Alta Cloete

Alta Cloete is ’n Bolandse skrywer van romantiese en inspirerende fiksie.

Ongeveer vyftig tydskrifverhale asook tien romanses en vier liefdesromans het al uit haar pen verskyn. Aangesien sy op amper vyftig eers werklik begin skryf het, hoop sy om tot minstens tagtig te kan aanhou.

Wanneer sy nie skryf of na haar oorsese kind verlang nie, probeer sy Afrikaanse boeke op die internet en sosiale media bevorder.

Sy is op die volgende plekke te kry:

Skrywersprofiel by https://www.facebook.com/Alta.Cloete.Skrywer
Die Facebookgroep Kom ons lees weer Afrikaans!
Persoonlike blog by www.altacloete.wordpress.com
Goodreads op Facebook
Books LIVE

"’n Tikkie fantasie" – Marilé (Alta) Cloete

Cliffordene Norton, Alta Cloete Skrywersonderhoude 2026-03-09

"Mense dink iets wat maklik lees is noodwendig maklik om te skryf. Ek dink wanneer iets maklik lees, is dit juis omdat die skrywer baie moeite daarmee gedoen het."

Do we still feel safe enough to invest in romance?

Cliffordene Norton, Alta Cloete, Elsa Winckler, Nadia Cassim Interviews 2026-02-18

Cliffordene Norton spoke to three romance authors and asked them whether they think people in South Africa feel emotionally and socially safe enough to fall in love. The answers were layered. "History shows that people fall in love regardless of circumstances ... During wars, plagues, political unrest. Falling in love is not always a rational act; it happens."

Donkertyd: My naam is Tina deur Mariël le Roux: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2024-08-19

"Uiteindelik gaan dit oor die doodswyg van dinge ter wille van die samelewing – die samelewing wat in elk geval lustig skinder oor elkeen wat uit die spoor van tradisie en konserwatisme trap. Die tragedie – soos in talle ander boeke met min of meer dieselfde tema – is dat Tina se pa, sowel as sý pa, vandag deur behandeling gehelp sou kon word."

Hartsmense, ’n kortverhaalbundel deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2023-10-26

"Hartsmense is nog ’n trappie in Cliffordene Norton se ontwikkeling as ’n bekwame en veelsydige skrywer. Sy beskik oor ’n helder skryfstem wat hopelik nog dikwels in die toekoms in Afrikaans gehoor sal word. Die bundel word sterk aanbeveel vir lesers met ’n liefde vir kortverhale, maar ook vir enige leser wat beperkte tyd vir lees beskikbaar het."

Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2022-10-18

"Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin is ’n bielie van ’n boek wat ’n bielie van ’n leemte in ’n leser se lewe gaan laat as Zeus nie toegelaat word om sy binnewêreld te betree nie."

Eintlik alles: ’n onderhoud met Alta Cloete en Lisa Uys

Cliffordene Norton, Alta Cloete, Lisa Uys Skrywersonderhoude 2021-04-14

Die romanseskrywer Ronelle Uys het haar lewe in 2017 weens kanker verloor. Haar dogter probeer sedertdien haar laaste manuskrip publiseer, en met die hulp van Alta Cloete is die werk in Februarie 2021 deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Cliffordene Norton gesels met Alta Cloete en Lisa Uys oor die proses om Eintlik alles postuum gepubliseer te kry.

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2020-08-19

"As jy van moord droom word sterk aanbeveel vir lesers wat nie net aksie soek nie, maar ook bereid is om op ’n emosionele vlak uitgedaag te word."

Kwarantynketting: "’n Seisoen van onsekerheid" deur Alta Cloete

Alta Cloete Kwarantynketting 2020-08-04

"Jy onthou gesprekke met vriende, oomblikke in die natuur, ’n doodgewone rit na ’n doodgewone bestemming – en die doodgewone het nou spesiaal geword."

Dag 10: Kwarantyn-ketting – "Om die swart hond te tem in die tyd van korona" deur Alta Cloete

Alta Cloete Kwarantynketting 2020-04-05

"’n Week is verby. My vlaag adrenalien is besig om in die sand van die werklikheid weg te syfer. Maar ek het dit tot hier gehaal. Ek is dankbaar vir tallose klein seëninge, ek is trots op ons nasie, ek is meer connected as ooit in my gewone lewe."

Emosionele oorlewing in die tyd van korona

Alta Cloete Seminare en essays 2020-03-17

"As ons in hierdie tyd egter nalaat om ook na ons geestesgesondheid om te sien, kan die pandemie merke op ons laat wat ons nog lank ná die fisieke bedreiging verby is, kan affekteer."

Resensie: Kammaland deur Annelie Botes

Alta Cloete Resensies 2020-01-14

"Kammaland is ’n boek wat jy nie lig gaan vergeet nie, want Annelie Botes weet hoe om emosies en ervarings te verwoord wat die gewone mens nie eens in sy privaatste gedagtes kan omskryf nie."

Resensie: Soekmekaar deur Dana Snyman

Alta Cloete Resensies 2019-11-15

"Soekmekaar is onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hierdie land liefhet, elkeen wat ons uitdagings probeer deurgrond, elkeen wat probeer om ten alle koste die hoop te behou."

Resensie: By die brandende berg deur Piet van Rooyen

Alta Cloete Resensies 2019-11-11

"By die brandende berg is die verhaal van ’n man en sy gesin se aftakeling, gesien in die konteks van die stroping van Afrika deur verskeie rolspelers wat hulle hande op haar rykdom wil lê."

Resensie: 'n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler

Alta Cloete Resensies 2019-10-23

"In die eerste instansie is dit 'n lekker liefdesverhaal met aantreklike mense wat na liefde soek en dit vind. Die Christelike ondertoon gee 'n verdere dimensie aan die boek, maar oorheers nie die liefdesverhaal nie."

Erfskandes deur Trisa Hugo: ’n lesersindruk

Alta Cloete Lesersindrukke 2019-02-14

"Die verhaal lees vlot en telkens kom ’n nuwe kinkel te voorskyn wat die leser verras. Dis egter die tekening van die twee bejaardes en die interaksie tussen hulle wat vir my die hoogtepunt van die boek is."

Top