LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

’n Ondersoek na differensiële verstedeliking as ’n bydraende determinant in ruimtelikeontwikkelingsraamwerke

Owen Williamson, Jako Viviers, Selna Cornelius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-08-18

"Die effek en omvang van verstedeliking is gelyktydig divers en wesentlik en gryp die verbeelding van beplanners wêreldwyd, maar spesifiek in Afrika, aan (Dodman, Leck, Rusca en Colenbrander 2017:13)."

Lewensomstandighede van slawe in die Boland (Wes-Kaap), 1816 tot 1834: ’n herevaluering van bestaande beskouings aan die hand van die Boland-slawedatabasis

Hans Friedrich Heese LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-08-04

"Volgens die Afrikanerdenkbeelde was die slawe-eienaars aan die Kaap meer besorg oor die wel en wee van hulle slawe omdat dit tot die eienaar se voordeel sou wees as sy slawe nie weens mishandeling sou dros of sterf nie."

Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-07-07

"Anders as die narsistiese terugspieël van prestasie, bring kultuur mens onder ’n diep indruk van die nederigheid wat met die bemeestering van ’n taak gepaard gaan."

Foucault, die "beroepshistorici" en die Middeleeue: Augustinus in Histoire de la sexualité 4 (Les aveux de la chair) as gevallestudie

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-06-26

"Trouens, niemand het die Middeleeue gelees en verstaan soos Foucault nie. Hy het die Middeleeue nie bloot geretoriseer nie, maar ons anders daarna laat kyk – en nie met ’n perverse oog nie."

Hans Blumenberg se filosofiese antropologie

Charl-Pierre Naudé LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-05-31

"In ’n enigmatiese siening voer Blumenberg aan dat die kwesbare mens die druk van natuurlike evolusie teengaan met die skep van ’n tweede natuur, ’n ekologie van die gees, wat sy eie evolusiereëls het."

Die neerslag van Russiese propaganda in kommentare op Maroela Media se nuusberigte oor die oorlog in Oekraïne

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-05-31

"Die oorlog in Oekraïne is die eerste grootskaalse konvensionele oorlog in Europa tussen twee sterk moondhede sedert die koms van die internet, en beide kante het aanlyn platforms aangewend om hul posisie te verdedig, terwyl hulle hulle opponent se posisie probeer ondermyn het."

Erotiese digkuns en Soefisme in Rumi se werke

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-05-26

"Die heersende sosiale en kulturele omstandighede van daardie era word verhelder en daar word aangetoon waarom dit in die lig hiervan begryplik is dat Rumi homoërotiese metafore benut het om sy liefde teenoor God uit te druk."

Ouderdoms- en inhoudsadvies vir Afrikaanse boeke vir kinders: resultate van ’n eerste kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek

Gerhard van Huyssteen, Monique Rabé, Martin Puttkammer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-04-30

"Desnieteenstaande dié institusionele raamwerk, is daar steeds geen geïnstitusionaliseerde Suid-Afrikaanse implementering van ouderdoms- en inhoudsadvies vir boeke (b-OIA’s) nie. Dit sou byvoorbeeld advies oor genres, gepastheid van temas vir bepaalde ouderdomsgroepe, inhoudswaarskuwings oor naaktheid, taalgebruik en geweld, en snellerwaarskuwings vir selfdood en gevalle van mishandeling kon insluit."

Groen urbanisme in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings: ’n ondersoek na groen boublokke en groen netwerke

Owen Williamson, Jako Viviers, Selna Cornelius, Niké S. Jacobs LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-28

"Inwoners behoort dus as deel van ’n multidissiplinêre benadering betrek te word by besluitneming- en ontwikkelingsprosesse omdat hul inheemse kennis onder andere kan bydra tot die volhoubaarheid van die voorgestelde oplossings."

Sal die Suid-Afrikaanse konstitusionele demokrasie die huidige krisis wat die bestel in die gesig staar oorleef?

André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-20

"In ’n omgewing van institusionele en politieke verval van die staat is die tot niet gaan van die regstaatidee en samehangende demokratiese praktyke ’n werklikheid, en ’n scenario wat nie geïgnoreer kan word nie."

’n Ondersoek na sekere ruimtelike elemente in die "Ierse dagboeke" van Karel Schoeman, met die boek Reise met Schoeman deur Ria Winters as agtergrond

Mercia Coetzee, Henning Pieterse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-01

"Schoeman se ervaring van Killarney, die geboue en die omgewing is moontlik beïnvloed deur sy geestelike reis as leerling-monnik en sy ontdekking van die geskiedenis van Ierland. Winters se soeke was na Schoeman en nie na die land en sy geskiedenis nie."

’n Deleuze-Guattariaanse ondersoek na territoriumskepping en taalstottering in Gilbert Gibson se Vry– (2015)

Natasha Harmse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-02-07

"In hierdie artikel is daar gefokus op die wyse waarop Gilbert Gibson se vyfde digbundel, Vry– (2015), aansluit by Deleuze en Guattari se poststrukturalistiese benadering tot taal."

MK as kultuurverskynsel: ’n Dokumentering en tematiese ontleding van die kanaal se opkoms en invloed op die ontwikkeling van marginale Afrikaner-identiteite, 2005–2013

Magdalize Carstens, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-31

"Ons literatuur, onderhoude, asook argiefondersoek het die lied/video 'De la Rey' en Die Antwoord as sosiale verskynsel as twee van die mees invloedryke identiteite wat met MK vereenselwig is, na vore gebring. Deur MK se bemiddeling het beide verskynsels kultusstatus bereik."

Die gebruik van mise-en-abyme as refleksiewe element in die migranteliteratuurroman Die mooiste meisie van Genua (2019) deur Ilja Leonard Pfeijffer

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-04

"In mise-en-abyme, soos in die geval van ’n dubbele spieël, word dié wat waarneem uiteindelik die waargeneemde, die indraai van die teks op homself as’t ware."

Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer

Jaco Prins LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-22

"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."

Impliseer die wettiging van beëindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?

Malcolm de Roubaix LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-20

"En om die vraag, wat in die opskrif van hierdie artikel gevra word, te beantwoord: nee, die wettiging van BVS op aanvraag impliseer nie dat voorgeboortelike lewe geen morele waarde inhou nie. Wat wel waar is, is dat hierdie waarde nie noodwendig ’n 'reg op lewe' regverdig nie ..."

Die toekoms van Taiwan: strategiese realiteite en die kernwapenopsie

Eben Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-19

"Teen die agtergrond van ’n uiters benarde buitelandse omgewing, en om die redes breedvoerig hier aangevoer, sal dit ’n omsigtige Taiwan baat om die kernwapenpad te oorweeg."

Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum

Jannie Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-14

"Terwyl die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wyd bekend is, het ander Afrikaanse taalgedenkstrukture in Suid-Afrika vergete geraak. Sekere van hierdie taalgedenkstrukture het in verwaarlosing verval."

Wat ons van fok weet (en nie weet nie)

Gerhard van Huyssteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-13

"Die oorhoofse doel van hierdie artikel is om ’n opsomming te gee van die bestaande taalkundige beskrywings en leksikografiese bewerkings van hedendaagse fok en ander vormlik verwante woorde (soos befok, fokken, fokkol en opfok)."

Sosiofonetiese aspekte van die Afrikaans van bruin Suider-Afrikaanse sprekers

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-05

"Bruinafrikaans is dus kennelik ’n baie stabiele variant, waarin min verskille gevind word in vokaalkwaliteit betreffende die sosiolinguistiese faktore geografiese ligging, ouderdom en geslag in die ander genoemde faktor etnisiteit."

Top