hier en word deel van ons gemeendskap: bit.ly/35TlDf4.

Groetjes!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top