LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Vyf waarnemings oor die Suid-Afrikaanse manlikheid-in-krisis-fenomeen

Susann Louw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-07-02

"Die term manlikheid-in-krisis verwys na mans wat onsekerheid of onstabiliteit ervaar, of ’n verandering ten opsigte van hulle magsposisies beleef (Connell 2018; Viljoen 2008). Ook hou dit verband met die dikwels onbereikbare ideale waaraan mans hulself meet en waarvolgens die samelewing hulle beoordeel."

Fisies-geografiese plekbesonderhede en Karoo-mens-verbintenisse in gestaltegewing aan die Afrikaanse ekokritiek

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-28

"Op grond van die diepgaande invloed wat die Karoo op soveel mense – ook skrywers – in ons land het, waag ek dit om die Karoo uit te sonder as landskap om my huidige ondersoek op te baseer."

’n Introspektiewe verkenning van die gevoelswaarde, betekenis en gebruik van enkele emoji’s

Donovan Lawrence LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-25

"Die gebruik van teksgebaseerde aanlyn kommunikasie op veral sosialemediaplatforms soos WhatsApp is gaandeweg besig om die manier waarop ons taal gebruik om te kommunikeer te verander."

SAVAK se rol as intelligensiediens in Iran, 1956–1979: Bydraes tot regimevorming, staatsbou en geopolitiek

Heinrich Matthee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-11

"SAVAK het die ideologiese en kulturele veld help vorm deur sensuur, selektiewe steun vir denkers, medewerkers in die media en die oprigting van kulturele infrastruktuur. Die intelligensiediens het ook as ’n indirekte kommunikasiekanaal tussen die bevolking, elite en heerser gedien."

’n Verkenning van belydenispoësie in Afrikaans

Natasha Harmse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-06

"Is belydenispoësie eie aan ’n spesifieke beweging in ’n spesifieke konteks? Of behoort belydenispoësie eerder as ’n onderafdeling of voortsetting van liriese poësie beskou te word?"

René Girard, Michel Houellebecq, mimetiese wedywering in die liberale verbruikersamelewing, en die metafisiese toekoms van die Afrikaners

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-05-21

"Is Houellebecq met vernietig nie besig om anderkant die nihilisme van sy vroeëre romans te tree en sy lesers uit te nooi om die ouer bronne van die Weste en die ervaring van gemeenskap te herwaardeer nie?"

Die begrip vervreemding in S.J. Naudé se Die derde spoel en Van vaders en vlugtelinge – ’n psigoanalitiese en filosofiese beskouing

Jaco Barnard-Naudé LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-05-13

"Die stukrag van Naudé se werk is geleë in die feit dat hy die moed het om vir ons ’n wêreld aan te bied wat nie meer ’n wêreld is nie, wat mank gaan aan empatie, intimiteit, solidariteit en gemeensaamheid – en dan gee hy sy karakters vrye teuels in hierdie wêreld om te sien wat gebeur."

Die bestuur van interne kommunikasie by ’n Suid-Afrikaanse aftreeoord: uitdagings en moontlike oplossings

Louise Bezuidenhout, Lucinda B Sutton LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-05-13

"Die bevindinge bevestig eerstens dat die unieke konteks van die aftreeoord dieselfde bestuur behoort te word as ander besigheidskontekste, en dat inwoners van die aftreeoord as interne belangegroepe beskou kan word."

Breyten Breytenbach se vroeë en tronkpoësie: ’n vergelykende stilistiese ondersoek

Anke van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-05-01

"Dié artikel fokus op ’n fassinerende verskynsel wat ten opsigte van die eerste parameter opgemerk is, naamlik dat daar aansienlike stilistiese verskille is tussen die eerste twee fases van Breytenbach se oeuvre: die vroeë poësie en die tronkpoësie."

Die wisselwerking tussen ruimte, manlikheid en die skaduwee in Lente in Beijing en Die Dao van Daan van der Walt

Corine Raath LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-04-08

"Ek ondersoek die romans in terme van die wisselwerking tussen ruimte, die diskoerse van manlikheid binne ruimtes, en hoe hierdie diskoerse ’n impak het op die skaduwees van die twee onderskeie hoofkarakters, Gerhard en Daan."

Musikale betekenis en metafore van liminaliteit in die liedkuns van Coenie de Villiers

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-27

"Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die wyse waarop musieksimbole en -metafore in ’n aantal van Coenie de Villiers se lirieke gebruik word om die liminale aard van die menslike kondisie te beskryf."

’n Mislukte kompromie? Die 1996-Grondwet onder spanning van die Nasionale Demokratiese Rewolusie

Paul Maritz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-26

"Hierdie artikel ondersoek die spanning tussen die waardes wat onderskeidelik die Grondwet en die Nasionale Demokratiese Rewolusie onderlê, om daardeur die volhoubaarheid of mislukking van die kompromie aan die hart van Suid-Afrika se politiek te toets."

Kriteria vir die vertaling van Afrikaanse fiksie: ’n uitgewersperspektief

Samantha Miller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-11

"Wanneer kan ’n Afrikaanse boek in aanmerking vir vertaling kom? Wat veroorsaak dat sommige Afrikaanse boeke suksesvol in Europese tale vertaal word en ander boeke nie?"

Die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat – motivering en strategie

André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-04

"Kan die situasie nog grondwetlik evolusionêr hanteer en gerehabiliteer word, of is die een of ander vorm van ’n Suid-Afrikaanse Lente ons voorland?"

Vernuwing, vervreemding en taalvariante. N.P. Van Wyk Louw se Nuwe verse en die eietydse poësie

Karen de Wet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-28

"Deur die loop van die artikel word aangetoon dat vernuwende fasette van Nuwe verse uit die middel van die vorige eeu steeds opgemerk kan word in die landskap van die Afrikaanse poësie aan die begin van die derde millennium."

Oor nostalgie (en retro-estetika): die ikonografie van Beyond the black rainbow en Ready player one – Deel 2

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-19

"In hierdie tweede deel van ’n tweeledige ondersoek word die teoretiese oorwegings rondom nostalgie en retro wat in deel een ondersoek is, as vertrekpunt gebruik om die ikonografie van twee films te beskryf, te ontleed en vervolgens met mekaar te vergelyk."

Oor nostalgie (en retro-estetika): ikonografie in film – Deel 1

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-19

"In hierdie eerste deel van ’n tweeledige studie word ondersoek ingestel na die wyse waarop nostalgie in films ver-beeld word [...] Vervolgens word ’n werksdefinisie aangebied wat nostalgie as bloot één manifestering van retro of retro-estetika verstaan."

’n Verkenning en vergelyking van houdings en persepsies rakende Afrikaans in die Khomasstreek van Namibië ná drie dekades van onafhanklikheid

Nicolette Harmse Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-15

"Die reaksies van die drie verskillende groepe – Afrikaanssprekende respondente, nie-Afrikaanssprekende respondente en veeltalige respondente (Afrikaans en ander tale) – is in die relevante profiele verdeel. [D]ie respondente se persepsies rakende Afrikaans [is] ook gedokumenteer."

Neerslae van mediosferiese veranderings, veral die meer onlangse digitale wending, in die skep en ervaar van digkuns, gedemonstreer met Afrikaanse voorbeelde

Bernard Odendaal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-08

"Hierdie oorsigtelike ondersoek fokus op die wyses waarop mediosferiese veranderings [...] met name die vestiging van die boekdrukbedryf sedert die 15de eeu en, vanaf die laat 20ste eeu, die ontwikkeling van digitale programmatuur en apparatuur, die skep, bemiddeling en ontvangs van poësie geraak het."

’n Beskrywing van fonologiese patrone by Afrikaanse kinders van 24 tot 72 maande: ’n retrospektiewe ondersoek

Simóne du Plessis, Mia le Roux, Salomé Geertsema, Marien Alet Graham LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-06

"Hierdie ondersoek verskaf ’n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van fonologiese patrone (FP’e) by 24–72 maande oue kinders in die Afrikaanse bevolking. Daarbenewens lewer die navorsing ook kommentaar op die verskille in die voorkoms van FP’e tussen seuns en dogters."

Top