Vreesloos
Christien Neser
9780639604176
R200.00
Vreesloos? Elle is eerder vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.
Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer.
Wat kan verkeerd loop?
Net mooi alles.
As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas.
En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?
Tyd om te skaats
Jacolet van den Berg
9780639601984
R225.00
Hannah is vasgekeer.
Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.
Tot Lua onverwags ’n paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.
Hannah kom voor ’n keuse te staan: veg, vlug of vries?
Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats.
Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.
Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!
Kiets in Parys
Dianne Hofmeyr & Piet Grobler
9780639602028
R155.00
Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie.
Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Édith Piaf en Josephine Baker.
Kort voor lank is sy ook beroemd. Maar is dit regtig die lewe wat sy wil hê? Katte het bowenal nege lewens, jy weet ...
Spooksoeker #3
François Bloemhof
9780639602165
R225.00
Warno sal moet keer, want nou’s daar méér. Meer skrikke. Meer skokke. Meer spoke.
Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies – en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas?
Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos ’n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is!
Keegan & Samier (3), Die strokiesprent-kompetisie
André Trantraal
9780799397703
R65.00
Keegan kry die geleentheid om ’n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ...
Keegan & Samier: (4), Die nuwe vriend
André Trantraal
9780799397727
R65.00
Daar is ’n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou.
100 beste blokraaie van 10 jaar III
Samestellers: XWord, Dugeot, Penpret
9780639602226
R180.00
Het jy ’n blaaskans nodig? As jou antwoord “ja” is, het ons die ideale oplossing. Die volgende titel in die blokraai-trefferreeks 100 beste blokraaie van 10 jaar waarborg jou ’n welverdiende blaaskans. Dit is nou jou kans om hierdie blokraaie te wys wie’s baas!
100 beste blokraaie van jaar III is ’n nuwe blokraaibonanza wat ’n keur uit die immergewilde en topverkoperreeks 50 blaaskansblokraaie bevat. Hierdie spinternuwe samestelling beloof, nes sy gewilde voorgangers, ure se woordplesier en kopkrap.
Slyp jou tande en maak jou potlood skerp!
Anna se man
Ciska Olivier
9780639605821
R95.00
Sy gaan alles doen om sy hart te wen!
Anna se eerste dag by haar nuwe werk is ’n ramp. Sy beland in die swembad en haar redder is niemand anders as die man wat haar verwerp het nie. Die man wat sy mislei en verneder het. Haar tweelingsuster se eks, Derick.
Twee jaar gelede het sy en Hannah plekke geruil. Goed, dit was nie die slimste plan nie, maar sy het nie beplan om hopeloos verlief te raak nie. Sy het ook nie beplan om sy hart te breek nie. Die pad na vergifnis en versoening is moeilik, maar sy is vasbeslote om hom te oortuig dat sy hom liefhet en dat hy die man vir haar is.
In sy hart
Felicia Snyman
9780639605807
R95.00
Vir ewig in sy hart...
Rouxlé is ’n onafhanklike vrou wat nie ’n man nodig het nie. Sy wil wel een hê. Meer spesifiek, sy wil vir Francois hê. Sy sluk haar trots en stel haarself aan hom voor, maar hy maak dit duidelik dat haar bravade hom nie beïndruk nie. Haar brein skreeu vir haar dat sy wye draaie om hom moet loop, liefs van hom moet vergeet, maar haar hart het ander planne.
Francois besef gou dat hy ’n fout gemaak het. Rouxle het dadelik ’n indruk op hom gemaak en hy sal enigiets doen vir ’n tweede kans. Al is dit om sy eie trots in die sak te steek en aan homself te erken dat die vurige rooikop met die eksentrieke hare reeds in sy hart leef.
Opaal vir die liefde
Rina Cilliers
9780639605845
R95.00
Ongelukke kom in drie ...
Johlene Basson verkoop haar geërfde kunswinkel en het skielik genoeg geld om op ’n Sabbatsjaar te gaan. Sy wil haar ma se biologiese ouers gaan opspoor. Haar amper-verloofde ondersteun nie hierdie halsoorkop besluit nie, maar hy gee vir haar drie maande grasie. Dan wil hy trou.
Op Koffiefontein is daar tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n aantal Italiaanse soldate as krygsgevangenes aangehou. Johlene het ’n gevoel dat sy die antwoorde op haar vrae hier gaan kry, min wetend dat Koffiefontein haar hele lewe gaan verander. Gelukkig is sy nie alleen nie – daar is die eksentrieke Tant Hartjie, die mooie boer Leo met sy lelike Land Rover en die kerkhof se spook, Elisabet.
Somerson
Madelie Human
9780639605784
R95.00
Die son sal weer skyn.
Sabrina loop die man raak wat sy nooit weer wou sien nie. Nie net een keer nie, sommer baie! Boonop lyk dit vir haar of Ruan die ontmoetings beplan. Sy weet egter dat hulle normaalweg nie in dieselfde sirkels beweeg nie – haar lewe is in die stad en syne is op die plaas. Hy kan sy bes probeer, maar haar tyd op Groeneweide is beperk.
Totdat grendeltyd aangekondig word. Sabrina moet vinnig besluit of sy gaan vlug, of teen haar gevoelens vir die bruinoog cowboy veg. ’n Hoër hand maak die keuse vir haar makliker en Groeneweide word haar tydelike tuiste. Wanneer die pandemie Sabrina se besigheid bedreig, word albei se geloof beproef, maar liefde oorwin selfs die moeilikste van omstandighede.

