Nuut by LAPA | New Books from LAPA

  • 0

LAPA Uitgewers het pas hulle nuwe boeke van Oktober 2020 bekendgemaak.


Bethel se berg
Jeugfiksie
Maretha Maartens
978-0-6396-0129-8
R200.00

Dis die onstuimige tagtigerjare.

Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ’n Kombi. Hulle leef ’n nomadiese bestaan en bly net vir ʼn kort ruk in een dorp voor hulle na ’n volgende beweeg.

Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek.

Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in ’n regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie ʼn pa saam met hulle is nie.

Al wat Bethel graag wil hê is ’n plek waar sy haarself kan wees …

Die teks was ’n naaswenner in lapa se jeugromankompetisie 2020.


Droomvanger
Chanette Paul
Spanning
978-0-6396-0547-0
R320.00

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ...

Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie.

Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti’s is daar ’n moord.

Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker, mits sy oorleef.

Dit is ’n herskryf van Wip van die droomvanger wat in 1990 verskyn het. Lesers van Agatha Christie sal plesier vind in die storielyn wat baie raakpunte het met verhale soos bv. Murder on the Orient Express en Death on the Nile.


Die goeie suster
Henda Olivier
Spanning
978-0-6396-0545-6
R250.00

Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg.

Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie.

Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.


Om weer te droom
Elsa Winckler
Romanse
978-0-6396-0549-4
R150.00

Nagmerries word soms mooi drome.

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers.

Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie.

Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.


’n Broodjie vir die liefde
Rina Cilliers
Romanse
978-0-6396-0541-8
R95.00

Comine Verbeuk is lelik in die steek gelaat deur ’n man. Daarom aanvaar sy die werk om op ’n afgesonderde plaas naby George ʼn skrywer met sy manuskrip te help. Dit is die perfekte plek om die spoke van die verlede te begrawe, haar kop skoon te kry en mans finaal af te sweer.

Die mense op Seekamee herinner Comine egter aan ʼn tyd toe sy ook gelukkig was, voor haar ouers se dood en voor Len se verraad. Boonop lyk Sven soos ’n Noorman, noem haar Twiggy en veroorsaak ’n meteorietstorting in haar binneste wanneer hy ’n vertrek binnestap. Hy is stug, streng en allergies vir vroue.

Miskien is daar tog ’n storieboek-einde vir die twee van hulle?


Liefde van haar lewe
Dina Botha
Romanse
978-0-6396-0535-7
R95.00

Esti de Beer se nuwe buurman is steeds onmoontlik aantreklik, maar Omar is nie meer die verliefde tienerseun wat in die vervalle huis langs hare woon nie. Hy is nou ’n kosmopolitaanse prokureur wat nie uit haar sake kan bly nie. Omar met sy ongevraagde besorgdheid herinner haar aan ’n tyd toe sy werklik gelukkig was, maar ook aan ’n aand wat sy eerder wil vergeet.

Omar de Vries onthou vir Esti goed … Inteendeel, hy kon nie die snobistiese buurmeisie wat hom om haar pinkie gedraai het uit sy gedagtes kry nie. Die noodlot het haar terug gebring na Jagersville, maar hoe gaan hy haar dié keer laat bly?


Soeter as kondensmelk
Lizelle von Wielligh
Romanse
978-0-6396-0539-5
R95.00

Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue?

Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel – haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop.


Sonroeper
Wilreza Smit-Theron
Romanse
978-0-6396-0537-1
R95.00

Zea, ’n talentvolle pottebakker, moet na haar pa se dood vir haar ’n nuwe lewe skep – en ’n kunsuitstalling in mooie Milaan bied haar juis daardie geleentheid. In Italië het sy nie tyd om te wonder oor die geheimsinnige mense wat langs haar intrek of die sexy vreemdeling wat sy vlugtig ontmoet nie. Totdat sy dié man weer in ’n katedraal sien. Sy glo nie aan toeval nie, maar wat van die noodlot?

In Italië ontdek Zea ’n ander sy van haarself. ’n Sy wat onmoontlik aangetrokke tot Antonio Vinetti is. Met sy warm soene en die beeldskone Paola wat altyd by hom ingehaak is, het Zea egter genoeg rede om hom te wantrou.


Romanza Nostalgie: Didi Potgieter
Didi Potgieter
Romanse
978-0-6396-0543-2
R125.00

Leer my liefhê: Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe ’n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak.

Hoe om ’n hart te wen: Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Luw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle ’n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie.


Nude 2: A banting an keto cookbook
Armand Aucamp
Recipe book
978-0-6396-0094-9
R295.00

Follow Armand Aucamp as he brings to the table 50 more fresh, light, budget- friendly and perfectly balanced low-carb and keto dishes.

In the follow-up to his acclaimed Nude, Armand raises the bar. Here he presents to banting and keto enthusiasts, as well as newcomers, an indispensable addition to a carb-conscious way of eating – with a summery twist.

In Nude 2 Armand continues in his creative explorations and offers delectable salads, pastas, dinner-party dishes, as well as healthy treats for the whole family. He shows how to create dishes using healthy, affordable ingredients with step- by-step, beautifully photographed recipes.

Armand, one of South Africa’s best-known actors and low-carb personalities, has again proven just how good a nude a low-carb lifestyle can be – incredibly simple and budget-friendly without compromising on nutrition and taste.


Moet ons waai? Om te emigreer of nie: 20 meningsvormers sê
Saamgestel deur Alet Law
Niefiksie
978-0-7993-9619-5
R280.00

Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ’n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ’n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde.

Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners.

Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”

In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ’n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.


Should we go? To emigrate or not: 21 voices speak their mind
Compiled by Alet Law
Nonfiction
978-0-7993-9622-5
R280.00

The emigration debate is as old as our democracy itself. When the “new South Africa” dawned in 1994, many people left the country out of fear for what majority rule would hold. More still left in the years that followed to seek a better life elsewhere, and communities of expats can be found all over the world in places such as Canada, England and Australia.

Today, 25 years after the dawn of democracy, as optimism about the country’s future ebbs and flows, new impetus has been given to the emigration debate. This time, it is not only being discussed in reactionary circles, but around dinner tables of all creeds as many people leave for better education, job opportunities and safety.

With the reality of nine wasted years tugging at our wallets and future prospects, and the allure of a global economy pulling strong, more and more people are asking, “Should I go?”

In Should we go? more than 20 of South Africa’s foremost thought leaders such as Jonathan Jansen, Mandy Wiener, Phumzile van Damme and Ferial Haffajee grapple with this question. It is an attempt to find some answers that will give insight to and challenge every person who is thinking of leaving, has already left, or has decided to stay so that they may thrive as South Africans wherever they are.


Help! My child is atypical
Christien Neser
Nonfiction
978-0-6396-0092-5
R280.00

To raise a typical toddler is no joke. So what do you do when your child happens to be ‘different’? What if he’s hyperactive and can’t pay attention? What if you suspect that she might be autistic? What can be done about low muscle tone and poor pencil grip? What if his language development is not on par, or he lisps or stutters? And what if she doesn’t have learning difficulties, but suffers from anxiety?

In Help! My Child is Atypical a team of experts answer these and many other questions that parents struggle with daily. Is therapy really essential or is it just a money-making scheme? And where do you begin when you suspect something’s amiss?

In 30 gripping case studies, parents and therapists relate their true stories of determination and hope. Psychologists, speech therapists, audiologists, occupational therapists, physiotherapists, play therapists and other medical practitioners share their knowledge, experience and secrets.

Help! My Child is Atypical is a practical guide that equips you with the tools needed to make you and your child a champion team!


Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
Engela Duvenage
Kinderniefiksie
9780-6396-0058-1
R330.00

Hierdie teks is ’n eg Suid-Afrikaanse niefiksieboek met meer as 100 verhale oor allerlei baanbrekers in die wetenskap en elders.

Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk.

Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel.

Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak.

Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.


Justin Fortuin, Seerower
Theresa van Baalen
Jeugboek
978-0-6396-0393-3
R175.00

Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel?

Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?


Storiekaros
Wendy Maartens
Illustreerder: Megan Bird
Kinderboek
978-0-6396-0401-5
R295.00

Hierdie bundel stories is ’n karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor.

Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ’n storie te lees.

Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ’n slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag.

Dit is ’n ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.


Sterre vir die donker
Noreen Nolte
Tienerfiksie
9780-6396-0165-6
R190.00

Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte te keer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie.

En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg.

Gelukkig bring die nuwe jaar ’n paar veranderinge wat Helena so ’n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek. Ongelukkig is ’n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ...

Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so ver uitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is.

Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan … maar is dit?


Môre as ons groot is
Fanie Viljoen
Drama
9780-6396-0128-1
R150.00

Môre begin die toekoms ...

Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is, wanneer selfs die after party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.

In hierdie dramateks neem vier vriende afskeid van hulle skool, hulle vriende, hulle kindwees ... en dalk hulle drome.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top