ATKV|LitNet-Skrywersalbum

LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Daniel Hugo (1955–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-01-08

"Ek het met respek vir die woord en die Woord grootgeword." Daniel Hugo se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is volledig bygewerk.

Danie Botha (1947–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-12-04

"My lewe is die vak wat ek die beste ken en die helderste oor kon skryf."

Corlia Fourie (1944– )

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-10-07

"My pa, Mikro, se skoene was groot om vol te staan, iets wat ek nie noodwendig wou doen nie. Ek wou nooit ’n skrywer wees nie. Ek het ’n joernalis geword, want as ek dan moet skryf, wou ek met feite werk." 

Breyten Breytenbach (1939–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-09-16

"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis." Breyten Breytenbach se LitNet/ATKV-album is, ter viering van sy tagtigste verjaardag, volledig hersien en bygewerk.

Chanette Paul (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-09-10

“Skryf bly vir my ’n verwonderenswaardige proses. Ek begryp nie dié mag van die storie en karakters wat oorneem nie, maar ek wil dit vir niks ter wêreld verruil nie.” 

Harry Kalmer (1956–2019)

Erika Terblanche, LitNet ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-08-14

"Die proses is baie belangriker as die eindproduk. Ek skryf nie vir roem en eer nie, maar vir myself." Harry Kalmer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Cas Vos (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-08-01

"Skryf is vir my om tussen woorde asem te haal. My werk is woorde, en skrywe is ’n manier om tot myself te kom. Vir my is dit baie noodsaaklik. Dis ’n doelbewuste bevrydende daad." Cas Vos se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Alexander Strachan (1955–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-06-26

"Die motto van my lewe is die eerste sin van Die Jakkalsjagter: ‘As ’n mens aanhou beweeg is daar nie eensaamheid nie ...’” 

Jaco Fouché (1967–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-06-20

"Ek dink as ek ’n boek sit en skryf, neem ek ook ’n rol aan. Ek wórd ’n karakter ..." Jaco Fouché se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Danie Marais (1971– )

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-06-13

“Gedigte skryf is ’n bietjie soos adverteer in die hoekie vir eensames. Of soos om konfyt te maak en goed in te lê. Of soos om die rumoer vir ’n oomblik te laat stil word.” 

MM Walters (1929–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-06-06

"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Wilna Adriaanse (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-05-30

"Sedert my vroegste kinderjare word ek deur stories bekoor en van my kosbaarste herinneringe het met stories en boeke te doen." 

Paula (1907–1996)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-05-07

"Ek is nie verbaas oor die volgehoue belangstelling in my liefdesverhale nie. ’n Mooi liefdesverhaal verouder nie." Lees oor die lewe en werk van Paula in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Hans du Plessis (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-29

"Die Muse is nie suinig met idees nie – almal kry hulle. Maar dis die ware kunstenaar wat die vermoë het om daardie gawe te sit in ’n kunswerk." Hans du Plessis se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is volledig bygewerk.

Malene Breytenbach (1948–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-26

“Die vreugde om gepubliseer te word, is net so lekker, indien nie lekkerder nie, as om graad te verwerf.”

Eben Venter (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-17

"Die regte woord op die regte plek is soos ’n kort, vinnige, wellustige soen." Lees oor Eben Venter se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Lina Spies (1939–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-11

"By die skryf van gedigte moet jy jou eie stem vind voordat jy jouself met reg ’n digter kan noem. In dié sin is jy as digter onlosmaaklik verbonde aan jou teks, maar jou menswees kan jy nooit ten volle uitsê in jou poësie nie." Lees oor Lina Spies se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Helene de Kock (1943–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-03

"Skryf is ’n Godgegewe talent wat jy moet slyp en waarvoor jy eendag verantwoording sal moet doen." Lees oor Helene de Kock se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Dolf van Niekerk (1929–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-03-28

“Die verwondering bly ná al die jare. Dít is my troos en inspirasie.” Dolf van Niekerk se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Christine Barkhuizen le Roux (1959–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-02-14

“Ek hou daarvan dat elke woord in digkuns soveel gewig dra. ’n Mens moet letterlik oor elke woord dink en besluit of dit sy plekkie in die gedig werd is.” – Christine Barkhuizen le Roux se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.

Top