ATKV|LitNet-Skrywersalbum

LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Abraham H de Vries (1937–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-10-08

 “Omdat ek in stories dink, soek iets in my steeds na samehang.” Abraham H de Vries se ATKV-skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

AHM Scholtz (1923–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-09-23

"’n Skrywer sonder ondervinding en mensekennis sal ’n swak skepper van lewendagge gedagtes op papier wees." AHM Scholtz se skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

George Louw (1939–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-09-09

"Die seevoëls krys vandag
weer landlangs, die waters raak
benoud: ons het vergete hier
die see en land kom skei, op groot skaal drooggemaak."

Wilna Adriaanse (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-09-03

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 met die rooi sand van die Kalahari tussen haar tone gebore as die middelste kind tussen twee broers.

TT Cloete (1924–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-08-18

“Pyn is kreatief; ek praat daarom van die gawe van pyn.” TT Cloete is op die ouderdom van 91 op 29 Julie 2015 oorlede.

Jan Scholtz (1938–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-08-12

"Stories skryf is soos ’n rugbywedstryd. Mense skreeu vir hulle eie span. Daarom gee jy vir hulle iets om mee te identifiseer. Mense gee nie om vir ’n karakter waarvoor hulle niks voel nie. Hulle kies kant." Jan Scholtz se volledige skrywersprofiel is nou beskikbaar.

Mathews Phosa (1952–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-08-04

"Omskep Afrikaans in ’n geneestaal. Taal moet aangewend word sodat ons die kleinlike kompartemente waarin ons ons laat klassifiseer en herklassifiseer het, kan afbreek." Matthews Phosa se skrywersprofiel is nou bygewerk.

Wilma Stockenström (1933–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-07-23

“Elke oomblik is mens, en wat mens is, is ’n daad en is onherroeplik.”

Joan Hambidge (1956– )

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-07-08

“Skryf is ’n belangrike transformasie-proses én ’n verwerking van konflikte. Eenvoudige etikette of resensies is só gesien, maar spoortjies in die sand.” Lees Joan Hambidge se bygewerkte skrywersprofiel.

Marlene van Niekerk (1954– )

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-06-18

"Die hoogste geluk is om te skryf." Marlene van Niekerk se ATKV-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Ena Murray (1936–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-06-04

Ena Murray is op Donderdag, 4 Junie 2015, in die ouderdom van 78 oorlede. Lees oor haar omvattende skrywersloopbaan.

Johan Myburg (1957– )

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-06-03

“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”

C Johan Bakkes (1956– )

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-05-27

“Ek reis en dan is die boeke aan die einde van die dag maar ’n byproduk. Al my stories is in elk geval maar net ’n klomp kortverhale wat uit my joernaal kom.” Ontmoet die skrywer C Johan Bakkes en lees meer oor sy lewe en werk.

Christiaan Bakkes (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-05-22

“Skryf het vir my ’n wegholperd geword. Ek het nooit kon dink dat dit so ver sou gaan nie. Daai perd het nog nie ophou galop nie en die rit is wonderlik.”

Barend J Toerien (1921–2009)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-05-07

Barend J Toerien is op 29 Maart 1921 op die plaas Steenwerp buite Porterville in die Swartland gebore

Breyten Breytenbach (1939–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-04-28

“Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, 'n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis.”

E (Sussie) Kotze (1933–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-04-09

“Die lewe is eintlik baie prikkelend. Ek is baie lief vir mense, en solank ’n mens leef en belang stel in mense, is daar gedurig dinge wat ’n indruk op jou maak en in jou kop vassteek.”

Allan Boesak (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-03-03

"Die toekoms van Afrikaans hang af van die manier waarop Afrikaanssprekende mense in die taal met mekaar omgaan, want die taal sal doodgaan as ons dit steeds gebruik as net nog ’n knuppel om mekaar te bly slaan soos ons in die verlede die taal gebruik het." Lees Allan Boesak se skrywersprofiel.

Elisabeth Eybers (1915–2007)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-25

“Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hul wesenlike verwantskap te bevestig.” Elisabeth Eybers sou op 26 Februarie vanjaar 100 jaar oud word. Haar skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

Clinton V du Plessis (1963–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-18

"Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." Clinton V du Plessis se skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

Top