LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen 

“Al het dit gelyk na doodlooppaaie, was dit vir my inderwaarheid asof ek deur ’n labirint stap – soveel keer kom ’n mens by dieselfde plek uit, maar die pad kronkel steeds vanaf die begin na die einde, hede en verlede vleg deurmekaar en vorm ’n digverweefde netwerk van oorsaak en gevolg. Wat ’n stimulerende leesavontuur!”