LAPA-Jeugromankompetisie 2021

  • 1

Skryf nou in vir die LAPA-jeugromankompetisie 2021!
Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel.
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2021

LAPA stel hul tweejaarlikse jeugromankompetisie vir 2021 bekend!

Hierdie kompetisie lewer elke twee jaar uitstekende verhale op. Vorige pryswenners sluit in: Fanie Viljoen (Offers vir die vlieë en Afkop), Marita van der Vyver (Al wat ek weet) en Jan Vermeulen (Baster, Oopmond en Asem). Die kompetisie het ook al debuutskrywers, soos Zelda Bezuidenhout, opgelewer.

Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000. Die pryswenner kry R25 000 en twee naaswenners kry elk R12 500. Die manuskripte op die kortlys staan ook ’n kans om gepubliseer te word.

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om deel te neem aan hierdie geleentheid om die storie wat jy graag sal wil lees, te skryf. Die reëls en beoordelingsproses is vir vanjaar se kompetisie aangepas. Skrywers word aangemoedig om die aangepaste proses goed te bestudeer.

Inskrywings sluit 31 Oktober 2021. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting.

 Kompetisiereëls
  • Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees en gemik wees op lesers tussen 11 en 18 jaar oud. Verskeie onderafdelings is by die 2021-kompetisie aangewys, want net soos alle tieners nie dieselfde is nie, so is elke jeugverhaal nie dieselfde nie. Skrywers kan hul verhale struktureer volgens die volgende onderafdelings:
    • Jeugromans vir jonger tieners (11-13 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 25 000 en 30 000 woorde lank. Voorbeelde is die Thomas@-reeks deur Carina Diedericks-Hugo, ʼn Goeie dag vir boomklim en Dinge wat ek nie van skape geweet het nie deur Jaco Jacobs.
    • Tienerfiksie (13-15 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 30 000 en 45 000 woorde lank. Voorbeelde is Z-A-K: Die Blou Planeet deur Theresa van Baalen, Kate in harmonie deur Jacolet van den Berg en As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout.
    • Jongvolwassenefiksie (15-18 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 45 000 en 70 000 woorde lank. Voorbeelde is Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, Oopmond deur Jan Vermeulen en Al wat ek weet deur Marita van der Vyver.
  • Die beoordelingsproses vind as volg plaas:
    • Wanneer die kompetisie gesluit is, word ʼn kortlys van manuskripte saamgestel.
    • ʼn Keurpaneel van lesers uit elk van die onderafdelings lees die betrokke manuskripte en stem vir ʼn topmanuskrip in daardie afdeling.
    • Drie beoordelaars lees die drie topmanuskripte uit elke afdeling en wys een manuskrip as ʼn merkwaardige jeugverhaal aan.
  • Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees.
  • Deelnemers gee aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word of wees vir moontlike publikasie nie. LAPA sal ná afloop van die kompetisie skriftelik met alle deelnemers in verbinding tree om te bevestig of hul verhale gepubliseer word al dan nie.
  • Die prysgeld is soos volg:
    • Prys vir merkwaardige jeugverhaal: R25 000
    • Naaswenner: R12 500
    • Naaswenner: R12 500
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Indien die gehalte van die inskrywings nie na die beoordelaars en LAPA Uitgewers se mening voldoende is nie, word die reg voorbehou om geen pryse toe te ken nie.
  • Die volgende inligting moet op die heel eerste bladsy van die voorlegging verskyn en enige inskrywing kan gediskwalifiseer word indien dit nie daarop verskyn nie:
    • Die skrywer se naam en van
    • Titel van die manuskrip
    • Lengte (aantal woorde) van manuskrip
    • E-posadres
    • Telefoonnommer
  • Indien daar onder ʼn skuilnaam geskryf word, moet die skrywer se volle naam en van ook op die heel eerste bladsy van die manuskrip aangebring word.
  • Die deelnemer se naam, of skuilnaam, moet op die eerste bladsy verskyn, maar dit mag nêrens elders op die manuskrip verskyn nie. Sou dit iewers anders verskyn, kan die manuskrip summier gediskwalifiseer word.
  • Inskrywings moet op genommerde A4-bladsye getik wees, slegs aan een kant van die bladsy, in dubbelspasiëring en in ’n maklik leesbare lettertipe (soos Arial of Times New Roman).
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Oktober 2021. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  • Wenners sal in Maart 2022 bekendgemaak word.
  • Werknemers van Penguin Random House Suid-Afrika en LAPA Uitgewers mag nie deelneem nie.
  • LAPA Uitgewers aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore manuskripte nie. Dit is altyd raadsaam om ’n afskrif van ’n manuskrip te hou.
  • Deur in te skryf, onderneem jy dat jy al die reëls gelees en aanvaar het.
  • Inskrywings kan op drie maniere voorgelê word.
    • Per e-pos: stuur dit aan kompetisie@lapa.co.za met JEUGROMANKOMPETISIE en jou manuskrip se naam as onderwerp.
    • Per koerier: Stuur dit aan LAPA Uitgewers, Jeugromankompetisie, Bosmanstraat 380, Pretoria, 0002
    • Die posdiens is uiters onbetroubaar en baie stadig, maar voorleggings kan ook gestuur word aan: LAPA Uitgewers, Jeugromankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001
Lees ook:

LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen 

Skrywersonderhoud: Jan Vermeulen praat oor sy boek Oopmond

Twintig vrae aan LAPA se jeugromanwenners

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top