LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue

Deon Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-26

"Die chimeriese aard van groteske ornamente uit die Renaissance en Maniëristiese periodes word hier ondersoek met betrekking tot die manier waarop die grense wat normaalweg die menslike, dierlike, en plantkundige kategorieë duidelik afbaken, daardeur oorskry en ontbind word."

Israel en die Palestyne: Is daar ’n bewind van sistematiese onderdrukking wat ’n nuwe apartheid uitmaak?

Robert Moore LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-21

"Hierdie artikel het die behandeling van die Palestyne deur Israel deur die lens van apartheid ondersoek. Daar is genoeg ooreenkomste met apartheid dat ’n volledige ondersoek deur die VN en moontlike optrede deur die internasionale gemeenskap geregverdig is."

Literêre pryse: ’n Oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literêre veld

Marni Bonthuys, Ronel Foster LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-20

"Tradisionele literêre institusies se posisie is aan die verander in ’n era waarin kanonisering, wat nog altyd ’n dinamiese proses was, al vinniger plaasvind. Literêre toekennings weerspieël verder die sosiale, politieke en ekonomiese faktore wat binne hierdie bepaalde tydsgees ’n rol in die samelewing speel."

Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks "werf" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-04

"Wat is die stand van ekokritiek internasionaal? Hoe verskil onderskeie plekke se ekokritiese uitgangspunte van mekaar? En uiteindelik ook: Hoe sou ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien?"

Betwiste staatskap: Die TBVC-state in vergelykende internasionale perspektief

Deon Geldenhuys LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-03-07

"Op veiligheidsgebied het Suid-Afrika en die TBVC-lande ten nouste saamgewerk, insluitend met die vestiging van hul onderskeie weermagte. Suid-Afrika het ook, soos genoem, met elk van die vier lande ’n nie-aanvalsverdrag gesluit."

Die industrialisering van mimese: In gesprek met die denke van René Girard en Bernard Stiegler oor outomatisering

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-03-03

In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1.

Van daar na waar? ’n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans

Earl Basson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-02-23

"Ek stel voor dat skoolhandboeke ’n gepaste bron is om Afrikaans te herstandaardiseer, omdat dit enersyds tekste is met erkenning van amptelike liggame soos die Departement van Basiese Onderwys en andersyds aanduidend is van die sosiopolitieke ideale van ’n samelewing."

"dié dag, / leef jy twee maal": Anna Neethling-Pohl se vertalings van vyf en twintig Shakespeare-sonnette as performatiewe spraakhandelinge

Danie Stander LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-02-02

"In hierdie opsig kan Neethling-Pohl as ’n Janus-figuur beskou word: In ’n terugskouende opsig vind sy in Shakespeare se sonnette ’n vertolking van haar belewenis van veroudering. Omgekeerd sou dit só gestel kon word: dat sy in haarself ’n 'herhaling' bespeur van die kwessies wat deur sy sonnette te berde gebring word en dit dan aan haar gehoor oordra."

Gemeenskapsweerstand teen stedelike ontwikkeling in stadsbeplanning: Twee gevallestudies van inwoners van Die Bult, Potchefstroom, se belewenisse van plekgehegtheid, met spesifieke verwysing na verplasingsliteratuur

Tarina Jordaan, Karen Puren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-01-25

"Wanneer mens-plek-verhoudinge wankel weens omgewingsveranderinge – maak nie saak wat die skaal of oorsaak daarvan is nie – is die ervarings van rou en verlies dieselfde."

’n Ontleding van nostalgiegedrewe advertensies in Suid-Afrikaanse tydskrifte

Adéle Kotzé, Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-01-04

"Alhoewel die onderskeie tipes objektivering verteenwoordigend in die advertensie-ontledings voorkom, is die voorkoms van emosionele objektivering opmerklik en begryplik, aangesien nostalgiegedrewe advertensies hoofsaaklik op die emosies van persone in die teikenmark inspeel."

Die oorsprong van die (Hollands-)Afrikaanse joernalistiek, die tydsgewrig, en Abraham Faure as pionier

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-17

"Abraham Faure was skynbaar die regte persoon op die regte tyd op die regte plek. Verskeie bronne beskryf hom as ’n Renaissance-mens wat, hoewel klein van postuur, ’n groter as groot figuur in sy tyd aan die Kaap was."

Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-13

"Die bevinding is dat 'Christ of the burnt men' ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê."

Houdings in verband met protesaksie in Suid-Afrika

Johan Zaaiman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-11-30

"Protes is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika en het die afgelope dekade in omvang en geweld toegeneem. Dit is dus belangrik om die verskynsel te bestudeer."

Nostalgie as sosiale konstruk in advertensies in die Suid-Afrikaanse tydskrifmark

Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-11-29

"Die aard van nostalgie as ’n verlange of hunkering skakel goed met die aard van bemarkingskommunikasie waarin bedoelde teikenmarklede oortuig word van ’n behoefte of begeerte wat deur die handelsmerk gevul kan word."

Om sin te "sien": die eenheid ("in-tensie") tussen lewe (tydsduur) en bewussyn (ruimte) in Henri Bergson se metafisiese fenomenologie

Yolanda Spangenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-11-16

"Aan die een kant vind ons bewussyn in lewe in die gewaarwording as sodanig van (of sensitiwiteit vir) die sensasie van transformasie (of die skeppings-proses) self. Hierdie gewaar-wording van die proses van transformasie verwys na die metafisiese bewussyns-handeling van tydsduur."

"... en sy verlossing het nie gekom nie." In Suid-Afrika, Eilande gelees binne ’n resepsie van lyding

Jaco Alant LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-11-05

"Die lydingsresepsie van Eilande en die 'redding' waarvan daar sprake is, is universeel menslik; terselfdertyd kan dit ook, ten minste in sekere opsigte, gesien word as die persoonlike selfgelding van ’n skrywer."

Die praktiese manifestasie van taalverhoudings in die mashoof van die eerste koloniale koerant in Suid-Afrika (1800–1829)

Gawie Botma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-10-20

"Die artikel toon dat Engels vinnig veld kon wen as koeranttaal in die Kaapkolonie ondanks die dominante rol wat Nederlands in die samelewing gespeel het."

Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier

Kristy Claassen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-09-27

"In die diskoers rondom die etiese verantwoording van kernkragvoorsiening neem plaaslike gemeenskappe ’n sentrale plek in op grond van die onbetwisbare feit, enersyds, dat hulle voordeel trek uit die betrokke tegnologie en andersyds omdat hierdie gemeenskappe in die eerste linie geraak word deur die moontlike negatiewe gevolge van die besondere tegnologie."

"Darling, ek is onrondneukbaar": Intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks

Danie Stander LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-09-14

"Ferreira verwoord haar ervaring van die bevrydende potensiaal van humor, selfspot en performance, veral in verband met haar aanvanklike lae selfbeeld wat haar genderidentiteit betref – kernelemente van die tematiese gemoeidheid van The shrew."

Die debat om primitivisme: ’n wyer perspektief

Deon Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-08-25

"Belangrik in hierdie verband is die feit dat primitivisme nie uitsluitlik ’n Westerse verskynsel is nie. Heelwat van die inheemse mense van die Amerikas en elders wat in die rol van die edele barbaar geplaas is deur Europese ontdekkingsreisigers en geleerdes [...], het self een of ander vorm van ’n primitivistiese mite oor ’n goue tydperk gehad."

Top