LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Die produksieprofiel en -patrone van prente- en geïllustreerde kinderboeke in Suid-Afrika in die 21ste eeu (2000–2020)

Leoné Tiemensma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-29

"Hierdie artikel ondersoek die produksie van prente- en geïllustreerde kinderboeke binne die raamwerk van die literêre sisteem. Die ontleding van die saamgestelde oorkoepelende produksieprofiel dui die uitgewerye en produksiepatrone in hierdie genre vir die tydperk 2000 tot 2020 aan."

Khôra en kaar: ’n bespreking van khôra en interpretasie van Marlene van Niekerk se gedig "Woordverklaring"

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-23

"Wat aanleiding gegee het tot hierdie artikel, is die basiese semantiese ooreenkoms tussen die woord kaar soos dit uit Marlene van Niekerk (2013:20) se gedig 'Woordverklaring' blyk, en die platoniese begrip khôra, synde 'houer'. As komplekse filosofiese begrip, word khôra egter ook met ’n hele spektrum ander betekenisse verbind."

Multimodaliteit as vertaaluitdaging van strokiesprentvertaling: Calvin and Hobbes as gevallestudie

Lerie Tredoux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-15

"In hierdie artikel word uitsluitlik op die multimodale uitdagings, oftewel teksspesifieke uitdagings van strokiesprent­vertaling, gefokus: die vertaling van nieverbale elemente, oftewel die hantering van multimodale kwessies. Ondersoek is na die vertaalproses van strokiesprente ingestel om aan te dui voor watter vertaaluitdagings die vertaler in die besonder tydens die vertaling van ’n multimodale teks (soos ’n strokiesprent) te staan sal kom, en hoe die vertaler hierdie uitdagings kan oplos of oorkom."

Die voortgesette ontwikkeling van studies in Middeleeuse seksualiteit

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-08

"Hoe ’n samelewing oor seks dink en praat, ontbloot veel van daardie samelewing se grondliggende opvattinge oor onder meer identiteit, vryheid, moraliteit en geregtigheid. Seksualiteit, die diskoers oor seks, hou dus kultuurkritiese gevolge in."

Die belangrikheid van gehaltebestuurstelsels in forensiese DNS-toetslaboratoria in Suid-Afrika

Joe H. Smith, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-12-09

"Akkreditasie is noodsaaklik vir forensiese wetenskapslaboratoria omdat dit die akkuraatheid, betroubaarheid en gehalte van toetsresultate wat deur die laboratoria gelewer word, bevestig."

Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie

Lisa Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-30

"Die gebruik van vraagtekens en ander leestekens om elemente soos intonasie, luidheid, tempo en pouses aan te dui, dui daarop dat daar by informele geskrewe internettaal ’n behoefte is om paralinguistiese tekens te gebruik."

"[L]aat my so hard skel tot die valse vrou": Voorstellings van vroulikheid in Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van William Shakespeare se Julius Caesar en Antony and Cleopatra

Danie Stander LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-29

"Hierdie ondersoek werp lig op die vertaalstrategieë wat Neethling-Pohl aanwend om die geslagsgebaseerde magsverhoudinge in hierdie twee dramas toe te lig."

’n Korpusgebaseerde ondersoek na kohesieskakels as kenmerkende eienskap van outeurstyl van Dana Snyman en André le Roux

Anneen Church, Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-28

"Skrywers laat ’n spoor van hul outeurskap agter wanneer hulle ’n teks skryf, aangesien elke persoon ’n voorkeur vir sekere linguistiese items het (Louwerse 2004:207)."

’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede

Benito Trollip LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-24

"In ’n konstruksie soos hond+mak is die letterlike betekenis van hond nog teenwoordig ('so mak soos ’n hond'), maar in hond÷siek is dit duidelik dat hond÷ gegrammatikaliseer is en slegs die betekenis van 'baie' het."

Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser (SACA) en slawerny in 1824

Gawie Botma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-20

"Aan die een kant het SACA ’n aktivistiese rol gespeel, wat dikwels aangeprys word, maar die koerant het ook advertensies van die slawehandel gepubliseer. Hierdie teenstrydigheid ontlok die vraag of die koerant se geïdealiseerde posisie in die joernalistiekgeskiedenis moontlik heroorweeg moet word."

Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is

Carien Zeeman, Sufran Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer."

’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie

Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit."

Spertyd (2017): die sluitstuk in Elsa Joubert se egoliteratuur

Annette du Plessis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-16

"Die herinneringe aan bepaalde (onopgeloste) gebeure dwing haar om dit weer te beskou en ’n standpunt in te neem om heling te bewerkstellig. Dit is deur hierdie standpuntinname dat Spertyd as sluitstuk funksioneer."

’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-16

"[ChatGPT] kon die positiewe (beroemd) en negatiewe (berug) van beide persone uitlig, maar, ChatGPT was simpatiek teenoor Oscar Pistorius, wat ’n veroordeelde moordenaar is en nie teenoor Steve Hofmeyr, wat ’n kampvegter teen plaasmoorde is nie. Hieruit kan afgelei word dat ChatGPT moontlik linksgesind is, maar dit is ook moontlik dat Hofmeyr baie intenser in ’n negatiewe lig op die internet bespreek is tydens die insameling van sy opleidingsdata as Pistorius."

Hans Blumenberg se model vir die evolusie van denke en die tersaaklikheid daarvan vir huidige uitdagings

Charl-Pierre Naudé LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-27

"Die mens se legitimasie van homself word deur nuwe ervarings aan onstabiliteit onderwerp, en hy moet sy idees dan aanpas om weer sluiting te kry."

"Iets hieroor het ons ongemaklik gestem": die verband tussen "ontlaering" en die kolonialeske in onlangse Afrikaanse taal- en letterkundige diskoerse

Luan Staphorst LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-18

"Die Ontlaering-Sitkamer-groepering verteenwoordig – ondanks hulle ideale van vernuwing, epistemiese en sosiale geregtigheid en Afrikaans se bevryding – ’n 'laer' waarin daar 'saamgehurk' word in opstand teen ’n hede en verlede waarvan die groepering in wese ’n oppervlakkige begrip het."

Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-04

"Een van die groot trekpleisters van Rusland se verhoudinge met Afrika is historiese solidariteit. Tydens die Sowjet-tydperk het vele leiers by vername opvoedkundige instellings in Rusland studeer; daar bestaan herinneringe van Rusland se ondersteuning in die stryd vir onafhanklikheid; en daar is ekonomiese hulp aangebied, byvoorbeeld die bou van fabrieke, damme en hospitale en die voorsiening van landbou-implemente, voertuie en wapens. Afrikalande sien Rusland ook as die mees uitgesproke kritikus van Westerse imperialisme."

Vermaak of verset? ’n Ondersoek na die sosiokulturele rol en sosiopolitieke betrokkenheid wat weerspieël word in die oorspronklike liriekweergawe en die gepaardgaande beeldmateriaal van "Dis ’n land" (1987), asook in latere herskeppings daarvan

Mathilda Smit, Ronel Foster LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-03

"Jare ná die einde van apartheid is dié lied deur jong kunstenaars aangepas en gebruik om die nuwe Suid-Afrikaanse werklikheid uit te beeld."

Karel Schoeman, Virginia Woolf en die kleure in die Ierse dagboeke: ’n vergelykende ondersoek

Mercia Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-02

"[V]ir skrywers en opkomende skrywers kan die Ierse dagboeke steeds as gids dien in die gebruik van lig, kleur en skadu om toneel en atmosfeer in ’n roman te skilder."

Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite

Daan Wissing, Andreas Baumann, Wikus Pienaar LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-01

"Die gegewe dat daar soveel bruin sprekers van Afrikaans in en om Gobabis in Namibië voorkom, en die insluiting deur Ponelis (1992) van dele van Namibië in sy hoofindeling van Noordwestelike Afrikaans, regverdig die insluiting van hierdie streek as ’n opnamegebied van ons ondersoek. Baie van die bruin mense hier identifiseer hulleself as Basters, Kleurlinge, Namas, Herero’s en Ovambo’s, wat dit ’n ryk versameling Afrikaanssprekendes maak en dit die moeite werd maak om hulle uitspraak in te sluit by en te vergelyk met dié van die Suid-Afrikaanse bruin sprekers."

Top