LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan [email protected].
- LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Godsdienswetenskappe-redakteur Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs) E-pos: [email protected] Bioskets |
Christus ongedaan – 'n evaluering van die betekenisverlies van die term gesalfde
2015-11-11Waar kom die naam Christus vandaan? In hierdie artikel herwin Pieter van Staden die aanvanklike kragtige inhoud van die woord.
Liefde vir die vreemdeling in Levitikus 19: uiteenlopende sienings oor vreemdelinge in die Heiligheidswetgewing
2015-10-01"Die voorkoms van vreemdelinge in ’n samelewing met die vrees en haat wat dikwels daarmee gepaardgaan is nie ’n moderne verskynsel nie. Ou Nabye Oosterse tekste soos die Ou Testament het ook met hierdie probleem geworstel."
Tyd in ons tyd: Oor teologie en toekomsgeoriënteerde herinnering
2015-09-09"In hierdie artikel word daar na die moontlike kontoere en belofte van ’n teologie van toekomsgeoriënteerde herinnering gevra, as deel van die soeke na ’n verantwoordelike en konstruktiewe omgang met die verlede."
Gebrokenheid en geweld: enkele voorbeelde van hedendaagse Suid-Afrikaanse kuns
2015-09-03Die artikel ondersoek op maniere waarop voorstellings van ’n radikale menslike gebrokenheid verhoudings tussen kuns en godsdiens kan verdiep en verryk. Daar word gefokus op die werk van sommige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat beduidend beïnvloed is deur die huidige gewelddadige klimaat in Suid-Afrika.
’n Verskuiwing na ’n oper en meer “pragmatiese” lees van Romeine 13:1–7?
2015-08-26"Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer."
Eerbied vir die lewe: Albert Schweitzer se etiek as lewensfilosofie
2015-06-03"Hoe gebeur dit dat hoe harder ons werk vir vordering en sukses, hoe meer blyk ondergang en vernietiging en sinloosheid na vore te tree?"
Totius: die ironie van vergewe en vergeet
2015-05-07"Die vraag van hierdie artikel is derhalwe die volgende: Watter waarde kan ’n mens aan Totius se werke heg, sestig jaar na sy afsterwe? Moet dit nie uiteraard, gegewe sy rassisme, te lig bevind word nie? Anders gestel, is dit enigsins moontlik om Totius binne ’n postapartheidsbestel te rehabiliteer?"
Versoening in aksie. Enkele gedagtes oor die Brief aan Filemon en ons nadenke oor versoening
2015-04-28Kan Christelike brondokumente ’n sinvolle bydrae tot die soeke na versoening in Suid-Afrika lewer?
Die Kaapse kerk en die Boereoorlog
2015-04-22Wat was die houding van die Kaapse kerk en sy leiers jeens die Boereoorlog?
Antieke slawerny en die vroeë Christendom: teoreties-hermeneutiese perspektiewe, probleme, en die opkoms van Doulologie
2014-12-03 Hierdie artikel ondersoek die verskillende teoreties-hermeneutiese perspektiewe en primêrebronprobleme in verband met die studie van antieke slawerny in die vroeë Christendom.Direkte vertaling van die Bybel as antieke teks: net ’n nuwe benaming vir ’n stokkerige woordelikse vertaling?
2014-11-12 Christo van der Merwe bied in sy artikel enersyds ‘n kritiese blik op die vertaalteoretiese grondslae van die dinamies-ekwivalente 1983-vertaling en, andersyds, die akademiese besinning wat ten grondslag van die nuwe vertaling lê. Sy studie illustreer dat die term direkte vertaling ’n poging verwoord om ’n vernuwende oplossing te bied vir die spanning tussen getrouheid aan die antieke bronteks en verstaanbaarheid daarvan vir Bybellesers vandag.“Ek is ...”: Oor die problematiek van enkelvoudige en meervoudige identiteit
2014-08-21 Bernard Lategan ondersoek die moontlikhede van ’n meervoudige identiteit en oorweeg geskikte strategieë om meervoudige identiteitsvorming te bevorder.Beelde van gebrokenheid: ’n verdere verkenning en uitbreiding van die gebroke-kosmos-tradisie
2014-08-06 Die artikel ondersoek die verskille tussen die mistieke tradisie en die gebroke-kosmos-tradisie, wat beide erkenning aan gebrokenheid gee.Oor die interpretasie van Paulus se uitspraak in Galasiërs 3:28
2014-07-10 Galasiërs 3:28 (“Dit is nie belangrik of iemand Jood of Griek, slaaf of vry mens, man en vrou is nie; want julle is almal een in Christus Jesus”) is een van die uitsprake in die Galasiërbrief wat baie aandag trek – nie net in kerklike gesprekke nie, maar ook in die akademiese besinning oor dié brief.Universele bio-etiek en outonomie: ’n Christelike besinning op die begrip outonomie binne die Unesco universele deklarasie van bio-etiek en menseregte (2005)
2014-05-30Vryheid en outonomie vorm ’n essensiële eienskap van ’n regverdige gemeenskap; daarom kan mediese personeel vanuit die Christelike tradisie nie anders as om die reg en etiese beginsel van die UDBM van harte te ondersteun en daaraan uitdrukking te gee nie.
Verwonde en verwarde adolessente – enkele pastorale merkers
2014-04-08 In hierdie artikel val die klem op die pastorale begeleiding van adolessente wat worstel met emosionele verwonding wat in talle gevalle reeds in hul vroeë kinderjare voorgekom het.Populêre filosofie en die Nuwe Testament
2014-03-25Onlangse navorsing het bevestig dat Paulus en ander Nuwe-Testamentiese skrywers van idees en praktyke gebruik gemaak het soortgelyk aan dié wat in tydgenootlike filosofiese tradisies aanwesig was.
Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes
2014-03-05In hierdie artikel word die eenheidsbegrip, wat die matriks van die Johanneïese spiritualiteit vorm, ondersoek. Vir die skrywer van hierdie Evangelie is die eenheid tussen Jesus en sy dissipels gegrond op die eenheid tussen Jesus en die Vader.